Jump to content

Nice roadframe


Ou Toppie

Recommended Posts

 Ek ry al 3 jaar n TREK 5900,maar wil n verandering maak.Die TREK voel vir my te veel na n oumensspeelding.

Ek kom uit die dae van die three speed racers uit en wil dit nou finaal afskud.

Julle jongspan moet my help om te besluit vir n raam  wat ek kan lekker ry voor ek regtig te oud is. Ek wil he die ou tannie  by my in die huis moet ook opgewonde raak oor my fiets!!

Ek dink aan die Servello R3, Scott Addict of die Specialized Tarmac. Julle ouens het baie ondervinding en ken mos van hierdie goete .Help my asb. en gee julle mening.
Link to comment
Share on other sites

OT, soek jy na net 'n nuwe raam, of 'n groot-geld-op-een-slag-maar-dis lekker nuwe raam+wiele+komponente?

Daar is baie rame op die mark, en ek is seker baie mense sou gil om eerder hierdie of daardie ander fiets to koop. Maar ek dink die 3 keuses is goed, en jy het jou redes hoekom jy in die eerste plek van daai 3 hou, so dis die 3 kanidate.

 

Scott: Ek verkies nie ISP tipe rame nie, en die Scott Addict is byna R5000 duurder as die ander 2. Die Scott is egter die ligste raam wat geld kan koop, en ek is 'n regte massa maniak, so ja, die Scott laat my kwyl.

 

Cervelo: Die raam bied baie goeie rit gemak, laterale styfheid en lae massa. Baie belangrik as jy nuut koop is dit het 'n lewenslange waarborg. My besware teen die R3 is baie subjektief. Ek verkies iets wat nie net dieselfde as al die ander in die stroom is nie, en in Gauteng is Cervelo nie baie uniek nie. Dis nie so algemeen soos Giant nie, maar nie ver agter nie. Die vierkantige vorm van die R3 se struktuur en die dun seatstays (is dit sitplekblyhiers in afrikaans?) val nie lekker op die oog nie. Die Soloist is vir my 'n mooier raam.

 

Specialized: Ek ken nie iemand wat een ry nie, en het nog nie veel artikels oor die Tarmac SL gelees nie. Ek weet dus nie veel van hom af nie, watse waarborg, presies wat hy weeg, wat hy kos ens nie. Dit lyk na 'n goeie raam.

 

Gevolgtrekking: Omdat jy in Zaire is, lyk die Cervelo R3 na die beste opsie, veral as jy nuut koop. As die Specialized heelwat goedkoper as die Cervelo is, is dit dalk die moeite werd.
Christie2007-08-20 02:14:33
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout