Jump to content

Recommended Posts

Posted

Enige iemand wat die bieliemielie race gaan ry saterdag?

 

Hoe lyk die roete profile Pieterg?

 

Jy neen die Mieliemyl?..

 

So ver gaan ek die 60km ry. Blykbaar is daar veranderinge aan die roete gebring. Maak nie juis saak nie, ek het dit nog bie van tevore gery nie. so als nuut vir my ;)

  • Replies 86
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Hi Gen,

 

haha ja sorry, die oggend koffie nog nie lekker ingeskop nie. Ek is baie lus om deur te ry saterdag oggend vir die race.

 

Hopelik sien ek julle daar.

Posted

Kyk op hulle web site die profile is daar baie klim

 

What goes up must come down.

 

Profile lyk soos n ekg verslag.. but what doesn't kill you makes you stronger.

 

 

 

 

Posted (edited)

hi, dankie Gen, lyk of dit 'n besige paar ure in die saal kan wees.

 

Ha ha ha, yip.. maar die klimme is nie te lank nie.. op die website gee hulle n lekker roete beskrywing.

Edited by Gen
Posted

Bergfietsroetes

 

Beide afstande volg dieselfde roete vir die eerste 25 km. Die roete begin by die NG Kerk Hartbeesfontein en na 1.4 km grondpad en teerpad begin die klim na die televisietoringbo op die rant. Die 30 km gaan 5 min na die 60 begin om druk op die roete te verminder. Single track en jeeptrack tot by die toring waar na welverdiende verlengde jeeptrack afdraende. Genoeg tyd om jou posisie te bepaal, moenie onnodig energie mors nie.

Leeufontein grondpad vir 3 km, ruskansie na stewige opdraende en nou is die bene warm. Piet Rousouw se plaas met 'n paar interresanthede, damwalkruising by ouma se huis en verby die populierbos waarin die Voortrekkers gevry het.

Bospaadjies met single en jeeptrack deur John Lemmer se Oorbietjiesfontein en matige klim tot by Willie Lemmer se beeskraal. Op hierdie stadium behoort niemand nog van die fiets af gewees het nie. Hierna kom verlengde vinnige single track met 2 baie kort tegniese gedeeltes. Anton van Battery Centre ken hulle. Gaan gerus te voet oor hierdie 2 gedeelts van 30 m as u so voel en geniet die pad verder.

Op 24 km kruis die roete die Ottosdal teerpad en 1 km verder draai die 30 links en met die treinspoor terug na Hartbeesfontein. Die 30 km is heeltemal doenbaar vir diegene wat nog nie heeltemal bedrewe of fiks is nie. Die 2 gedeeltes waar mens gou sal afspring en oorstoot gee ook 'n geleentheidom net te sien wat wel eendag doenbaar gaan wees. Moeilikheidsgraad 2 en doenbaar self vir beginners.

Die 60 km vlieg met vinnige jeeptrack oor die Oorbietjiesfontein vlakte, oor Richard Lemmer se plaas en dam en kruis die Dominionville teerpad op 32 km. Deur John Lemmer se mielieland en single track op na wat wag. Rhenosterberg. Om die eerste kop oor Ben Vermaas se plaas en goedgunstiglik oor James Lang se wildsplaas.

Hier begin die ding met 4 klimme wat ons net moet noem. Die eerste is op 38 km, 'n kategorie 3 klim van 86.6m in 930m, oppervlak is goed tot bo op die rant, vinnige klipperige jeeptrack af na die wildsuiping. Kyk uit vir koedoes, elande en vele meer. Stadig nader mens die hart van die roete, 'n kat 4 klim tot amper bo op Rhenosterberg. Die roete klim 57.7m binne 600m met nie goeie opprvlak nie. Net die bestes gaan hier uitry en moenie sleg voel om 'n entjie te stap en die wonderlike uitsig te geniet nie.

Weer baie vinnige jeeptrack tot onder, op en verby James se wit leeus en naweek wegkruip. Vir oulaas nog 'n klim na bo oor die rant. Die hart van die 60 km roete le in hierdie 4 klimme en hou aanvanklik energie hiervoor. Die moeilikheidsgraad is in die klimme, maar baie veilig. Die veiligheidsrisiko is in die "descents" waar ryers nie oorboord moet gaan nie.

Hierna plat die roete af en baie vinnige jeeptrack deur ongerepte doringbome en bos in die kom van Rhenosterberg. Waterpunt waar die roete weer die "myn" teerpad kruis en af na Jagspruit. Indien daar goeie en baie reen val sal die Jagspruit kruising en gepaardgaande potklei onthou word. Stadige klim oor 3 beesplase terug na Hartbeesfontein.

Indien die 4 klimme van Rheosterbergnie op die roete was nie, kat 2 maar die 3 klimme gee karakteraan die roete en sal die fiksheidtoets. Volle roete kat 3 met meer klem op fiksheid as tegniese vaardigheid.

Posted

dis nou vir jou 'n roete beskrywing, thx Gen.

 

Omtrent ne.. ek is seker teen sat het ek alweer als vergeet. Maar sal n knoop maak om te onthou om nie windgat met die downhills te wees nie. My man bly ook oor en oor se.. watch the downhills. . It's rocky.

 

 

Posted
Hey that was tough.. lekker but tough

 

Next time this race is on I want to participate. My grandfather farmed in the area and we attended that NG church as children. My Dad would take us to that populierbos, there is a natural fountain in the area as well, will be a great trip,down memory lane. Keep us updated on the next one,

Posted (edited)

I can really recommend this event. Apparently A lot different to previous yrs. The 60km had I think 40 riders so it's nice and small. Not sure bout the 30km and the road events and trail run. It's nice a challenging route . We did almost 800m so of climbing sobnot flat and descents are lekker.

Edited by Gen
Posted

Wat n lekker race n ou wat hom nie gery het het regtig uit gemis.Sal beslis terug wees volgende jaar net bly dit het nie gereen ek dink die laaste stuk kan morsig word.Weet iemand waar ons die uitslae kan kry?

Posted (edited)

Wat n lekker race n ou wat hom nie gery het het regtig uit gemis.Sal beslis terug wees volgende jaar net bly dit het nie gereen ek dink die laaste stuk kan morsig word.Weet iemand waar ons die uitslae kan kry?

 

Het jy gister in n 1.5m hemp gery?

 

 

Sien nie net ek wat gedink het dit was a great race nie. Moet se ek voel my val vandag.

 

Ek glo die resultate sal in die week op hul website wees.

Edited by Gen

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout