Jump to content

Mred

Members
  • Posts

    1
  • Joined

  • Last visited

  1. Ons het die Carnival City op 'n tandem gedoen. Ek en my vrou het beide ons CC chips gebruik. My vrou se tyd is korrek maar my tyd het glad nie op die uitslae vir die 103 km wedren verskyn nie. Ek het verder gesoek en my uitslae by die 65km uitslae gekry in 'n tyd van 10:05:26! (as die 65 km 08:00 weggespring het beteken dit die geduldige mense van CC was 18:00 nog daar- ek twyfel sterk!) Ek het 'n navraag aan CC gerig waarna Sue my geantwoord het. Sy wou weet hoe ek die chip gedra het en hoeveel chips ek gebruik het. Sy het ook gese hulle het 'manual spotters' en fotos wat hulle kan nagaan. Ek het haar geantwoord en 19 minute later kry ek 'n antwoord wat se ek was te blameer en hulle kan niks daaromtrent doen nie. Duidelik het hulle geen moeite gedoen om die meriete te oorweeg of om die spotters lyste na te gaan nie. Ek het my ontevredenheid aan hulle meegedeel waarna Colin geantwoord het dat hulle hulle niks daaraan kan doen nie in die volgende woorde:We do not offer a manual manipulation of results service to accommodate people who refuse to follow the correct instructions for the use of the product. My vraag aan hulle was: Hoe verklaar julle dit dat ons op een fiets twee verskillende tye in twee verskillende wedrenne kan doen? Hulle weier om enigsins die meriete van enige navrae te hanteer. Uit die comments hierbo is dit duidelik dat hulle 'n standaard antwoord op alle navrae het en dat hulle 'n veer voel vir enige deelnemers ( waar hulle inkomste tog vandaan kom).
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout