Event Name: Excelsior Sprint MTB Race (Standerton) When: 5 May 2018 Where: Excelsior Guest Farm, Mpumulanga Category: MTB By vanjaar se Excelsior Plaasmark* op 5 Mei gaan ons fietsry! Almal is genooi om deel te neem aan die Excelsior Sprint – ‘n 20km fietswedren. Inskrywing is R100 by die beginpunt en sluit ‘n drankie en happie in. Wegspringtyd is 9am en registrasie maak 8 uur oop. Prysuitdeling is om 11uur. Die wenner kry ‘n naweek vir 6 by die Little Canyon Chalet (www.littlecanyon.org). Tydens en na die fietsry kan die res van die familie die plaasmark met vele aktiwiteite en stalletjies geniet. Fynskrif: Die wedren neem plaas op plaas paaie, so hou asseblief links en onthou jou helm. Daar is nie waterpunte langs die pad nie, so bring asseblief jou waterbottel saam. Moet asseblief nie rommel strooi langs die pad nie. Ons bevel aan dat deelnemers ‘n selfoon by hulle hou. Go to Event Page