Jump to content

Beeld vanoggend - maas kaas


amoryns

Recommended Posts

het enige iemand vanoggend die beeld gelees...al die briewe in die briewe kolom gaan oor fietsry...check bietjie dit uitBig%20smile

Link to comment
Share on other sites

Wat my betref, is daar twee soorte fietsryers. Die een wie se dokter vir hom ges? het hy sal iets moet begin doen voordat hy stilletjies gaan wegval. Ek sien baie van hulle op die pad. Boepens alleen sukkel hy die bult uit, gewoonlik so naby aan die kant van die breedste pad wat hy kan vind. Hy besef hy moet oefen, maar dat sy nuutgevonde gesondheid hom nie veel gaan help as ?n vragmotor hom van agter gaan tref nie. Hulle oefen gereeld, maar hulle pla jou nie want hulle ry om aan die lewe te bly.

Dan is daar die ander bondel. Hulle ry nie prim?r vir hul gesondheid nie. Klaarblyklik nog minder om aan die lewe te bly.

Hulle fiets eerder om aan daardie sub-kultuur van ?ek is ?n serious fietsryer? te kan behoort. Jy sien hul nooit slipstream op die nouste paaie nie. Vir manne wat, gegewe hul geskeerde beenhare, die nuutste en ligste fietse, bontste kleredrag en bypassende D?Arcs klaarblyklik die Tour de France in hul toekomsvisie het, gesels hulle gans te veel in hul 25 km/h-bondel.

D?t is wat ons motorbestuurders laat bewe. Trap meer asof julle ernstig is, dan sal julle miskien minder teenstand van motoriste kry. Ek deel graag die pad met julle. Maar as ?k kuier op die pad word ek toegesluit. ?n ek moes ?n toets slaag voordat ek op die paaie toegelaat is.

Link to comment
Share on other sites

Deon Maas is niks anders as ?n patetiese individu met duidelike tekens van anti-sosiale optredes wat sekere forums soos u koerant gebruik om sensasie te soek nie.

Sy afbrekende en beledigende aantygings spreek van sy uiters swak smaak.

Genoeg egter daarvan om hom af te kraak, ek dink hy slaag baie goed daarin om dit self te doen.

Kan u dit regverdig dat motoriste uitgenooi word om deel te wees van ?n speletjie waarin punte toegeken word vir elke fietsryer wat raakgery word?

Om nie eens te praat van die rassistiese klanke ten opsigte van swart fietsryers wat meer punte sou beteken nie.

Moet ook nie probeer om hierdie artikel as ?n ligsinnige grap af te maak nie. Die stellings, beledigings en aantygings hierin is van so ?n aard dat niemand dit as humoristies kan beskou nie.

 

 

Louis Oberholzer

 

Link to comment
Share on other sites

Ek skryf oor die artikel wat in By verskyn het onder ?fascistiese fiets-twatte?.

Ek dink dit is in uiters swak smaak geskryf!

Die skrywer se ou irritasie weeg swaarder as iemand anders se lewe. En dit is klaarblyklik oukei met hom.

Dit spreek boekdele oor sy verstandelike toestand!

Ek dink regtig nie die probleem l? by die fietsryers nie, maar eerder by die paaie. Hy vergelyk ?n dorpie in Duitsland met ons situasie hier, maar s? dit is die fietsryers se skuld.

Dink hy nie vir een oomblik die fietsryers sou wel op spesiale bane ry as dit bestaan het nie?

) Colyn van Zyl

Link to comment
Share on other sites

Ek verwys na Deon Maas se rubriek in laas Saterdag se By oor fietsryers.

Indien mnr. Maas dit wel satiries bedoel het, glo ek het hy wel ?n baie swak keuse gemaak toe hy die onderwerp aangeraak het. Ek moet erken dat ek nie met mnr. Maas se ander werk bekend is nie en hoewel daar wel ?n greintjie kreatiwiteit in die artikel is, regverdig dit steeds nie die standpunt wat ingeneem word nie.

As een van die ?kleurblinde? mense gee ek toe dat verskeie voorvalle in die verlede deur fietsryers veroorsaak is, ryers wat drie langs mekaar ry, ensovoorts. Om egter ?n ?organisasie? te stig (ek besef dit is deel van die ?grap?) met die doel voor o? om fietsryers uit te wis, is ook nie die antwoord nie.

Persoonlik het ek al twee keer die blik van ?n motor aan my bas gevoel. Enige persoon wat dit beleef het, sal met groot moeite die humor in die artikel insien, om nie te noem di? van ons wat vriende in die ?stryd teen die metaal doodskiste? verloor het nie.

So frustrerend as wat mnr. Maas die situasie ervaar, kan ek getuig dat ons die gevoel deel, daar is net doodeenvoudig nie genoeg teerpad nie.

Ek sien egter nie die Europese fietspadjies oornag verskyn nie.

Dus moet ons maar ?n skietstilstand verklaar en mekaar ?rens in die middel vind, verkieslik nie die middel van die pad nie.

Ek vermoed mnr. Maas het sy eie emosionele sake om uit te sorteer aangaande die onderwerp en ek wens hom veel sukses daarmee toe. Afrikaans benodig verseker goeie skrywers en dit is altyd verfrissend om iemand wat ?n bietjie sensitiewer sakie aanroer, uit te hoor. In di? geval voel ek egter het hy die pot behoorlik mis gesit en verskeie mense verkeerd opgevryf.

 

Johan Malan, Secunda
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout