Jump to content

Aanval by Fisantekraal 13 Maart 2016


johan@getwine.co.za

Recommended Posts

Ek het gister (Sondag) teen ongeveer 11:45 terug getrap op die R312 rigting Durbanville en so 4km voor die informele nedersetting (dink dit word genoem Groot Fisantekraal) het ek drie mans in ’n ouerige wit Golf langs die pad gewaar wat baie verdag gelyk het. Twee van die mans het buite die voertuig gestaan en die een was op sy selfoon besig. Ek het verder getrap en die wind het sterk gewaai.
 
Die pad langs Groot Fisantekraal woonbuurt (nedersetting) is effe opdraend, so mens beweeg nie teen ’n hoë spoed daar verby nie. Op die aangehegte screen-shot sal jy twee sulke hakkies sien op die rooi streep langs die behuising, dit is net hier waar twee jong manne skielik van links op my afgepyl het, die een met ’n rooi gesig lap en hoed op sodat ek hom nie kan herken nie en die ander een het ligte tatoeërmerke op sy gesig gehad. Soos jy op die foto kan sien is daar heelwat Bloekom bome langs die pad so ek vermoed hulle gebruik dit om agter weg te kruip sodat mens hulle nie vroeg genoeg kan gewaar nie.
 
Ek het onmiddelik besef dat hierdie manne op ’n missie is om iets by my te roof en het dadelik gestop en aan die regterkant van my fiets afgeklim sodat die fiets tussen my en die meer aggresiewe man met die masker is. Ek het toe vir hulle gesê “nee manne, nee … los my uit”, waarop die man met die gesigmasker vir my gesê het “gee net jou selfoon”. Ek het die fiets neergegooi in hulle rigting, agteruit begin ritireer in die teerpad in en gesê ek het nie my foon by my nie. Hy het op my afgehardloop en wou my aan my fietsryhemp gryp en weer gesê “gee net jou foon”. Op daardie stadium het ’n wit Audi hard gerem en begin terug stoot in my rigting en die twee manne het my gelos.

post-91551-0-24445700-1457964760_thumb.png

Link to comment
Share on other sites

Welkom op die Hub. Ook bly jy is ongedeerd. Dit kon anders gewees het. Dankie vir die inligting.

Link to comment
Share on other sites

Bly jy is okay..

 

Hopelik het jy toe darem by die huis lekker Getwine wyn gehad om die senuwees bietjie te tem?

 

Ek begin dink mens moet maar met pepperspray ry, het nog altyd baie veilig daarso gevoel.

Link to comment
Share on other sites

that really sucks - a route I ride often and this is the 3rd incident I've heard of. Please do report it to the police so they can get hold of you if the same suspects try this stunt on someone else. I'm very thankful that I can afford to live in a safe area where we don't have people like this for neighbours.

Link to comment
Share on other sites

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout