Hierdie is n moet doen event!!! Daar is definitief baie sand en as dit jou eerste keer is, sal jy sien waar die manne met kennis ry! Les wat ek maar moes leer op my eerste L2L. Die "shortcut" maak nie dat jy 10km of iets korter ry nie, dit detour jou maar net eintlik so kort stukkie sand. Daai laaste 20km op die sand teen die see se ry is AWESOME! Jy kry die voorreg wat geen 4x4 meer het nie. Gaan doen dit beslis!