Jump to content

Beit Bridge to Table Mountain


Recommended Posts

Posted

Brug na Berg Fiets rit wat Saterdag 4 Mei eerskomende plaasvind.

 

WAT is DIT? Dit is 'n fiets rit wat oor ± 2 200 km plaasvind van BeitBrug tot Tafelberg, Kaapstad.

En die afstand word afgelê in minder as Twaalf (12) ure. Is dit moontlik?

 

HOE word dit GEDOEN? Die roete strek oor die lengte van die land en gaan deur 22 dorpe/stede.

Daar is dus 22 skofte. Elke dorp het 'n eie groep fietsryers wat net van hul dorp/stad tot die volgende dorp ry. Elke skof begin die oggend om 7:00.

 

Wanneer fietsryers dus by BeitBrug begin, begin almal by hul dorp om hul skof aan te pak. Op die manier word die hele afstand afgelê in 'n japtrap.

 

WAAR kom die IDEE VANDAAN? Na een van my vorige fietstoere het iemand aanbeveel dat die roete as 'n aflos gery moet word. Het gedink dis 'n goeie idee. Dele van daardie roete is baie afgesonder en daar is niet fietsryers nie. Motorkarre is selfs skaars. Die logistiek het dit vir my onmoontlik gemaak. Die saadjie was geplant en na my gedagtes gedwaal het, het die idee ontstaan om 'n andersoortige fiets rit te reël. Een wat 'n plesier moet wees vir elkeen wat daaraan deelneem en tog ook so bietjie van 'n uitdaging is, maar ver binne perke.

 

IS die FIETS RIT UNIEK en ANDERSOORTIG? Beslis en wel om die volgende redes;
- Dit is nie 'n wedren nie.
- Enigeen kan deelneem ongeag ouderdom, geslag, fiks of
nie so fiks nie. Die jongste sover was 6 en oudste 75 jaar.
En twee blinde persone het elke jaar sover deelgeneem.
- Elkeen wat deelneem ry sover as wat hy/sy kan of wil.
- Belangrik, daar is GEEN INSKRYWINGS gelde betrokke

nie.

Dit is Gratis vir almal.
- Langs die pad word gestop om bene te rek, te kuier en
piekniek te hou en sommige stop vir ontbyt. Daar is ook
groepe wat selfs braai. Bring eie eet- en drinkgoed en
benodigdhede vir ingeval van pap wiel of so iets.

Hoofpyn sal jy nie kry want dis 'n vrolike klomp jolige mense.

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout