Jump to content

[Event] Reliance Veldtrap Met Woorde


Darling Brew Extreme MTB

Recommended Posts

Posted

Event Name: Reliance Veldtrap Met Woorde
When: 14 March 2015
Where: Root 44 Market, Western Cape
Category: Multisport

Kom skop stof op in jou taal by die US Woordfees!

'n Annerste Veldtrap

Hier is jy meer as net 'n nommer. Skryf in en neem deel met 'n unieke Afrikaanse woord as jou registrasienommer. Die Reliance Veldtrap met Woorde, in samewerking met die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT), spits hom daarop toe om mense opnuut bewus te maak van die tongtrippel terme en wonderlike woorde wat Afrikaans so bekkig maak.

Wie kan deelneem?

Is jy "witblits" of "weghol"? Of dalk "pamperlang" of "langsamerhand"? Oud en jonk; lank en slank; rond en gesond – iedereen is welkom om vir die Veldtrap met Woorde in te skryf.

 

Nou hardloop- en bergfietsroetes!

Hardloop roetes

Daar is 'n 6 km JAPTRAP, 'n 12 km VASTRAP en 'n 18 km SWEET-TAP. Deelnemers kan draf, stap of selfs die roete gemaklik wandel. Al die roetes kronkel deur die pragtige natuurskoon en wingerde van Audacia Wynlandgoed.

 

Bergfietsroetes

Kies tussen ‘n 18 km lekker maklike VINNIG-TRAP of ‘n meer uitdagende 35 km KETTING-KRAAK of vir die fikses ‘n SAAL-SEER van 50 km.

 

Kry iets om terug te gee

Alle deelnemers ontvang by die eindpunt 'n inheemse boom as medalje. Plant jou boom tuis en gee iets terug aan die natuur. Of skenk die plant vir die US “Groen Projek” waar ons saam met Reliance die boompies op nabygelee crèches gaan plant.

 

'n Veldtrap met VOOOMAA

Kom geniet die dag saam met ons by die Root 44 markie. Een van die mees populerste markies nou in die Wes Kaap met heerlike kosstalletjies, drinkgoed, klere, dekor en nog vele meer. Geniet ‘n kouetjie na jou resies, gryp ‘n snoepery en geniet die lewendige musiek. Daar is ‘n fietspark waar jou fiets veilig kan “rus” en ‘n speelplek vir die kleingoed. ‘n Prysuitdeling met baie gelukkige trekkings volg so bring die familie en vriende en maak ‘n dag daarvan.

 

HARDLOOP-ROETES

6 km JAPTRAP: R60; wegspring @ 08:15

12 km VASTRAP: R100 wegspring @ 07:30

18 km SWEET-TAP: R120 wegspring @ 07:00

BERGFIETSROETES

18km VINNIG-TRAP: R100 wegspring @ 07:45

35 km KETTING-KRAAK: R150 wegspring @ 07:15

50 km SAAL-SEER: R200 wegspring @ 06:45

Go to Event Page

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout