Jump to content

Maas Brief in Volksblad


Mudsimus

Recommended Posts

Fietsryers vra net ?n bietjie geduld
Dec 07 2006 06:06:46:727PM  - (SA)  




DisplayAd('C1');



DisplayAd('C2');
http://www.news24.com/Images/Beeld/Images/icon_print.gif  Druk artikel http://www.news24.com/Images/News24v2/Images/rotatrim_logo.gif
http://www.news24.com/Images/Beeld/Images/icon_email.gif  E-pos storie aan 'n vriend

http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif


http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif

http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif

Deon Maas se skrywe Vat so, julle fascistiese fiets-twatte (By, 02/12/06) het betrekking.

Ek weet Deon Maas word betaal om artikels en rubrieke te skryf wat reaksie moet ontlok, maar di? uitsprake was ongevraag.

Dit wemel van dreigemente en haatspraak tot rassistiese uitsprake gelykstaande aan ?kill the Boer, kill the Farmer?.

Carl Jung het per geleentheid ges?: ?Life is not about you but the contribution that you make and the soul experience you gain.?

Om bogenoemde aanhaling positief te verstaan en uit te leef moet jy jouself onvoorwaardelik aanvaar en liefh?, sodat jy ander mense onvoorwaardelik kan aanvaar en liefh?.

Deon Maas, lyk vir my, is nog bitter ver van onvoorwaardelike aanvaarding van homself en daarom ook van sy medemens.

Sy rubriek blaas net die aggressievlam verder aan.

Deon, moenie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil h? nie. Daar is bestaansreg vir elkeen in Suid-Afrika en dit is ons plig, om ondanks ons verskille, steeds met die nodige geduld en verdraagsaamheid met mekaar te kan saamleef.

Elkeen is geregtig op sy eie mening, maar menings moet met die nodige verantwoordelikheid hanteer en oorgedra word.

Gelukkig vir Deon is die meeste lesers intelligente mense wat hom nie ernstig opneem nie.

Wat my egter bekommerd maak, is daardie enkelinge wat dalk net soos Deon voel en werklik, soos wat die uitnoding aan lesers is, die ?spel? begin speel. Dink net aan die vooraand van die feestyd watter hartseer daar kan wees. Ek wonder dan of Deon van medepligtigheid aan moord aangekla kan word.

Al wat ons vra, is ?n bietjie geduld en verdraagsaamheid van die motoriste, sodat ons ons sport kan beoefen sonder die vrees om doodgery te word.

Het Deon al bygestaan waar ?n fietsryer doodgery is? Het hy al die hartseer in naasbestaandes se o? gesien? Het hy al die emosionele toestand waarin so ?n motorbestuurder verkeer n? so ?n ongeluk ervaar?

Ek dink nie so nie.

Mag 2007 ?n wonderlike jaar wees waar fietsryers en motoriste met mekaar kan saamleef, maar dit kan ongelukkig net gebeur as ons Jung se aanhaling positief uitleef.

Martin Brink
Voorsitter, Suid-Vrystaat Fietsry

Link to comment
Share on other sites

"Fascistiese fiets-twatte" lees Maas-satire mis - Die Burger 8 Des. 2006 Bladsy 19 verwys. Die Ombudsman se beslissing rakende klagtes oor Maas se artikels  

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout