Jump to content

JONASKOP 15.5KM HILLCLIMB TT


WorcesterWheelers

Recommended Posts

20081210_053502_Jonaskop.GIF

JONASKOP 2008
 
Deur Miss Wilna Roux
 
Daar is �n groot toktokkie voor my in die pad. Sy dop is swart en blink gepoets. Hy hoor die gesing van my wiele en hy skarrel haastig om uit die pad van my fiets te kom. Ek probeer my bes om hom mis te ry, maar helaas � sy hele lyfie knars onder my wiel. My ooglede brand, ek voel oneindig jammer vir hom. Nog meer vir myself.
 
Sien, dis wat Jonas aan �n mens doen. Dit maak jou nie harteloos nie. Inteendeel. Dit laat jou een voel met die natuur rondom jou. Ek is daardie toktokkie. Ek voel sy pyn. Miskien voel ek selfs meer as sy pyn. Want Jonas gaan niemand sonder pyn laat verby kom nie.
 
Wat is Jonaskop? Waarvan praat ek? Ek weet jy wonder. So kom ek vertel jou. Net mooi �n jaar gelede het twee manne van Worcester besluit om �n baie unieke en spesiale fietsren die lig (of eerder die berg) te laat sien. Die eerste resies het in Desember 2007 plaasgevind. Jonaskop is �n bergspits �n aantal kilometer buite Worcester met �n radiomas op. Dit is op privaatgrond gele�, so tensy jy weet hoe om toutjies te trek en die nodige sleutels in die hande te kry, �f op een of ander manier in die organiseerders se goeie boekies kom, sal jy nie sommer vir Jonas te siene kry nie. Tussen jou en my: die organiseerders is natuurlik altyd te vinde vir �n klein omkoopgeskenkie.
 
Jonaskop bestaan uit vyftien kilometer teerpad. Klink nie te ver nie, n�? Wag, die beste kom nog. Die pad loop teen �n gradi�nt van 8 %, jy klim 1 175 meter. Op. Op en nog op. Wanneer jy dink dit kan wragtig nie nog op nie (en dit dink jy nadat jy ongeveer vyf kilometer gery het, glo my maar), tilt jy jou kop reg agteroor, en sien die radiomas op die piek staan. En jy weet, vandag gaan dit sweet en mooipraat kos om jou fietsie tot daar bo te kry.
 
Wat maak Jonaskop so uniek? Baie beslis die manier waarop Philip Pantani le Roux en Race Director Stefan Hugo dit organiseer. Buiten hul outokratiese bestuurstyl, het hulle heelwat unieke idees. Daar is geen prysgeld op die spel nie. Elke wenner ontvang: NIKS. En daarvoor moet jy baie dankbaar wees. Die eintlike prysgeld is die blote voorreg om genooi te word. Elke deelnemer word gehandicap. Die organiseerders gebruik een of ander duistere metode om die handicaps uit te werk. Deelnemers spring elkeen alleen en volgens sy voorgee weg. Sou die voorgee akkuraat, of relatief so, uitgewerk wees, sou alle deelnemers teoreties op presies dieselfde oomblik die radiomas bereik. Let wel op die gebruik van die woord �teoreties�. (Vir die rekord: die organiseerders het my handicap hopeloos te kort gemaak. Sou ek my verwerdig om in die toekoms weer deel te neem, dring ek aan op �n ekstra tien minute.)
 
Hoe dit ook al sy, om presies 07:00 op die oggend van die 6de Desember 2008 spring Liesel Bester eerste weg. Sy en haar man Stephan, is die enigste twee drawwers wat deelneem. Die res van ons moet Jonas met ons fietse aanval. Liesel het �n twee minute voorsprong, voordat die uwe die berg bestyg. Nodeloos om te s�, Liesel het haar twee minute suksesvol beskerm. Ek het nooit weer haar voorkant gesien nie.
 
Ek aan die ander kant, het my absolute bes gedoen om die ryers agter my �gter te hou. Ek het by tye ernstig oorweeg om my pepersproei (wat ek ten duurste by Anton Chemical Quenet gekoop het) aan te wend en die ouens wat by my probeer verby kom, �n spuitjie of twee in die gesig te gee. Dit sou nie kon kwaad doen nie. Allamapstieks. Dit is �n nare gevoel om so in die stof van �n ander ryer gelaat te word. Veral as hy koel en kalm uit sy saal uit opstaan en s�: �Sien jou daar bo.�
 
Die voordeel daarvan om heel eerste te begin (en met �n handicap wat ietwat skerp uitgewerk is), is dat jy, soos die oggend verby gaan, min of meer al die ryers op die pad te�kom. Ek gaan nie op hierdie stadium s� of hulle van voor of agter kom nie. Ek kon baie mooi verskillende klim-tegnieke bestudeer. Want daar is meer as een manier om �n bult te ry � dit kan ek jou s�. Sommige ry soos Lance Armstrong: vinnige, gladde kadense. Ek het byvoorbeeld my bes gedoen om hierdie tegniek te vervolmaak. Ongelukkig kon ek selfs in my granny gear, waarin ek die meeste van die tyd was, nie daarin slaag om my kadens �vinnig� te kry nie. Wees egter gerus, ek het heelwat ryers opgelet wat die tegniek perfek nagemaak het. Mooi so, goeie en getroue ryers.
 
Dan was daar ook die ryers, weliswaar in die minderheid, wat Jonaskop soos propperse Jan Ulrich�e aangepak het. Met swaar ratte en stadige kadense stoom hulle die berg uit. Abbie, die Generaal se vrou Hofmeyr, is een van hulle.
 
�Skuus, ek kan nie met jou praat nie,� s� sy. �Ek moet vir Neels vang.� Sy is verby. Sy gaan regtig nie met my praat nie. �Neels!� gil sy. �Hier kom ek.�
 
Van agter af, in die rol van die toeskouer, sien ek Neels Skalpel du Plessis trap vinniger. Hoe op dees aarde kan sy hom vang, dink hy. Hy het dan �n ses minute voorsprong op haar gehad? Sy het egter geen genade nie. Soos �n bidsprinkaan beweeg sy nader, stadig maar seker. En voor Neels �Jonaskop� kan s�, vreet sy hom lewendig op. Sommer vir Philip Pantani Le Roux ook. Vir poeding.
 
Sien, fietsry is nie vir sissies nie. As jy die top wil bereik, moet jou karnivoriese instinkte hoogty vier. Sekere van die jonger karnivore op die berg, hulle vir wie wen nog alles is, glip verby sonder om hallo te s�. Onbeskofte bogsnuiters, dink ek. Julle dag sal kom.
 
Baie hoog teen die berg uit, is my kragte min. Die helling is bykans onbegaanbaar. Ek is �n uur en �n half aan die gang. Peinie-bakkie-staan-sonder-diesel Naud� sit �n honderd meter agter my. Hy kom nie nader dat ek met hom kan praat nie. Hy val ook nie verder terug nie. Ons ry al vir kilometers so. Howie die vrouejagter is lankal verby. Ek is nie vandag sy prooi nie � hy wil die bidsprinkaan probeer vang. Anton Chemical Quenet het �n klein geselsie gemaak, maar nie lank nie. Hy is op die spoor van die vrouejagter. Sien, op Jonaskop swaai die rolle om. Die jagter word gejag. En die prooi word ge�gnoreer.
 
Nou, uiteindelik, hoor ek die stem van my geliefde nader kom. �Net �n entjie nog,� s� hy, �dan is daar �n effense afdraand. Nog net een klim en ons is bo.� Ek wag vir sy hand op my rug. Net �n klein drukkie boontoe sal soveel help. Dan hoor ek sy stem ver regs van my. Hy ry �n wye draai om my. �Jy doen baie goed,� s� hy en weg is hy. Bliksem, dink ek. Maar ek weet ek mag nie � niks van die gewone goed, soos liefde byvoorbeeld, tel hier enige iets nie. Hier is dit elke ou en elke vrou vir homself. Niemand gaan jou help nie.
 
Niemand behalwe Franna Manic Cycles nie. Die sweet tap hom af, hy is bloedrooi in sy gesig. Jonaskop het lankal die beste uit hom gehaal. Tog is hy die een wat langs my kom ry en sy hand laag op my rug sit. �n Hele ent ry ons so � skielik trap my bene makliker. Ek kyk met nuwe o� na Franna.
 
Ek wil s�: skielik is ek bo. Maar dit sal lieg wees. Want niemand is �skielik� bo nie. Selfs die laaste hoogste draai neem �n ewigheid van stadig trap. En tog, wanneer jy uiteindelik bo uitkom, voel dit skielik. Skielik klim ek van my fiets af en my bene bewe so dat ek skaars kan staan. Al die ryers wat vroe�r by my verby gestoom het, staan in �n groep en cheer. My geliefde staan reg met �n koeldrank en �n warm ding vir my. Dankie tog, dink ek, Jonas het hom gelos. Hy is weer homself.
 
Een van die voorwaardes van deelname aan Jonaskop, is dat ryers na afloop van die wedloop saam ontbyt eet op Osdrift, die plaas van Stefan en Pam Hugo. Onder reuse koeltebome op die gras voor hulle pragtige huis, sit ons langbeen op komberse. Ons eet vrugteslaai met blou bessies, daarna spek en brood en eiers. Koningskos voorberei deur Leonora van Tonder.
 
By Osdrift word die Jonaskop-trofee oorhandig aan Wentzel van der Merwe, die eerste man oor die lyn. Adriaan Louw was bo in die vinnigste tyd � 59 minute. Die voortvarendheid van die jeug darem. Hy is die gelukkige wenner van NIKS. Elsab� Hofmeyr was die eerste vrou oor die lyn , Mari� Rabie was die vinnigste een. Albei wen ook NIKS.
 
Die organiseerders deel ons mee dat daar ook �n streekskompetisie was tussen die vinnigste vier ryers elk van Stellenbosch, Paarl en Worcester. Die Stellenbossers is egter te jonk en te vinnig en word om daardie rede gediskwalifiseer. En omdat die organiseerders �n outokratiese bestuurstyl handhaaf , en dit te alle tye doen, word die trofee aan die Worcester ryers oorhandig. Bravo. Bravo aan die ryers en die organiseerders van die Jonaskop-resies. Waar gewone ryers die kans kry om soos kampioene te voel.
WorcesterWheelers2008-12-10 05:35:17

Link to comment
Share on other sites

Where is this climb? Is it  a MTB hillclimb ?

 

Its on a piece of private farm land between Worcester & Villiersdorp.

 

The road surface is 95% tar road, but you'd probably be able to ride it on a road bike, BUT you'd battle to ride it with a regular 25 tooth cluster....

 

 
Link to comment
Share on other sites

is this a competative time ?

 

ConfusedConfusedConfused

 

Nope, even at my best, I've NEVER been a climber, give me the flats with Fatcyclist any day......Big%20smile

 

And at thew moment I'm about 10kg's over my race weight.....Dead

 

Winning time was 59min, but some youngster that weighs just over 60kg's....Clap
Link to comment
Share on other sites

 

is this a competative time ?

 

ConfusedConfusedConfused

 

Nope' date=' even at my best, I've NEVER been a climber, give me the flats with Fatcyclist any day......Big%20smile

 

And at thew moment I'm about 10kg's over my race weight.....Dead

 

Winning time was 59min, but some youngster that weighs just over 60kg's....Clap
[/quote']

 

we should get david george up there so us mere mortals have something to aim at(wish for) LOL

 

Link to comment
Share on other sites

  • 11 years later...

fbe23-15688733739238-800.jpg

 

Resurrecting an ancient thread here, but does anyone know if the Jonaskop Challenge is still a thing?

 

Jonaskop is one of my bucket list climbs but it's on private land so I'd rather do it as part of an event.

 

There is a YouTube video showing the event in 2019 but Google isn't being much help regarding 2020

Link to comment
Share on other sites

Nice one Franna

Some pics from the interwebs.

 

There would have been lots of snow there a few weeks ago I'm sure. 

I have been living out here for almost 6 years and never done it. I was in MUCH better shape to ride this when I arrived in CW, I might try fit an old 10sp MTB casette to my bike. So keen to get a gravel/monstercross bike though !

post-1279-0-07802100-1595333214_thumb.jpg

post-1279-0-48004800-1595333226_thumb.jpg

post-1279-0-11787200-1595333244_thumb.png

Link to comment
Share on other sites

Done it a few times.

Last time we did the TT was in December 2015. Recently Franna from Manic Cycles organized a few night rides as well.

Link to comment
Share on other sites

Done it a few times.

Last time we did the TT was in December 2015. Recently Franna from Manic Cycles organized a few night rides as well.

 

Cool!

 

What's the gate situation? I assume there is one at the start and end, but are there gates between the start and end of the tarred section?

 

Keen to take the road bike up there some time!

Link to comment
Share on other sites

I see someone rode it today and last month some even went up while there was snow at the top. Would also be keen to know if the public can go up there any time or with prior permission if need be.

Link to comment
Share on other sites

Also just saw this comment on a 2017 Strava ride now:

"2nd Saturday of December every year. Been going for 11 years. Handicap starting times"

Link to comment
Share on other sites

Also just saw this comment on a 2017 Strava ride now:

"2nd Saturday of December every year. Been going for 11 years. Handicap starting times"

keen, sounds like a date  :thumbup:

Link to comment
Share on other sites

keen, sounds like a date  :thumbup:

Want to put me in a world of pain again like you did up to the Tokai Mast  :nuke:

Link to comment
Share on other sites

Also just saw this comment on a 2017 Strava ride now:

"2nd Saturday of December every year. Been going for 11 years. Handicap starting times"

pretty sure this is an invite only event.

 

if you're really keen, maybe do the hardyards and find out who to speak to and ask.

It's a unique event and if they wanted to expand it to the public they would have. Rocking up on the day out of the blue might not be seen as Ayoba.

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout