Jump to content

Call Me Crazy

Members
  • Posts

    41
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Call Me Crazy

  1. NEWS24 Wilhelm de Swardt Die dwelmskandale in die Tour de France kan Suid-Afrikaanse fietsry ernstig knou. Douglas Ryder, direkteur van MTN/Microsoft, vertel dat MTN hom vroeg gisteroggend gebel het om ?n noodvergadering vir vandag te bel?. Volgens Ryder het hy di? oproep ontvang kort nadat dit bekend geraak het dat Rabobank Michael Rasmussen, die Tour se voorloper, afgedank het. Vroe?r is Alexandre Vinokourov en Christian Moreni positief getoets vir onderskeidelik gedokterde bloed en testosteroon. ?Ek is regtig bekommerd oor di? vergadering. Dit gaan vir my moeilik wees as ek deur MTN se direksielede gekonfronteer word oor dwelmmisbruik in fietsry. ?Ek het nie antwoorde vir wat in die Tour aan die gang is nie. Toe ek van Rasmussen hoor, was dit asof iemand my met ?n mes in die rug gesteek het. ?Die dwelmprobleem in Europa is juis die rede waarom ons span nie internasionaal meeding nie. ?Ons jaers kon hulself nooit in Europese wedrenne laat geld nie, want hulle was nie bereid om dwelms te gebruik nie.? Volgens Ryder sal minstens 20 mense werkloos wees as MTN sy borgskap opskort. Barry Austin, spanbestuurder van Neotel, was gister woedend. ?Ek is verby gatvol vir mense wat nie die game regverdig wil speel nie. ?Wat baie mense nie besef nie is dat dit wat nou gebeur, daartoe kan lei dat soveel as 200 jaers en mense gemoeid met fietsry regoor die w?reld hul werk kan verloor omdat borge ontnugter raak met fietsry.? Dr. Geroen Swart van die Universiteit van Kaapstad wat self ?n ywerige fietsryer is, s? hy is nie verbaas oor die gebeure in die Tour nie. ?Prof. Tim Noakes het onlangs ?n hele paar artikels geskryf waarin hy die vertonings in atletiek (100 m, spiesgooi diskusgooi en hamergooi) bevraagteken. ?Sy gevolgtrekking was dat van di? atlete ?f uiters begaafd is ?f dat daar meer as ?n goeie kans is dat hulle iets onwettigs gebruik. Want hul prestasies is menslik nie moontlik nie. Dieselfde geld die Tour de France.? Prof. Mike Lambert, ook van die Universiteit van Kaapstad, meen daar word jaarliks heelwat meer anaboliese stero?de geproduseer as wat die mediese beroep nodig het. Dit bewys volgens hom daar is ?n ander mark daarvoor. Volgens Lambert moet medici en verpleegpersoneel wat sportlui help verneuk ook vervolg word. ?Tronkstraf is waarskynlik een van die mees doeltreffende maniere om die stryd teen dwelms te wen.? ?Die gemiddelde speod waarteen jaers in die Tour ry, is vir my ?n goeie aanduiding dat alles in internasionale fietsry nie pluis is nie. ?Gaan kyk maar na die gemiddelde spoed van skofte in die Tour tot 1988. Dit is 2 tot 3 km/h stadiger as di? van 1989 tot 1998. ?In daardie tyd was daar geen mediese toets waarmee bepaal kon word of jaers EPO gebruik nie. ?Dit het intussen aan die lig gekom dat onder meer Bjarne Riis, 1996 se Tour-wenner, en Erik Zabel, sesmalige wenner van die Tour de France se punte-afdeling, EPO misbruik het. ?N? 1998 het die gemiddelde spoed van die jaers in skofte effens begin afneem toe dit bekend word dat die misbruik van EPO opgespoor kan word, maar dit begin weer stelsematig toeneem. ?Vir my is dit ?n bewys dat van die jaers weer besig is om onwettige middels te gebruik wat nog nie deur mediese toetse opgespoor kan word nie. ?Moderne tegnologie en oefenmetodes is beslis nie die enigste rede vir die verbetering nie.? Swart wys daarop dat jaers elke aand klein dosisse EPO kan gebruik en steeds die volgende dag skoon sal toets. Prof. Mike Lambert, ook van die Universiteit van Kaapstad, s? die hoeveelheid anaboliese stero?des wat jaarliks geproduseer word, is vir hom vreemd. ?Dit is baie meer as wat ons in die mediese beroep benodig en is vir my ?n bewys dat daar ?n ander mark vir die stero?des is.? Die stryd teen dwelms sal volgens Swart en Lambert nooit gewen word as net sportlui uitgevang word nie. Lambert wys daarop dat Vinokourov waarskynlik bygestaan is deur ?n hele mediese span om hom te help om sy bloed te dokter. ?Medici en verpleegpersoneel wat atlete help om onwettige middels te gebruik, bly skotvry daarvan afkom. Daar sal planne gemaak moet word om hulle ook aan die pen te laat ry. ?Tronkstraf is waarskynlik een van die mees doeltreffende maniere om die stryd teen dwelms te wen.? Ek voel ook so. Hoekom is daar duisende van ons wat ry sonder om die middels te gebruik, en net 'n paar mense maak die lewe vir die res onaangenaam.Call Me Crazy2007-07-27 00:11:00
  2. Hoe kan jy so fout maak? Dis ongehoord. NEWS24 Krisis n? krisis is hoe die besluitneming van Fietsry Suid-Afrika (FSA) oor spankeuses vir vandeesweek se B-w?reldbyeenkoms in Kaapstad die beste beskryf kan word. Eers was dit die fiasko rondom Morn? Blignaut se weglating uit die baanspan omdat hy internasionale ranglyspunte op ?n Grand Prix-byeenkoms in Skotland losgejaag het. Dit blyk dat die kommunikasie tussen die FSA en sy jaers glad nie is wat dit moet wees nie. Verlede week het dit aan die lig gekom dat FSA inderhaas vier nuwe jaers vir die vroue-padspan moes kies omdat daar nie gehou is by die re?ls wat deur die Internasionale Fietsryvereniging (UCI) neergel? is nie. Dit het beteken dat Samantha Oosthuizen en Mellicia Munro (albei van Cbist) minder as ?n week voor di? w?reldbyeenkoms gehoor het hulle mag nie meer Suid-Afrika verteenwoordig nie. Die twee Pretorianers het die hele jaar voorberei sodat hulle op hul beste vir di? kampioenskap sou wees. Volgens Charles Freeme, spanbestuurder, het trane van teleurstelling gerol toe hulle oor di? besluit ingelig is. Volgens Carinus Lemmer, hoofuitvoerende beampte van FSA, kom die vereistes op deelname aan die B-w?reldbyeenkoms op die volgende neer: Slegs o.23-jaers wat nog nooit Suid-Afrika verteenwoordig het nie, nie internasionale ranglyspunte het nie, en ook nie topplekke op ?n groot nasionale byeenkoms losgejaag het nie, mag vir di? span in ag geneem word.? Die jaers mag ook nie voorheen al Suid-Afrika verteenwoordig het nie.? Om di? rede is daar toe besluit om basies die hele Cbist-vroue-span te kies om Suid-Afrika op di? byeenkoms te verteenwoordig. Dit blyk egter dat iemand erg geslaap het, want niemand het vir die jaers van die Cbist-span ingelig oor die UCI-vereistes nie. Di? jaers het toe bo verwagting goed op die Suid-Afrikaanse padbyeenkoms in Bloemfontein gevaar. Munro was tweede in die individuele tydtoets en negende in die padwedren; Oosthuysen was vierde in die tydtoets en 12de in die padwedren, Jeanine Binneman sewende en 11de en Lizanne Naud? sesde in die padwedren. Lemmer het ges? alles kom op ?n groot misverstand neer. ?Ons het eers op 2 Mei ?n brief van die UCI gekry. Die probleem was dat dit ?n Franse beampte van die UCI was wat Engels probeer skryf het. ?In die brief is die woord previous gebruik. Dit het daarop neergekom dat geen jaer wat op die vorige (lees previous) Suid-Afrikaanse padbyeenkoms tussen die voorste agt ge?indig het, mag deelneem nie. ?Ons as die FSA het previous as verlede jaar vertolk terwyl die Franse beampte van die UCI na vanjaar se nasionale byeenkoms verwys het.? Die byeenkoms het gister begin. Ronel van Wyk van Konica-Minolta mag dalk met ?n goeie vertoning op die baan vir haar ?n plek in die Suid-Afrikaanse baanspan ooptrap wat aanstaande jaar in Beijing aan die Olimpiese Spele deelneem. Call Me Crazy2007-06-27 23:57:16
  3. Nobody that wants to cycle with a "toppie"?
  4. Hi Guys and Gals, I started cycling again after 12 years of doing nothing. I stay in Wierdapark Centurion and I'm looking for a cycling partner on weekends. So I need a person who has the patience to ride with a "beginner". PM me if you can help. Thanks
  5. Well I'm a fat ( according to other cyclists) and marie biscuit cyclist. I cycle because I like it. I used to cycle seriously when I was in school ( Many moons ago ) but I still like doing it. Some of us have unfortunately not aged as well as others. Kritzinger1: Unfortunately not all of us are pro's or amateurs. :-P
  6. ?n Fietsryer van Waverley in Pretoria se pelvis, rugwerwels en heup is op verskeie plekke gebreek en hy het harsingskudding opgedoen nadat hy die naweek deur ?n geldwa van Fidelity Guards raakgery is. Mnr. Pieter Kemp (52), ?n lid van die Telkom-fietsryklub, is in ?n baie ernstige toestand in die ho?sorgeenheid van die Montana-hospitaal in Pretoria. Me. Petro Stynberg, sy verloofde, het ges? dit gaan glad nie goed met Kemp nie. ?Dokters kon nie gister op hom opereer nie weens die swelling om die werwels en die bloeding om die pelvis en heup. ?Hy het darem gevoel in sy arms en bene,? het sy hartseer ges?. Mev. Juanita van der Walt van Pretoria-Noord, wat die ongeluk gesien gebeur het, het ges? sy het by ?n vulstasie gestaan toe die groep fietsryers in Lavenderweg in die noorde van Pretoria in die rigting van Warmbad gery het. Kemp het heel agter gery toe hy getref is. ?Die verkeer was swaar aan albei kante en ek het besluit om te wag dat die groep fietsryers eers almal verbygaan voordat ek by die vulstasie uitry. Terwyl ek vir hulle gekyk het, het ek gesien die geldwa kom van agter en probeer die fietsryers van die verkeerde kant af verbysteek. ?Hy het half van die pad af aan die linkerkant gery en tussen die fietsryers probeer indruk. Net toe hy vorentoe gegaan het, het hy die man getref en die volgende oomblik het die man met die fiets vorentoe gegaan en kop eerste die grond getref.? Volgens haar het die geldwa nie dadelik gestop nie. ?Ek het aanhoudend op my toeter gedruk om die voorste fietsryers se aandag te kry oor wat gebeur het en omdat ek bang was die man (in die geldwa) ry weg. ?Hy het sowat 100 meter van die toneel gestop. Die man het op die grond gel? en ruk.? Van der Walt meen die ou R101/Warmbad-pad is nie vir fietsryers geskik nie. ?Soveel van die pad is uitgehol en daar is nie duidelike noodlyne langs die pad nie. Dalk moet die fietsryers ?n alternatiewe roete soek, want op Saterdae is die verkeer ook baie swaar in die omgewing,? het sy ges?. Niemand by Fidelity Guards was gister beskikbaar vir kommentaar nie. Insp. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het ges? die voorval is aangemeld en die polisie ondersoek die saak.
  7. NEWS24 Johannesburg - A cyclist is fighting for his life in Johannesburg General Hospital after he was knocked down by a taxi in Sandton early on Friday morning, paramedics said. ER24 spokesperson Werner Vermaak said the accident took place at the intersections of Maxwell and Old Pretoria roads in Sandton. Numerous paramedic services converged on the accident scene, but the man's injuries were so severe that he was airlifted to hospital. Johannesburg metro police's superintendent Wayne Minnaar could not immediately provide details of the accident.
  8. Cape Town - Two men stabbed and robbed a 23-year-old cyclist on Sunday afternoon as he cycled on the R310 just outside of Stellenbosch, causing his right lung to collapse
  9. Beeld ?n Jong fietsryer van Pretoria is lig beseer toe ?n verkeers-beampte van Noordwes hom gisteroggend van sy fiets af gestamp het en daarna gedreig het om hom te arresteer. Mnr. Barend Burger (19) s? hy en ?n ander fietsryer, mnr. Jaco Ferreira (29), het gisteroggend om 07:20 in DF Malan-rylaan in die noorde van Pretoria gery toe die voorval plaasgevind het. ?Ek het net ?n slag gevoel, my wiel het gebars en toe val ek na die linkerkant van die pad. Gelukkig was daar nie motors agter my nie, want hulle sou dalk oor my gery het,? s? hy. Burger s? ?n verkeers-beampte het stilgehou, maar hy het die skuld op hulle probeer pak. ?Hy het ges? ons mag nie hier ry nie, want dit is die Mabopane-hoofweg.? Ferreira s? die verkeers-beampte het gedreig dat hy hulle kan arresteer omdat hulle op die hoofweg ry. ?Ons het vir hom ges? dit is nie die hoofweg nie. ?Ek het sy nommerplaat geneem en hy het ook sy naam en telefoonnommer vir ons gegee,? s? Ferreira. Burger s? hy is baie kwaad omdat die verkeersbeampte hom gestamp het. ?Ons het al die padre?ls gehoorsaam en het lank voor die tyd aangedui ons gaan reguit aanry. ?As iemand anders my gestamp het, was dit dalk nie so erg nie, maar ?n verkeersbeampte? Hy moes seker darem bietjie gekyk het.? Volgens Burger is sy fiets sowat R45 000 werd. Dit is nou s? erg beskadig dat dit vervang moet word. Hy het gister die voorval by die Pretoria-Noord-polisiekantoor aangemeld. Mnr. Steven Malatjie, die verkeersbeampte wat Burger glo gestamp het, en sy senior was gister die heeldag in ?n vergadering en kon nie met Beeld praat nie. Insp. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, s? die polisie ondersoek die voorval. Glad to hear B that Barend is ok. I hope you have a lot of accident free km's on your new bike.
  10. Johannesburg - After being pulled off the road for bumping into a cyclist twice, an enraged truck driver waded into a Pretoria engineer with a steel pipe. The road rage occurred in peak-hour traffic in front of the East Rand mall in North Rand Road, Boksburg, after the lorry driver allegedly had knocked the boy, aged about 17, off his bicycle a second time. Although the lorry driver and his passengers saw what had happened, they just carried on. Andrew Mardon, 46, said: "I saw him knock the boy down at least twice, and sped off after him. "I pulled him over and asked him if he had seen that he had knocked the cyclist down. He replied,'Yes, but it has nothing to do with you'." Tackled from behind After an exchange of words, Mardon went to his car to get a pen and paper so that he could write down the vehicle's registration, and the driver tackled him from behind. "He hit me with his flat hand and his fist against my head, but I turned around and caught him a glancing blow with my fist." The man staggered back about three paces and Mardon got back into his car to write down the lorry's particulars. "The next thing, he was charging at me with an iron pipe, but the two women who were in the cabin luckily held him back," said Mardon. The lorry driver apparently tried another charge with the steel pipe, and attacked Mardon from behind again. The last time, he wasn't carrying the pipe. Mardon said: "I warned him that he was assaulting me and got into my car to phone the police." The man left his passengers, presumably his wife and daughter, standing on the pavement while he sped off with the lorry laden with electrical transformers. Intends to lay charge Mardon said: "The women asked me why I punched him, and I told them he was assaulting me." In the meantime, the cyclist had disappeared, and Mardon, who is also a cyclist, does not know if the youth was injured. "I would like to contact him to see if he's OK," said Mardon, who intends to file a charge of assault against the lorry driver. A company name was painted on side of the lorry, but no such firm could be contacted for comment on Tuesday.
  11. N?dat hy ?n seun op ?n fiets omgery het, het ?n vragmotorbestuurder gister ?n ingenieur van Pretoria aangerand en met ?n staalpyp bestorm toe di? hom van die pad afgetrek en gekonfronteer het. Di? voorval het tydens spitsverkeer reg voor die East Rand Mall-winkelsentrum in Noordrandweg in Boksburg plaasgevind nadat die vragmotorbestuurder glo ?n seun van tussen 16 en 18 jaar oud twee keer omgestamp het. Hoewel die bestuurder, asook sy twee passasiers glo die voorval erken het, het die bestuurder glo net aangery. ?Ek het gesien hoe hy die fietsryer ten minste twee keer omstamp en het hom agterna gesit,? het mnr. Andrew Mardon (46) ges?. ?Ek het hom afgetrek en gevra of hy gesien het dat hy die fietsryer omgery het. Hy het ges?: ?Ja, maar dit het niks met jou uit te waai nie?.? Mardon het n? ?n woordewisseling na sy motor gegaan om ?n pen en papier te kry om die voertuig se registrasienommer neer te skryf, maar terwyl hy besig was het die vragmotorbestuurder hom glo van agter af bygedam en hom aangerand. ?Hy het my met die plat hand en die vuis teen die kop geslaan, maar ek het omgedraai en hom skrams met die vuis teruggeslaan.? Die man het toe sowat drie tree teruggesteier en Mardon het weer in sy kar geklim om die vragmotor se besonderhede neer te skryf. ?Toe ek weer sien storm hy op my af met ?n ysterpyp, maar die twee vroue wat in die kajuit was het hom gelukkig teruggehou,? het Mardon ges?. Die vragmotorbestuurder het glo n?g ?n keer probeer om Mardon met die pyp te bestorm en het hom glo later weer van agter af aangerand. Hi?rdie keer het hy gelukkig nie die pyp by hom gehad nie. ?Ek het hom gewaarsku dat hy besig is om my aan te rand en het in die kar geklim om die polisie te bel.? Die man het toe die vrouens ? vermoedelik sy vrou en dogter ? op die sypaadjie gelos en is met die vragmotor vol groot elektriese transformators daar weg. Volgens verfwerk op die bakwerk behoort die vragmotor aan ?n firma met die naam Regcall Freight. ?Die vrouens het my gevra hoekom ek hom gepunch het en ek het vir hulle ges? hy was besig om my aan te rand.? Teen di? tyd was die fietsryer skoonveld en Mardon, wat s?lf ?n fietsryer is, weet nie of hy beseer is nie. ?Ek sou nogal graag met hom wou kontak maak om te hoor of hy iets oorgekom het,? het Mardon, wat ?n klag van aanranding teen die vragmotorbestuurder wil indien, ges?. Die maatskappy aan wie die vragmotor glo behoort kon gister nie vir kommentaar opgespoor word nie
  12. NEWS24 ?n Oupa en ingenieur van Boksburg aan die Oos-Rand is gister deur ses fietsryers aangeval nadat hy vir hulle getoeter het sodat hy hulle kon verbysteek. Mnr. Pierre Grobbelaar (61) van Boksburg is gisteroggend by sy werkplek deur fietsryers in Concordestraat, Bedfordview, aangeval, toe hy sowat ?n kilometer van sy werk af ?heel ordentlik? vir hulle gevra het om aan die kant te ry sodat hy hulle kon verbysteek. ?Hulle was deel van ?n groep van so 40 en het die pad vol gery. Ek het getoet en almal het padgegee, maar toe ek by die werk stop, was ses fietsryers daar wat my begin slaan het,? het hy ges?. Grobbelaar, wat by Murray & Roberts werk, s? hy het verskeie houe teen die kop en bolyf gekry en is met pepersproei gespuit. ?Dit het soos ?n ewigheid gevoel. Hulle het my hemp van my lyf af geskeur.? Dit het vir hom soos ?n georganiseerde fietsry-oefening gelyk. Al die ryers het fietsryklere gedra. ?Toe ?n kollega my wou kom help, het hulle haar ook soos ?n vloerlap eenkant gegooi,? het Grobbelaar ges?. Die fietsryers het hul aanval glo gestaak nadat een van hulle Grobbelaar met pepersproei gespuit het. Dr. Frans Human van Germiston het gister aan Beeld ges? Grobbelaar het verskeie kneusplekke op sy gesig en lyf opgedoen, maar die ergste is dat hy ?n kortisoon-inspuiting moes kry om sy asemhaling te verbeter. Supt. Andy Pieke, polisiewoordvoerder, het gister ges? ?n aanrandingsaak word ondersoek. ?Ons het nog geen verdagtes gearresteer nie, maar die polisie in Bedfordview gaan met die fietsryklubs in di? omgewing praat om verdagtes te identifiseer,? het hy ges?.
  13. Soos op NEWS24 Die dubbele silwermedalje-wenner Juan van Heerden se fietsry-seisoen is iets van die verlede nadat hy gister ernstig beseer is tydens een van minstens drie chaotiese ongelukke in die Bakwena-fietswedren.<?:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /> Sowat 4 000 ryers van regoor die land, sowel as enkele Europe?rs, het aan die wedren noord van <?:namespace prefix = st1 ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:smarttags" />Pretoria deelgeneem. Van Heerden (20), wat twee silwermedaljes op vanjaar se junior Statebondspele gewen het, het sy elmboog, nek- en rugwerwels beseer toe hy bo-oor sy fiets se handvatsel op sy rug geval het. ?n Mederyer se voet het aan ?n kegel in die pad gehaak. Hy het met Van Heerden kontak gemaak terwyl hulle teen sowat 70 km/h op die eindstreep afgejaag het. Die ongeluk was sowat 300 m van die eindstreep. ?n Groep ryers het ook tydens die veterane-wedren gebots toe een teen ?n staalheining vasgery het. Mnr. Bart Harmse, ?n beampte, is kort daarna raakgery toe hy die ryers oor di? ongeluk wou waarsku. Hy het vier ligamente in sy knie geskeur en sukkel met rugpyn. Minstens tien ryers is by die Mon-tana-hospitaal se ongevalle-afdeling behandel vir onder meer gebreekte kakebene, sleutelbene, ?n vergruisde bladbeen, verlore tande en werwelbeserings. Baie snywonde moes ook behandel word. Tientalle ander ryers het op die toneel noodhulp gekry. Mnr. Zoon Cronj?, Van Heerden se spanbestuurder, het ges? Van Heerden sou waarskynlik die wedren gewen het. ?Hy het die hele seisoen vir aanstaande naweek se 94.7-fietswedren gewerk. Juan het dit regtig nodig gehad om vandag (gister) en die 94.7 te wen. En dis op die nippertjie van hom ontneem. Dis nie ?n lekker manier om ?n seisoen af te sluit nie. ?Dit was soos ?n sl*gveld. Juan se fiets is heeltemal verfrommel. ?In wedrenne soos die Tour de France word daar ten minste vir die laaste 2 km staalheinings gepak. In die Bakwena is kegels gebruik. ?Dis gevaarlik, want die wind kan dit omwaai en die agterste ryers kan dit nie sien nie. ?Die kegels is ook op ?n onpraktiese manier gepak. Die ryers ry die heeltyd op ?n bre? pad en dan is daar skielik ?n vernouing waar hulle almal moet in. Dit was soos ?n drukgang. ?Kegels het al baie probleme by vorige wedrenne veroorsaak. Die organiseerders weet dis ?n probleem, maar die fietsryers se veiligheid is nie meer van belang nie. Dis geld wat tel,? het Cronj? ges?. Mnr. Koos van Tonder, ?n skeidsregter van Fietsry Suid-Afrika, meen die kegels was onnodig. ?Maar staalheinings sou nie noodwendig die ongeluk verhoed nie. Teen die spoed wat die ryers in daardie stadium ry, kan enigiets ?n ongeluk veroorsaak
  14. NEWS24 "Daar is ?n gesegde oor ?n kat wat net bly terugkom. In Suid-Afrikaanse fietsry geld di? gesegde vir Ronel van Wyk. Die afgelope paar jaar het Van Wyk bene gebreek, ?n tand of twee verloor, gebloei, ?n liefdesteleurstelling gehad en haar neus meer geblaas as wat sy graag sou wou. Maar onderkry is min. Die ?Rooikop? bly steeds een van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers. Daarom dat sy gekies is vir die Suid-Afrikaanse span wat aanstaande week na Mauritius vertrek om aan Afrika se kontinentale-byeenkoms deel te neem. Dit is die eerste keer in ?n jaar dat Van Wyk weer vir Suid-Afrika gekies word. ?Ek kon nie glo toe ek hoor ek is gekies nie. Ek het gedink hulle het al van my vergeet, veral omdat ek vanjaar om verskeie redes nog nie eintlik wedrenne gewen het nie. ?Die feit dat ek weer vir Suid-Afrika kan ry, dien beslis as ekstra motivering. Vir my bly dit ?n eer om my land te verteenwoordig. ?Ek s? nie ek gaan in Mauritius wen nie, maar ek gaan my ?lles gee. ?Ek glo steeds dat ek op verlede jaar se Afrika-byeenkoms die tydtoets kon gewen het as ?n beampte my nie in ?n verkeerde rigting laat ry het nie.? Verlede jaar was Van Wyk ?n amperse instelling op die wennerspodium. Sy het 27 wedrenne gewen, vanjaar kon sy nog net een groot wedren wen. ?Dit was maar net nie my jaar nie. My verlowing is verbreek, ek het van werk en stad verander. ?Die ergste was ?n virus wat my asemhaling bemoeilik het. Ek het vanjaar al heeltemal te veel snesies gebruik. ?Al wat my bly motiveer het, is my liefde vir fietsry. Dit is vir my belangrik dat my loopbaan nie op ?n laagtepunt moet eindig nie. ?Ek glo daar is nog vyf goeie jare in my bene oor. Ek is nou maar eers 28 en ek hoor ons vroue bereik ons toppunt wanneer ons 30 is. ?Dit pas my, want een van my groot drome is om Suid-Afrika op ?n Olimpiese Spele te verteenwoordig.? Pretoria se Chrissie Viljoen van Harmony het die afgelope naweek die Amashovashova-wedren vir vroue gewen. Jacques Fullard van Microsoft was derde in die manswedren. Call Me Crazy2006-10-29 23:00:44
  15. Murray van Lelyveld 1973/07/06 Select Cycling Always been cleanCall Me Crazy2006-10-02 00:18:03
  16. Wilhelm de Swardt Robert Hunter kan hom na die howe wend as hy nie aanstaande jaar ?n ordentlike kontrak lostrap nie. Eergister se aankondiging deur die Switserse Phonak-fietsryspan dat hy aan die einde van die jaar ontbind, kom daarop neer dat Hunter aanstaande jaar werkloos kan wees. John Lelangue, spanbestuurder van Phonak, s? alles moontlik sal in die volgende paar maande gedoen word om te verseker dat al die jaers en die res van die ondersteuningspan aanstaande jaar werk het. ?Daarom is dit belangrik dat die jaers in die laaste paar maande goeie resultate behaal. Ek weet dit sal nie maklik wees nie, want die meeste van die jaers is erg ontnugter. My uitdaging is om die jaers gemotiveerd te kry.? Lelangue toon min simpatie vir Floyd Landis, wenner van die Tour de France, wat positief getoets het vir te ho? testosteroon-vlakke. Tony Harding, Hunter se bestuurder, s? hy en Hunter is besig om met van die ander beroepspanne oor ?n kontrak te onderhandel, maar niks is nog onderteken nie. ?Ek hoop nie dit sal nodig wees nie, maar as Robert nie aanstaande jaar ?n kontrak het nie, sal ons geen ander keuse h? as om Phonak hof toe te neem nie. ?Robert het ?n kontrak van twee jaar met die span gesluit. ?Ons sal aandring dat die volle kontrak aan hom uitbetaal word. ?As Robert wel ?n beroepskontrak kry, maar sy salaris is minder as wat hy sou verdien, gaan ek verwag dat die verskil uitbetaal word.? Hunter sal waarskynlik vandag hoor of hy lid van die Phonak-span gaan wees wat aanstaande week aan die Toer van Spanje, die derde grootste toer, gaan deelneem. Hunter het vroe?r ges? dat dit belangrik is om aan di? toer deel te neem omdat dit een van die laaste werklike kanse is om indruk op die ander spanne te maak. ?My groot probleem is dat ek my die hele jaar opgeoffer het vir die span en daarom nog nie goeie resultate behaal het nie.? Hunter het voorheen twee skofte in die Toer van Spanje gewen.
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout