Jump to content

FSA WORD WAKKER!!!!!!


Call Me Crazy

Recommended Posts

Hoe kan jy so fout maak? Dis ongehoord.

 

NEWS24 

Krisis n? krisis is hoe die besluitneming van Fietsry Suid-Afrika (FSA) oor spankeuses vir vandeesweek se B-w?reldbyeenkoms in Kaapstad die beste beskryf kan word.

Eers was dit die fiasko rondom Morn? Blignaut se weglating uit die baanspan omdat hy internasionale ranglyspunte op ?n Grand Prix-byeenkoms in Skotland losgejaag het.

Dit blyk dat die kommunikasie tussen die FSA en sy jaers glad nie is wat dit moet wees nie.

Verlede week het dit aan die lig gekom dat FSA inderhaas vier nuwe jaers vir die vroue-padspan moes kies omdat daar nie gehou is by die re?ls wat deur die Internasionale Fietsryvereniging (UCI) neergel? is nie.

Dit het beteken dat Samantha Oosthuizen en Mellicia Munro (albei van Cbist) minder as ?n week voor di? w?reldbyeenkoms gehoor het hulle mag nie meer Suid-Afrika verteenwoordig nie.

Die twee Pretorianers het die hele jaar voorberei sodat hulle op hul beste vir di? kampioenskap sou wees.

Volgens Charles Freeme, spanbestuurder, het trane van teleurstelling gerol toe hulle oor di? besluit ingelig is.

Volgens Carinus Lemmer, hoofuitvoerende beampte van FSA, kom die vereistes op deelname aan die B-w?reldbyeenkoms op die volgende neer:

Slegs o.23-jaers wat nog nooit Suid-Afrika verteenwoordig het nie, nie internasionale ranglyspunte het nie, en ook nie topplekke op ?n groot nasionale byeenkoms losgejaag het nie, mag vir di? span in ag geneem word.?

Die jaers mag ook nie voorheen al Suid-Afrika verteenwoordig het nie.?

Om di? rede is daar toe besluit om basies die hele Cbist-vroue-span te kies om Suid-Afrika op di? byeenkoms te verteenwoordig.

Dit blyk egter dat iemand erg geslaap het, want niemand het vir die jaers van die Cbist-span ingelig oor die UCI-vereistes nie.

Di? jaers het toe bo verwagting goed op die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms in Bloemfontein gevaar.

Munro was tweede in die individuele tydtoets en negende in die padwedren; Oosthuysen was vierde in die tydtoets en 12de in die padwedren, Jeanine Binneman sewende en 11de en Lizanne Naud? sesde in die padwedren.

Lemmer het ges? alles kom op ?n groot misverstand neer.

?Ons het eers op 2 Mei ?n brief van die UCI gekry. Die probleem was dat dit ?n Franse beampte van die UCI was wat Engels probeer skryf het.

?In die brief is die woord previous gebruik. Dit het daarop neergekom dat geen jaer wat op die vorige (lees previous) Suid-Afrikaanse padbyeenkoms tussen die voorste agt ge?indig het, mag deelneem nie.

?Ons as die FSA het previous as verlede jaar vertolk terwyl die Franse beampte van die UCI na vanjaar se nasionale byeenkoms verwys het.?

Die byeenkoms het gister begin. Ronel van Wyk van Konica-Minolta mag dalk met ?n goeie vertoning op die baan vir haar ?n plek in die Suid-Afrikaanse baanspan ooptrap wat aanstaande jaar in Beijing aan die Olimpiese Spele deelneem.AngryDeadOuchShocked

Call Me Crazy2007-06-27 23:57:16
Link to comment
Share on other sites

wats nuut!!! Ek wag nou nog vir hulle om na my toe terug te kom, tenminste het Carinus my geantwoord en my na development toe gestuur, ek wag nou amper meer as n maand vir development om my te antwoordOcTaLL2007-06-30 03:55:12

Link to comment
Share on other sites

FSA ek dog julle praat van Full Speed Ahead die mense wat cranksets maak.

 

Het CSA 'n Afrikaanse naam..... ek glo nie????? Die ANC is nie die ANK...... Afrika Nasionale Kongres nie...... die nuwe regering misken mos die bestaan en regte van Afrikaans.
Link to comment
Share on other sites

Daar is heelwat ryers wat nie o23 is nie. Dis nie n vereiste nie.

Ek dink nie dis UCI reels nie, net spesiale reels vir SA wat wel kwalifiseer vir A worlds op die PAD. Dis hoekom ons baanspan op meriete gekies is en nie pad. Die "host" wou net graag deelneem. Toe seg UCI glo development/kleur by mans en swakker girls op pad.

Stem saam kommunikasie is vrot. Maar ons as fiesryers moet baklei.
Link to comment
Share on other sites

I think UCI is partly to blame. If they send a letter in May that states you cant select someone that finished top 8 in previous nationals, then I wouldnt think its a champs AFTER the letter was send. 

How can they expect us to select/change selections 3 weeks before B worlds??

Link to comment
Share on other sites

The confusion is so deep that even Wilhelm misquotes me - as Groot lem says, age had nothing to do with it.

 

I will post a report here, as soon as I have permission to do so.

 

 

Link to comment
Share on other sites

The confusion is so deep that even Wilhelm misquotes me - as Groot lem says' date=' age had nothing to do with it.

I will post a report here, as soon as I have permission to do so.

[/quote']

 

ja please communicate more often (csa) as there is a perception that if something goes wrong then its the fault of CSA. most cyclists think that the World B are being run by CSA.
Link to comment
Share on other sites

 

ja please communicate more often (csa) as there is a perception that if something goes wrong then its the fault of CSA. most cyclists think that the World B are being run by CSA.

 

Agreed!

I do believe it is improving at times. We do sometimes struggle to get info from all constituents.
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout