Artikel in Die Burger 11/07/2007: Frankryk laat ryers van Khayelitsha se o? blink CHERICE SMITH 10/07/2007 11:16:37 PM - (SA) KAAPSTAD. ? Ses jong fietsryers van die Life Cycling Academy (LCA) in Khayelitsha vertrek vandag na Frankryk om in die opwinding van die Tour de France te deel. Die fietsryers, Kurt Arendse (18), Molefi Mehlomakulu (15), Siyabonga Mngwazi (19), Ronald Banda (16), Sipho Mona (21) en Zanele Tshoko (13), is vir hul dissipline, toewyding, motivering, lojaliteit en spanwerk gekies. Hul toer is geborg deur die Computer Science Corporation (CSC), wat as span aan die Tour de France deelneem. ?Ons doel is om minderbevoorregte fietsryers deur fisieke ontwikkeling te bemagtig en om lewensvaardighede te ontwikkel,? het die uitvoerende hoof van die LCA, mnr. Glyn Broomberg, ges?. Hy vergesel die toergroep na Frankryk. Zanele is die enigste meisie ?n die jongste in die groep. ?Ek is so bly en opgewonde. Die geleentheid gaan baie deure oopmaak wat fietsry betref.? Kurt kon steeds nie glo hy is gekies om te gaan nie. ?Ek kyk al sedert 2000 elke jaar die Tour de France. Dit gaan wonderlik wees om die supersterre te ontmoet en hul stories te hoor.? Ronald het ges? sy familie is net so opgewonde soos hy. ?Niemand van my familie was nog oorsee nie. Di? toer sal ons meer ambisie gee, want ons sal eendag soos daardie fietsryers wil wees.? Die CSC het in Desember verlede jaar besluit om die groep fietsryers te borg. Die Velokhaya-projek sal tydens hul toer bekendgestel word. Velo is die Franse woord vir ?fiets? en khaya die Xhosa-woord vir ?huis?. Die veldtog beoog om bewusmaking en finansiering vir die transformasie van fietsryers in Suid-Afrika te skep, om sodoende fietsry meer toeganklik vir minderbevoorregte gemeenskappe te maak. ?Ons het grond van die departement van sport en ontspanning ontvang. Ons wil nou geld insamel om infrastruktuur te bou en dit te ondersteun.? Die CSC-span, die w?reld se voorste beroepsfietsryspan, het beloof om vir elke skof wat hulle by die toer wen, ongeveer R28 500 (3 000 euro) aan die projek te skenk. Di? span het reeds die eerste skof gewen. Die fietsryers vertrek vanmiddag na Frankryk en ?n reisplan is reeds vir hulle uitgewerk. ?Elkeen gaan ?n fiets kry, dus gaan ons fietsry, somer-ski ?n ?n dag met die CSC-span deurbring,? het Broomberg ges?. Die groep keer op 21 Julie terug na Suid-Afrika.