Jump to content

Recommended Posts

Posted

?N Man gaan na verwagting vandag in die Heidelbergse landdroshof verskyn in verband met die tref-en-trap-ongeluk waarin ?n eiendomsontwikkelaar van Boksburg die naweek dood is.

Volgens kapt. Petros Mabuza, polisiewoordvoerder, het die verdagte (62) sy motor wat moontlik met die voorval verbind kan word, glo eergister as gesteel by die Brakpanse polisiekantoor aan die Oos-Rand aangemeld.

Mnr. Mias Jansen van Vuuren (49) is Sondag omstreeks 08:00 op die toneel op die R550 (die pad tussen Lenasia en Nigel) dood.

Mnre. Frikkie Jansen van Vuuren (40 en nie verwant aan die oorledene nie) en Kenneth Constable (39) het skaaf- en kneuswonde opgedoen, maar is intussen uit die hospitaal ontslaan.

Hulle was deel van ?n groep mans wat die oggend saam gaan fietsry het. Die ongeluk het gebeur toe hulle op pad terug was Boksburg toe.

Die polisie het Sondagmiddag ?n silwer Tata Indica, waarvan die buffer glo beskadig is, verlate langs die N17-hoofweg naby Carnival City in Brakpan opgespoor.

Mabuza het ges? die eienaar het di? motor glo eergister by die Brakpan-polisiekantoor as gesteel aangemeld. Hy is gearresteer en die polisie is besig met forensiese toetse om vas te stel of die motor met die ongelukstoneel verbind kan word.

Mias en sy vrou, Madeleine, het twee seuns, Ivan (12) en Marcus (10).

Mnr. Gideon Jansen van Vuuren (47), Mias se broer, het gister ges? dit gaan onder omstandighede goed met die familie. ?Die seuns is taamlik emosioneel, maar hulle cope.? Volgens hom is die familie hartseer, maar daar is ?nie woede nie?.

Hy het die polisie geloof vir hul ondersoekwerk en ges?: ?Die reg moet sy gang gaan.?

?n Emosionele mnr. Frikkie Jansen van Vuuren, het gister ges? sy vriend se dood is net ?met tye? vir hom ?n werklikheid.

Volgens kapt. Thivhulawi Tshilate, polisiewoordvoerder, is die verdagte by die Heidelbergse polisiekantoor in aanhouding.

Posted

Is dit die berig op die Beeld se plakate vandag ? Ek het in die verby ry gesien dat daar 'n man vasgekeer is vir 'n tref-en-trap ? Is dit vir dood van die fietsryer ?

Posted

The article in today's Beeld (page 4) says that the owner of a Tata Indica (found abandoned near Carnival City) was arrested. He claimed to have reported the car stolen, and wasn't in the car at the time.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout