Jump to content

Recommended Posts

Posted

 

This comes from Burger newspaper. Apparently he slipped around a corner, knock his head on a rock and broke his neck

20090204_130821_curt.jpg

 

Nuus

Fietsongeluk eis oudsakejoernalis Curt von Keyserlingk (67)

ROZANNE ELS

02/02/2009 11:15:15 PM - (SA)

 

 

 

Kaapstad. - ?n Joernalis met ?besonderse insig en kennis? is Saterdag dood nadat hy van sy fiets afgeval het.

 

 

 

Curt von Keyserlingk (67) het volgens sy jare lange vriend mnr. Tim

Shoobridge die middag in die Tulbagh-omgewing, waar hy in 2007 afgetree

het, met sy bergfiets gery.

 

 

 

Hy het glo sy balans om ?n draai verloor, sy kop teen ?n klip gestamp en sy nek gebreek.

 

 

 

?Hy was ?n fantastiese man. Ons is verpletter,? het Shoobridge ges?.

 

 

 

Von Keyserlingk was oudredakteur van Sake-Rapport en was alombekend in mediakringe. Hy het langer as 15 jaar vir Media24 gewerk, onder meer as assistent-redakteur van Finansies en Tegniek, en as sakejoernalis by Beeld. Hy was ook ?n assistent-redakteur van die Financial Mail, wat deel is van die Independent-groep.

 

 

 

Dawid van Rooyen, redakteur van Sake-Rapport,

het ges? ofskoon hulle altyd ?n paar taalfoute van di? ?Ingelsman? moes

regmaak, was sy insig en kennis besonders en het hy nie maklik laat los

as hy sy tande in ?n storie ingekry het nie. ?Hy was ?n merkwaardige

joernalis.?

 

 

 

Mnr. Salie de Swardt, destydse redakteur van Finansies en Tegniek

en nou ?n direkteur van Media24, het ges? hy was andersdenkend. ?Hy was

?n Engelse ?Nataller wat bereid was om ongewoon te dink en vir ?n

Afrikaanse publikasie te werk.?

 

 

 

Volgens De Swardt was hy ?n sportiewe mens met ?n onblusbare lus vir die lewe.

 

 

 

Von Keyserlingk het ook bekendheid as ondersoekende joernalis verwerf en talle joernalistieke pryse verower.

 

 

 

Mnr. Rex Wickins, ook ?n jare lange vriend, het ges?

hoewel Von Keyserlingk 70 genader het, het hy meer soos ?n 20-jarige

gelewe. ?Hy was besig om te doen wat hy geniet het toe hy dood is.?

 

 

 

Hy word oorleef deur ?n dogter, Karen (42), en seun, Curt (20).

Konaman2009-02-04 13:08:32

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout