Jump to content

Krieket meng in met fietsry 94.7 !!!


snapshot

Recommended Posts

Krieket in aand oor fietsren

 

Nov 07 2006 09:25:00:320PM - (SA)   

 

Christo Buchner

 

 

 

Die eerste eendag-kragmeting in die krieketreeks tussen Suid-Afrika en Indi? aanstaande Sondag op die Wanderers in Johannesburg, kan in chaos ontaard.

 

 

 

Toe die Indiese toerprogram gefinaliseer is, is daar nie besef di? wedstryd bots met 94.7 se fietswedren nie.

 

 

 

Daar is nou besluit om die begintyd van die eendag-krieket?sryd van 10:00 na 14:30 te verander.

 

 

 

Dit is ?n hoogs uitsonderlike geval dat ?n Sondag-wedstryd in Suid-Afrika as ?n dag/aand-stryd gespeel word.

 

 

 

?n Woordvoerder van Krieket Suid-Afrika (KSA) het gister ges? hy voorsien nie dat die dreigende verkeersprobleme in die omgewing van die Wanderers regtig ?n probleem sal skep nie.

 

 

 

Die realiteit is egter dat met al die sluiting van paaie in en om Johannesburg vir die fietwedren, krieket-toeskouers heelwat probleme kan h? om by die Wanderers uit te kom.

 

 

 

Dit veroorsaak reeds ongerief vir krieket-ondersteuners wat reggemaak het vir ?n dagstryd soos gebruiklik op ?n Sondag, maar nou skielik tot laat in die nag daar sal moet sit.

 

 

 

Daar moes ook eers toestemming van die Indiese Krieketraad gekry word dat dit na ?n dag/aand-stryd verander kan word. Met die tydsverskil van ongeveer vier uur, beteken dit dat die wedstryd eers Maandagoggend sowat 02:00 in Indi? sal eindig.

 

 

 

Die KSA-woordvoerder het gister ges? dit is veral roetes vanaf die Oos-Rand na Johannesburg en uit Pretoria en die Wes-Rand wat geraak word deur die padsluitings.

 

 

 

Die M1-snelweg sal veral ?n probleem skep, want dit is ?n hoofroete vanuit alle rigtings na die Wanderers.

 

 

 

 

 

?Ons glo egter teen die tyd dat die wedstryd om 14:30 begin, die fietsren iets van die verlede sal wees en dit nie meer ?n invloed sal h? nie,? s? hy.

 

 

 

 

Dit kan wel nog gebeur dat met al die verkeer wat n? die fietsren terugkeer, dit verkeersopeenhopings kan veroorsaak en dit moeiliker maak vir toeskouers wat op pad is na die Wanderers.

 

 

 

In ?n poging om krieket-toeskouers te probeer oorreed om so vroeg moontlik by die Wanderers op te daag, word die geelwortel van bandanas in die Suid-Afrikaanse kleure voor die eerste 10 000 toeskouers gehou wat deur die hekke beweeg. Daar word ook 1 200 Suid-Afrikaanse vlae weggegee.

 

 

 

) Kaartjies vir die Indiese reeks is nou beskikbaar en kan deur Computicket se kli?ntesentrum bespreek word by 0 083 915 8000 of 0 (011) 340 8000.

 

 

 

Kaartjie-pryse wissel van R70 tot R210 vir die eendagreeks en R30 tot R130 per dag vir die toetse. Vir die toetse is daar ook pakkette beskikbaar vir al vyf dae. Vir die Pro20-wedstryd op die Wanderers op 1 Desember wissel die pryse van R70 tot R175.

 

 

 

 

Hubbers hier kom n ding smiley5.gif

Link to comment
Share on other sites

They have got a snowballs chance in hell!! Ha ha ha ha ha ha ha ha!

 

They must encourage all the cricket supportors to ride there with their bikes, Promoting cycling you see! smiley17.gif smiley36.gif smiley36.gif

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout