Jump to content

Fietsryer raak gery in Pretoria - Foto in Beeld


Brakkies Sport Fotos

Recommended Posts

Fietsryer l? en ruk n? geldwa tref

 

Apr 23 2007 10:40:49:980PM - (SA)   

 

 

 

 

 

Virginia Keppler

 

 

 

?n Fietsryer van Waverley in Pretoria se pelvis, rugwerwels en heup is op verskeie plekke gebreek en hy het harsingskudding opgedoen nadat hy die naweek deur ?n geldwa van Fidelity Guards raakgery is.

 

 

 

Mnr. Pieter Kemp (52), ?n lid van die Telkom-fietsryklub, is in ?n baie ernstige toestand in die ho?sorgeenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria.

 

 

 

Me. Petro Stynberg, sy verloofde, het ges? dit gaan glad nie goed met Kemp nie.

 

 

 

?Dokters kon nie gister op hom opereer nie weens die swelling om die werwels en die bloeding om die pelvis en heup.

 

 

 

?Hy het darem gevoel in sy arms en bene,? het sy hartseer ges?.

 

 

 

Mev. Juanita van der Walt van Pretoria-Noord, wat die ongeluk gesien gebeur het, het ges? sy het by ?n vulstasie gestaan toe die groep fietsryers in Lavenderweg in die noorde van Pretoria in die rigting van Warmbad gery het. Kemp het heel agter gery toe hy getref is.

 

 

 

?Die verkeer was swaar aan albei kante en ek het besluit om te wag dat die groep fietsryers eers almal verbygaan voordat ek by die vulstasie uitry. Terwyl ek vir hulle gekyk het, het ek gesien die geldwa kom van agter en probeer die fietsryers van die verkeerde kant af verbysteek.

 

 

 

?Hy het half van die pad af aan die linkerkant gery en tussen die fietsryers probeer indruk. Net toe hy vorentoe gegaan het, het hy die man getref en die volgende oomblik het die man met die fiets vorentoe gegaan en kop eerste die grond getref.?

 

 

 

Volgens haar het die geldwa nie dadelik gestop nie. ?Ek het aanhoudend op my toeter gedruk om die voorste fietsryers se aandag te kry oor wat gebeur het en omdat ek bang was die man (in die geldwa) ry weg.

 

 

 

?Hy het sowat 100 meter van die toneel gestop. Die man het op die grond gel? en ruk.?

 

 

 

Van der Walt meen die ou R101/Warmbad-pad is nie vir fietsryers geskik nie.

 

 

 

?Soveel van die pad is uitgehol en daar is nie duidelike noodlyne langs die pad nie. Dalk moet die fietsryers ?n alternatiewe roete soek, want op Saterdae is die verkeer ook baie swaar in die omgewing,? het sy ges?.

 

 

 

Niemand by Fidelity Guards was gister beskikbaar vir kommentaar nie.

 

 

 

Insp. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het ges? die voorval is aangemeld en die polisie ondersoek die saak.

 

 

 

 

Link to comment
Share on other sites

Ek wens die bestuurders wil leer ons het eindlik net soveel reg soos hulle om op die pad te ry.. ons beweeg net uit ordentlikheid uit die pad en omdat ons so maklik raak gery word en baie seer kan kry. Want volgens die wet mag ons nie aan die linkerkant van die geel lyn ry nie..

 

Alle sterkte vir Kemp.

Link to comment
Share on other sites

This is terrible news, Kemp is a bit of a legend in the Pretoria region. With years of great success in his cycling.

 

Hope he makes a full and healthy recovery.

 

Angry

D
Link to comment
Share on other sites

I think you have the wrong Pieter Kemp. It is not the Pieter Kemp who used to organise the Graskop Hill Climb.

 

Nether the less it is a very bad incident.
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout