Jump to content

XCOSA.co.za founding members bike jacked


meerkat

Recommended Posts

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Man-2-seuns-op-fietspad-aangeval-20120206

 

’n Man van Centurion en sy twee seuns wil met ’n slypskool bergfietsryers selfverdediging leer. Dit gaan gebeur nadat hulle deur rowers oorval is.

 

Mnr. Pierre Nel (52) het twee operasies aan die arm ondergaan nadat hy met ’n klip gegooi is wat ’n been in sy arm vergruis het.

 

Nel en sy seuns, David (24) en Frans (15), is verlede Dinsdagmiddag oorval terwyl hulle naby die Mnandi-asgate in Centurion fiets gery het.

 

Dit is die vierde keer dat dié drie die afgelope sewe jaar beroof is. In dié aanvalle het hulle vier fietse, met ’n waarde van tussen R20 000 en R60 000 elk, en verskeie selfone verloor.

 

Nel is ’n beroepsafrigter en saam met David die organiseerder van die Xcosa-veldloop vir bergfietse-reeks. Daarby mik David en Frans om in 2016 aan die Olimpiese Spele in Rio de Janeiro, Brasilië, deel te neem.

 

“Fietsry is ons werk. Ons is passievol daaroor,” sê Nel.

 

“Ons het ’n reg om dié paadjie te ry. Sommige mense sê jy moenie terugveg nie, maar ons filosofie is anders. As hy my aanval, gaan hy nie net sommer my fiets vat nie.”

 

Nel en sy seuns het Dinsdagmiddag omstreeks 15:30 in Mnandi gaan fietsry. Hulle ry dié enkelspoorpaadjie gereeld.

 

Volgens Nel het hy die Maandag twee verdagte mans op die paadjie gesien. Hy het hulle die Dinsdag wéér gesien toe hulle saam met nog twee mans op dié paadjie ge­stap het.

 

“My grootste fout was om nie op my instinkte te reageer nie. Toe ek hulle sien, moes ons weggedraai het,” het Nel gesê.

 

Toe David, wat voor gery het, naby die mans kom, het een voor hom ingespring. David het hom raak gery en van sy fiets afgeval.

 

Frans het uitgeswaai en Nel het oor David gery. In die val het Nel ’n Tomahawk-byl gegryp wat op sy rug was.

 

Twee van die mans het na Nel gegaan, terwyl die derde na David is.

 

Nel is met ’n groot klip gegooi. Hy het met sy arm gekeer wat daartoe gelei het dat ’n been in sy arm vergruis is.

 

“Ek het gesê hulle moet net ons selfone vat, anders maak ons hulle dood,” het Nel gesê.

 

“Toe sê hulle as ek die byl vir David gee, sal hulle ons los. Ek het dit gedoen. Toe gryp hulle die byl,” het Nel gesê.

 

Die mans het toe die fietse gevat en weggery. Die polisie was gou daar, maar kon nie die rowers vind nie.

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout