Jump to content

Dougie Velleman (RIP) - Silver Lakes 8 December 2012


Recommended Posts

Posted

Beeld 07/12/12

“Mamma moet kom, oupa lê in die pad.”

 

Met dié woorde het die veteraanvlieënier Dougie Velleman (69) se tweeling-kleinkinders (6) hul ma gisteroggend histeries gebel kort nadat hul geliefde oupa, wat saam met hulle in die Silver Lakes-landgoed in die ooste van Pretoria fietsgery het, onder ’n vragmotor beland en voor hulle dood is.

 

Velleman, wat in 2004 uit diens van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) getree het, het oudergewoonte gisteroggend saam met sy kleinkinders gaan fietsry toe ’n vragmotor hulle in ’n nou straat wou verbysteek.

 

“My pa het probeer om sy kleinkinders uit die vragmotor se pad te hou, maar in die proses het sy eie fiets gegly en hy het in die vragmotor se pad geval. Die vragmotor is bo-oor hom en hy is op slag dood,” het Anne Hildebrand (41), Velleman se dogter, gister gesê.

 

“Dit is verskriklik. Ons is so geskok. My kinders, Marko en Gerhard, en my broer se dogtertjie, Mia (ook 6), het dit als sien gebeur. Dis baie traumaties.”

 

Velleman het reeds een keer die dood vrygespring nadat hy in 1987 een van die vlieëniers op die SAL se Helderberg se voorlaaste vlug was. Hy was nie op die volgende vlug nie en die Boeing 747 het in die Indiese Oseaan neergestort.

 

“Hy het geleef vir sy kleinkinders en het elke dag met hulle gaan fietsry of gholf speel. Ek weet regtig nie wat ons sonder hom gaan doen nie,” het ’n emosionele Hildebrand gesê.

 

Greta du Toit, ’n vriendin van Hildebrand, het gesê Velleman was “die wonderlikste, wonderlikste oupa”.

 

“Almal in die gemeenskap het hom geken. Hy het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad. Dit is verskriklik hartseer.”

 

Hildebrand het gesê haar pa was baie intelligent en dat hy tydens sy loopbaan as SAL-vlieënier ’n M-graad in meganiese ingenieurswese en ’n graad in toegepaste wiskunde aan die Universiteit van Pretoria verwerf het.

 

Hy het sy loopbaan as vlieënier in die lugmag begin.

 

“Maar die meeste van als was liefde sy legacygewees,” het sy gesê.

 

“Hy en my ma, Jeanette, was so gelukkig getroud. Hulle sou altwee volgende jaar 70 geword en hul 50ste huweliksherdenking gevier het.”

 

 

Velleman laat ook twee seuns, Mark en Chris, agter.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout