Jump to content

Fietsry in SA mag knou kry


Call Me Crazy

Recommended Posts

NEWS24

 

Wilhelm de Swardt


Die dwelmskandale in die Tour de France kan Suid-Afrikaanse fietsry ernstig knou.

Douglas Ryder, direkteur van MTN/Microsoft, vertel dat MTN hom vroeg gisteroggend gebel het om ?n noodvergadering vir vandag te bel?.

Volgens Ryder het hy di? oproep ontvang kort nadat dit bekend geraak het dat Rabobank Michael Rasmussen, die Tour se voorloper, afgedank het.

Vroe?r is Alexandre Vinokourov en Christian Moreni positief getoets vir onderskeidelik gedokterde bloed en testosteroon.

?Ek is regtig bekommerd oor di? vergadering. Dit gaan vir my moeilik wees as ek deur MTN se direksielede gekonfronteer word oor dwelmmisbruik in fietsry.

?Ek het nie antwoorde vir wat in die Tour aan die gang is nie. Toe ek van Rasmussen hoor, was dit asof iemand my met ?n mes in die rug gesteek het.

?Die dwelmprobleem in Europa is juis die rede waarom ons span nie internasionaal meeding nie.

?Ons jaers kon hulself nooit in Europese wedrenne laat geld nie, want hulle was nie bereid om dwelms te gebruik nie.?

Volgens Ryder sal minstens 20 mense werkloos wees as MTN sy borgskap opskort.

Barry Austin, spanbestuurder van Neotel, was gister woedend.

?Ek is verby gatvol vir mense wat nie die game regverdig wil speel nie.

?Wat baie mense nie besef nie is dat dit wat nou gebeur, daartoe kan lei dat soveel as 200 jaers en mense gemoeid met fietsry regoor die w?reld hul werk kan verloor omdat borge ontnugter raak met fietsry.?

Dr. Geroen Swart van die Universiteit van Kaapstad wat self ?n ywerige fietsryer is, s? hy is nie verbaas oor die gebeure in die Tour nie.

?Prof. Tim Noakes het onlangs ?n hele paar artikels geskryf waarin hy die vertonings in atletiek (100 m, spiesgooi diskusgooi en hamergooi) bevraagteken.

?Sy gevolgtrekking was dat van di? atlete ?f uiters begaafd is ?f dat daar meer as ?n goeie kans is dat hulle iets onwettigs gebruik. Want hul prestasies is menslik nie moontlik nie. Dieselfde geld die Tour de France.?

Prof. Mike Lambert, ook van die Universiteit van Kaapstad, meen daar word jaarliks heelwat meer anaboliese stero?de geproduseer as wat die mediese beroep nodig het. Dit bewys volgens hom daar is ?n ander mark daarvoor.

Volgens Lambert moet medici en verpleegpersoneel wat sportlui help verneuk ook vervolg word.

?Tronkstraf is waarskynlik een van die mees doeltreffende maniere om die stryd teen dwelms te wen.?

 

?Die gemiddelde speod waarteen jaers in die Tour ry, is vir my ?n goeie aanduiding dat alles in internasionale fietsry nie pluis is nie.

?Gaan kyk maar na die gemiddelde spoed van skofte in die Tour tot 1988. Dit is 2 tot 3 km/h stadiger as di? van 1989 tot 1998.

?In daardie tyd was daar geen mediese toets waarmee bepaal kon word of jaers EPO gebruik nie.

?Dit het intussen aan die lig gekom dat onder meer Bjarne Riis, 1996 se Tour-wenner, en Erik Zabel, sesmalige wenner van die Tour de France se punte-afdeling, EPO misbruik het.

?N? 1998 het die gemiddelde spoed van die jaers in skofte effens begin afneem toe dit bekend word dat die misbruik van EPO opgespoor kan word, maar dit begin weer stelsematig toeneem.

?Vir my is dit ?n bewys dat van die jaers weer besig is om onwettige middels te gebruik wat nog nie deur mediese toetse opgespoor kan word nie.

?Moderne tegnologie en oefenmetodes is beslis nie die enigste rede vir die verbetering nie.?

Swart wys daarop dat jaers elke aand klein dosisse EPO kan gebruik en steeds die volgende dag skoon sal toets.

Prof. Mike Lambert, ook van die Universiteit van Kaapstad, s? die hoeveelheid anaboliese stero?des wat jaarliks geproduseer word, is vir hom vreemd.

?Dit is baie meer as wat ons in die mediese beroep benodig en is vir my ?n bewys dat daar ?n ander mark vir die stero?des is.?

Die stryd teen dwelms sal volgens Swart en Lambert nooit gewen word as net sportlui uitgevang word nie.

Lambert wys daarop dat Vinokourov waarskynlik bygestaan is deur ?n hele mediese span om hom te help om sy bloed te dokter.

?Medici en verpleegpersoneel wat atlete help om onwettige middels te gebruik, bly skotvry daarvan afkom. Daar sal planne gemaak moet word om hulle ook aan die pen te laat ry.

?Tronkstraf is waarskynlik een van die mees doeltreffende maniere om die stryd teen dwelms te wen.?

 

 

 

Ek voel ook so. Hoekom is daar duisende van ons wat ry sonder om die middels te gebruik, en net 'n paar mense maak die lewe vir die res onaangenaam.AngryDeadCry
Call Me Crazy2007-07-27 00:11:00
Link to comment
Share on other sites

  • Replies 33
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

?Ons jaers kon hulself nooit in Europese wedrenne laat geld nie, want hulle was nie bereid om dwelms te gebruik nie.?

dus was ek opgehou lees het..funny sh*t!LOL
Link to comment
Share on other sites

The local managers and riders must also start to clean up the sport. I dont believe them if they say all their riders are clean, or that nothing wrong has ever happened . Its good if the local sponsors start to ask questions.

A week after someone comes out of suspension he is right back in a team. Look at Owen, Fullard, Perry (oh shucks, and a rider of the little team i support). That means our managers are willing to get tainted riders just for results.

And how Zabel is allowed in this Tour, but not Bjarne is beyond me.
Link to comment
Share on other sites

Prof. Mike Lambert' date=' ook van die Universiteit van Kaapstad, meen daar word jaarliks heelwat meer anaboliese stero?de geproduseer as wat die mediese beroep nodig het. Dit bewys volgens hom daar is ?n ander mark daarvoor.

Volgens Lambert moet medici en verpleegpersoneel wat sportlui help verneuk ook vervolg word.

?Tronkstraf is waarskynlik een van die mees doeltreffende maniere om die stryd teen dwelms te wen.?

Chunky you want it all exposed........ South African jails are not for oukies like you!!!!!!!!!!

 

[/quote']
Link to comment
Share on other sites

Sad... very sad. But that is the tale of professional sports. Athletes will do anything to get the upper hand on another. ANYTHING, whether it is life threatening or not. "99.9% of professional sportsmen uses anabolic steroids". And this was said in 1996!

Link to comment
Share on other sites

Who Cares? Ons gaan nie ophou om Saterdae te gaan ry nie! Ons gaan nie ophou race omdat iemand anders, selfs plaaslik, dope nie. Ek is te lief vir fietsry om op te hou omdat n ander ou n bad loser is. Ja, so ek gaan meeste van die kere soos n fool lyk as ek teen so n ou moet race - again - who cares? Nie ek nie.

Link to comment
Share on other sites

 Ek is te lief vir fietsry om op te hou omdat n ander ou n bad loser is.

 

Met jou op die een...maar ek is ook 'n bad loser al dope ek nie...wie wil nou 'n goeie loser wees? Dopers is nie bad losers nie...net pleinweg fkn stupid...
Link to comment
Share on other sites

Ja toe ons klein was het ons dope gebruik om die paier op modelgvliegtuie se vlerke te versterk...... vile stinkende goed..... hoop nie dit is wat hulle inspuit nie!!!!!!!

 

dope, (n) : met spanlak bestryk;
Link to comment
Share on other sites

MTN hoef net vir Barloworld te vra of Barloworld dit die moeite werd gevind het om fietsry te borg.

Link to comment
Share on other sites

Difference is, TBL not a team full of 'Pre Maddonas' (Spelling ???)

 

And, Barloworld winning real races, not fish and chips races on Saturday afternoon.
Link to comment
Share on other sites

hopelik is die meeting net om te vra dat al die MTN/Microsoft riders te laat toets. Ons kan nie een borg in SA nou verloor nie.

Link to comment
Share on other sites

Difference is' date=' TBL not a team full of 'Pre Maddonas' (Spelling ???)

 

And, Barloworld winning real races, not fish and chips races on Saturday afternoon.
[/quote']

 

 prima donna's LOL

 
Link to comment
Share on other sites

Ah that clears it up, i thought the reference was to a bunch of singers before Maddona came on the scene.

 

Will be interesting to see how the local teams pan out.
Link to comment
Share on other sites

Difference is' date=' TBL not a team full of 'Pre Maddonas' (Spelling ???)

 
[/quote']

 

very true, just look at Soler Herndanzes - never heard of the dude until now....and look how he just grabbed his opportunity with both hands (or legs LOL)
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout