Jump to content

Recommended Posts

Posted

Sorry, but the chinese generators have service problems. If it works its all good, but if you get problems.... well you loose money. Even though if on the product it says they have rights to produce the products from the real companies in germany, UK or USA, it is not true. Those companies says the serial nrs is fake and don't have a guarantee.

 

Buy a decent one and get it over with.
Posted

<?:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" />

 


Krag Onderbrekings
 
 
My pa het toe besluit genoeg is genoeg. Net voor Krismis het pa besluit
lat hy wil oplaas 'n generator koop, oorlat hy moeg was virrie krag
onderbrekings.
 
My Oupa dink 10% is kragonderbrekings, die anner 90% is die
Munispaliteit se geld wat my pa innie borrelstoor bel?. My pa s? dit
maak nie saak nie, of dit nou daai simpel mannetjie vannie cownsil is
wat sy krag afsny, of daai simpel mannetjie van eskom, hy worrie nie, hy
wil 'n generator h?.
 
Nou ja, toe gat ons winkels toe om die ding te koop. Oppie kaart want
my Pa s? my ma se kaart is baie lekker, jy koop net op Budget se
rekening. Jy koop en jy vertel die mense om dit op Budget se rekening te
sit. Ek weet nie lekker wie Budget issie, maar ek weet my pa sit alles
op Budget se rekening. Ek reken die Budget outjie gat darem lekker
moerig wees as hy uitvind wat my pa alles op sy rekening koop. In elk
geval, ons gat loop koop toe die generator ding, en dis net mooi daar
waar die moeilikheid begin.
 
Kyk, as julle dink my pa weet niks van kamp af nie, of van karre af
nie, of van vroumense af nie, dit is tog goed wat 'n mens kan sien, dan
moet julle weet, hy weet bokkerol van krag af. Dis wat my ouma s?, dis
so. Maar my pa worrie nie, toe hy eers daai generatortjie gestart kry,
toe dink hy lat hy 'n elektriese ingeneer is. Dis glo slim ouens wat
krag verstaan. Toe is my pa slim genoeg om te weet, solank daai
generatortjie loop, solank maak hy krag, maar as hy stop, dan is hy net
'n stuk blik, met 'n fancy Japanese naam.
 
So, voor my pa die ding aan die krag loop koppel, toe swiets hy eers
die generatortjie af, en hy s? vir my: " Dawie, as 'n ou met krag werk,
dan moet jy slim wees, en nugter". Wel, my pa is nie een vannie twee
nie, so toe beginne ek worrie. Maar ek het verniet geworrie. Toe my pa
daai drade vat, en hy shok nie, toe weet ek hy weet waarvan hy praat.
Toe maak hy die drade mooi skoon solat die koper uitsteek en hy is toe
reg om die masjien aan die kragpunt te koppel. Nou ja, toe sit ek lekker
en kyk hoe my slim pa die kragonderbreking ding onner die knieg kry, en
ek worrie niks nie, oorlat ek kan sien my pa weet van.
 
Toe maak my pa daai swietsbord innie kombuis oop en hy maak reg om sy
generatortjie se drade aan die swietsbord se drade te koppel. Dis glo
solat as die krag afgaan, dan start my pa net sy generatortjie en die se
krag sal die swietsbord maak werk.
 
Daar is 'n gesegde wat die grootmense gebruik, hulle s? lat as die p?po
die fan tref, dan's daar moeilikheid. Daai ooms wat so s? het nog nie
gesien wat gebeur as die swietsbord se krag my pa tref nie. Kyk ooms,
toe my pa so oppie leertjie staan en hy konnek daai generatortjie se
kragdraad so aan die swietsbord se rooi draad, toe smaak dit vir my my
pa is aan die hartaanval kry of hy kry 'n seningwee instorting of 'n
eleptiese aanval of 'n stroke offe ding. Die way wat my pa daai
swietsbord ruk en pluk dog ek my pa gat die ding uit die muur uit ruk en
net 'n gat daar los. Nie syne nie, maar een innie muur daar waar die
swietsbordtjie was.
 
Maar die swietsbordtjie moef nie, en my pa hou nie op ruk nie, en hy
skreeu ook. Ek dog dis van woede wat my pa so skreeu oorlat hy nou kwaad
is virrie swietsbordtjie. Hy dans ok oppie leer en gooi sy dikkerige
lyfie rond bo-op daai leer asof hy nou inne jaaif kompetisie deelneem.
 
Net toe ek vir my pa wil waarsku lat hy vannie leer gaan afval, toe
gebeur dit; hy val van daai leer af, maar hy val nie grond toe soos 'n
mens moet nie, en toe verstaan ek hoekom party mense s? " hy't daar
afgemoer", want daai wassie 'n val nie, daai wasse afmoer. Miskien
hoekom Koeberg se moer weg is, lyk my met die krag saam het 'n ou maar
probleme met die moere.
 
In elk geval, kyk my pa val toe lat dit lyk asof hy geskiet is, maar sy
lyf gee nog so 'n paar rukke met die wat hy so deur die lig trek, nes
daai ouens op TV wat innie swembad induik en dan sulke s draaie innie
lug maak. Toe dit vir my lyk dat my pa sy kop gaan misval en op sy alie
val, toe skrik ek, want my ma s? my pa het 'n harde kop maar hy is 'n
lamgat. Ek wil toe nie h? my arme pa moet sy gat verder lam maak nie.
Maar toe is ek te laat, toe val my arme pa plat op sy blaker.
 
Maar toe my pa so sit en jaaif, toe voel ek darem beter oorlat ek <?:namespace prefix = st1 ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:smarttags" />kan
sien hy is nie heeltemal 'n lamgat nie, oorlat hy sy boude toe lekker
vinnig wikkel. Toe ek in my pa se oge so kyk, toe sien ek hy trek vir my
gesigte ok, maar ek het nooit geweet my pa kan sy oge so omdop nie, ek
sien net die wit soos hy jaaif. Toe klap ek maar hande vir my pa se
trieks oorlat ek nie weet wat anners om te doen nie. Toe kom my oupa
ingehardloop om te sien wat gebeur met die geskreeu. Toe vat oupa so aan
my pa en toe begin oupa ok jaaif. Toe dog ek dis 'n paartie toe beginne
ek ok jaaif solat hulle kan sien ek kan ok jaaif.
 
Toe gat die ligte skielik af en toe hou oupa en pa op jaaif en toe
staan ek ok maar daar rond en kyk wat gat my pa nou met die
generatortjie doen.
 
Toe my pa daar opstaan, toe sien ek hy het oppie plug geland wat aan
die draad vas is wat aan die swietsbord vas is, wat toe aan my pa vas is
oorlat die plug binne in my pa se boud ingesteek het. Toe gebeur daar 'n
vreeslike ding, my pa vat daai genratortjie wat Budget nog moet betaal,
en hy gooi daai ding binne innie bure se swembad en hy ruk daai draad
uit die swietsbordtjie uit soos 'n sweepslag.
 
Die outjie vannie cownsil het toe gekom en ons swietsbordtjie weer
toegemaak, en ons krag weer by die paal gaan loop aansit en toe is alles
weer normaal, behalwe lat ons nou nie weer 'n generatortjie het nie.
 

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout