Jump to content

Recommended Posts

Posted

Apr 17 2008 08:41:30:067PM - (SA)   

 

 

 

Eunice Visagie

 

 

 

Kaapstad. ? Fietsry is groter as die individu en daarom s?l dit vir David George en Robert Hunter moontlik wees om in dieselfde span op die Olimpiese Spele in Beijing te ry.

 

 

 

D?t was gister die mening van die bestuurder van Suid-Afrika se Olimpiese fietsryspan, Tony Harding, ?n George?.

 

 

 

Die Suid-Afrikaanse Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee sal die finale span van drie Woensdag aankondig.

 

 

 

Daar is groot omstredenheid oor die kies van di? span vir die Spele nadat ?n e-pos uitgelek is waarin die sameroeper van die keurders, Hendrik Wagener, sy ontevredenheid uitspreek omdat aan die oorspronklike span verander is.

 

 

 

Een van die brandpunte is skynbaar of Hunter en George albei gekies kan word. Die twee het ?n geskiedenis van konflik.

 

 

 

?Ek h?t al met Robert en David in dieselfde span gewerk. Ons almal wat betrokke is, is professioneel en daarom weet ons die sportsoort is groter as die individu. Ek is nie bekommerd daaroor nie,? het Harding gister ges?.

 

 

 

?Ek weet ek kan met albei werk. Ek en David werk goed saam. Van sy beste vertonings was toe ek bestuurder was.?

 

 

 

George het saamgestem.

 

 

 

?Ek gee nie om om in dieselfde span as Robert Hunter te wees nie. Dit pla my glad nie. Ek sal steeds my alles gee. Ons hou beslis nie van mekaar nie, maar dit is nie ?n probleem vir my nie,? s? George.

 

 

 

?Ek weet nie wie gekies is vir die Spele nie. As jy my vra of ek in die span behoort te wees, is my antwoord dat ek die enigste jaer is wat gereeld goed doen op W?reldbyeenkomste, die Statebondspele en die Olimpiese Spele. Ek sal regtig graag wil gaan, want ek ry steeds met passie.?

 

 

 

George was die enigste Suid-Afrikaanse jaer wat verlede jaar op die W?reldbyeenkoms in Stuttgart die padwedren vir elite-ryers klaargemaak het. Hy is die enigste Suid-Afrikaner wat medaljes op ?n Statebondspele verower het. Dit was in 1998 (brons, tydtoets) en 2006 (silwer, padwedren).

 

 

 

Hunter is in Europa en was nie beskikbaar om dadelik kommentaar te lewer nie.

 

 

 

 

 

 

 

.

 

 

Posted

As hulle daai twee in 'n span sit moet hulle liewer na daai fees te stuur in Blou bul land ,waar die Koedoe Drol Spoeg Kompetisie plaasvind.

 

 

 

Hulle twee oefen mos gereeld saam om te kyk wie die raakste kan spoegpopeye2008-04-18 01:28:20

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout