Jump to content

Hiert kyk so Dominee!!!! Slaan die rowers!!!!!


Guest Big H

Recommended Posts

Guest Big H

Dominee foeter rower met fiets oor kop Beeld)

?n Predikant van Akasia, in die noorde van Pretoria, s? dit raak moeilik om vir versoening van die kansel af te pleit nadat hy al vir die soveelste keer ?n misdaadslagoffer was.

?Genoeg is genoeg!? het ds. Wynand Olivier, van die NG Florauna-gemeente in Akasia, gister ges? nadat hy vir sy lewe moes veg terwyl hy gaan fietsry het. Sy motor is al voorheen gekaap en daar is by sy huis ingebreek.

?My boodskap is begin terugveg. Ons kan nie bly toelaat dat mense ons beroof en daarmee wegkom nie.?

Olivier, van die Harmony-sportklub, het gisteroggend saam met die 15-jarige HB (Hendrik) Kruger, ?n gr. 10-leerling van Ho?rskool Akasia op hul bergfietse gaan oefen.

Net anderkant die woonwapark in Wonderboom-Suid het hulle twee mans langs die grondpad gewaar.

Olivier het vanuit The Little Company of Mary-hospitaal vertel een van die mans het voor HB ingespring en hom van sy fiets gestamp.

Olivier het ook op die grond beland.

?Een van die rowers het ?n stok gegryp en vir HB oor die kop geslaan. Gelukkig het hy ?n fietsryhelm op gehad.?

HB vertel dat hy besluit het niemand sal sy fiets by hom afvat nie.

?Ek het so gemik-mik en toe laat waai ek met ?n vinnige een, twee-kombinasie.?

Met di? sarsie vuishoue het HB die rower platgeslaan.

Olivier was in ?n hewige stryd met die ander rower. Die man was met ?n mes gewapen.

Olivier het met sy fiets die mes van sy lyf probeer wegskerm.

?Toe die kans daar was, het ek ?n slag die rower goed met my fiets se agterwiel oor die kop bygekom. Ek kon sien dat ek sy oogbank oopgekloof het.?

Olivier is nie seker wanneer hy raak gesteek is nie.

?Ek het nog altyd probeer positief bly. Net nou die dag is my buurman in sy oprit geskiet. Ek weet van nog minstens vyf ander mense wat in Amandasig geskiet is. En week n? week pleit ek vir versoening van die kansel, maar ek kan nie meer nie.

?As ek m?re ?n aanbod kry om in Londen te gaan werk, sal ek nie twee keer dink nie.?

Link to comment
Share on other sites

Guest Big H

Hoe so Modder????? EK kyk Beeld en Rapport op die Internet.

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout