Jump to content

REINHARD R

Members
  • Posts

    6
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by REINHARD R

  1. Baie interresant al die kommentaar oor wat om te geruik? Wel ek wil ook graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi. 1. Nie al die rate sal vir almal werk nie. Jy moet maar allerande goeters probeer en kyk wat vir jou werk. 2. Moet nooit iets nuuts met 'n wedren probeer nie. Bly by dit wat vir jou werk. Toets nuwe produkte op oefenritte. 3. REEL NO 1. Jy moet maar oefen. NIKS wat jy op die dag drink of eet gaan jou beter of slegter laat ry nie. 4. Die oor-etery en drink is ook nie goed nie. Te veel drink is net so gevaarlik soos te min water drink. 'n te vol maag is ook nie goed nie. Jou hele gestel het nodig om te werk as jy ry en kan nie bekostig om oortyd te werk om 'n vol maag te verteer nie. 5. Die voorstel om te drink as jy dors is sal ook nie werk nie Drink gereeld klein slukkies. Teen die tyd dat jou brein vir jou s? dat jy dors is is dit al te laat. Klein happies van "bars" elke 30 minute sal ook goed wees. 6. Eet dadelik na 'n wedren iets, dit sal help om dadelik te herstel. 'n Proti?n drankie na 'n wedren is altyd 'n wenner. 7. Ek stem saam met die feit dat jy iets in jou water moet gooi om die soute en endroliete wat jy uitsweet te herstel. Maar moenie die goed te sterk aanmaak nie. B Max se produkte is goedkoop en baie effektief. MAAR!!!! Al die dinge sal niks help as jy nie die nodige oefening voor die tyd ingesit het nie. Wat jy maai sal jy oes !!! Is hierdie ou sport van ons nie 'n interresante en wonderlike ding nie. Geneit Bakwena en 94.7. Onthou die gratis wedren op die 1 ste Desember. Praat met die manne van TELKOM.....
  2. Dankie!!! Julle waterpunt by die Ride for Victory was uitstekend. Julle het ongelooflik moeite gedoen. Telkom is besig om sy merk in fietsry te maak. Sien julle by die Telkom Race.
  3. Fietsry in SA is gesond en lewendig. Op Vrydag 12 Oktober ( Die naweek van die Crater wedren op Parys-OVS )het 226 50+ mans en 'n paar vroue aan 'n 86km wedren gaan deelneem. Uitstekend as in ag geneem word dat 'n wedren by Rooiwal in PTA in totaal nie eers 200 fietsryers kan trek nie. Van die land se beste master was in Parys en hulle het van so v?r as Kaapstad en Durban gekom. Die Master Blaster is nou 'n permanente instelling en sal volgende jaar in die vorm van 'n toer wees. Met "time trail" kermesse en 2 skofte. Almal kan deelneem en jy hoef nie 'n lisensie uit te neem nie. Om dit regverdig te maak was daar verskillende groepe 50-54.....55-59.....60-65 en dan die bo 65 en dan 'n groep vir die vroue. Hou die kalender van volgende jaar dop.......
  4. Wel in Pretoria is die lewendigste klub op die stadium TELKOM. Fooie baie goedkoop. Gees uitstekend. Re?l sommer baie fietsry-dinge. Kontak Pieter Zeelie 0845892546
  5. Evan...Dit is 'n uitstekende idee en ek hoop dat jy die nodige samewerking sal kry. Jy het my volle indersteuning en ek sal vir jou 'n bord borg. Laat net vir ons weet wat die kostes is. Plaas net jou besonderhede sodat ek jou kan kontak.
  6. Ek wil dit graag in die forum bespreek. Ja, ons paaie is nie gebou vir fietsryers nie. Bitter min paaie het 'n "skouer" en is in elk geval te nou. Tweedens is die gesindheid van motorryers so selfsugtig dat hy jou eerders sal vrek ry as om die pad met jou te deel. Ons kom nou net van die TDF af in Frankryk en dit is asemrowend hoe fietsry-vriendelik die paaie en die mense teenoor die fietsrter is. Jammer dit sal nooit in SA gebeur nie. Hoe verander jy 50mil selfsugtige varke se gesindheid. Die antw. is SPINNING. Ek ry bitter min op die pad behalwe tydens wedrenne. Ek kan met die bestes in die land ry en al wat ek doen is SPIN. Die intensiteit daarvan is hoog en ek kry in een spinklas die gelyke oefening wat jy op die pad kan insit oor 60 km. Ek doen twee klasse Dinsdae en 2 klasse Donderdae wat my die gelyke gee van 240 km per week. Veral as die spinklasse "fietsry"- geori?nteerd is sal dit baie help en jou fietsry baie verbeter.
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout