Jump to content

Magalies monstert ondervinding


The expat cyclist

Recommended Posts

Ek raak so opgewonde soos 'n hoofdogter by 'n matriekafskeid...

 

Soos ek verstaan is my fiets nog vuil van die Monster en moet nog gewas word...

 

So gepraat van daai Monster - Die laaste 5 km van die 45km was ek so gatvol ek wou sommer net ophou! Nogsteeds in die top 10 gekom en R150 vir my efforts gekry - dit het betaal vir Pizza by Romans onder andere...

 

Die een ding van die Monster wat my sal bybly is die ontmoeting met daai ankerdraad.

 

Dit was hier net vor die einde. Ek was al half reeds nie meer lus vir die race nie en het erg huistoe verlang na my mamma toe waar ek veilig en warm kon wees. Soos 'n spietkop check ek die 3 manskap riders hier voor my: 1 dude en 2 gooses. So 20km per uur pass ek die dude en hy tune die goose hier voor hom: "Liefie hou links..."

 

Liefie was nie so seker waar links nou rerig is nie en besluit toe om net daar te stop, om te draai en te vra presies wat hy nou daarme bedoel? Bedoel hy die spandex laat haar dik lyk of wat?

 

My oog vang die gap aan Liefie se regterkant. 20km/h...

 

Ek kom by in die toneel waar my donkerbril skeef op my voorkop hang, my helmet agter teen my nek vas geplak is...Ek hoor die brandweer in die verte...Bring seker die jaws o' life om my uit die fiets uit te kom sny, hoop ek.

 

Jy sien, ek het die dude gesien. Ek het die 2 gooses gesien. Ek het nie die ankerdraad wat van die hoekpaal af geloop het grond toe gesien nie. Die tref my vol op die voorkop (rofie op voorkop nes 'n indier en ingeduikte helmet as bewys gehad...)

 

Mind you, toe daai ou gese het: "Liefie hou links, mag hy dalk met my gepraat het..."

 

Toe my tande ophou rattle, was ek weer oppad - maar toe is die lekker heeltemal verby...

 

Nog net 5 slapies dan is ek terug by die huis...Dan doen ek dit weer.
Link to comment
Share on other sites

hey,, ek kon sweer ek het dieselfde post nou net onder die forsale afdeling gelees... smiley5.gif    smiley36.gif

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout