Jump to content

Recommended Posts

Posted

Ek is al lankal op die Hab. Baie van die ouers Hab skryf mense sal my onthou. Baie baie lank gelede het al die oulike Hab mense en ok fietsers my gehelp om my nuwe eerste fiets te koop. Dit was 'n rally 6000, so mooi wit een wat van daai ligte yster gemaak was. Nou se die mense ek moet vir my een koop van Karben Fiber. Ek weet nie wat dit is nie en ek het toe vir oom Gert van Swartruggens wat die slimste Oom in ons familie is want hy het met 'n onderwyseres getrou, gebel en hy se dit is goetters wat koolstof met gom aanmekaar geplak. Koolstof is dan die goed wat agterbly na mens die houstskool uit die pakkie gegooi het om van daardie lekker skaaptjoppies van die plaas op Tweeling te braai, hoe water my ou mondjie nou. Die mense se ook dat rally van hierdie charcoal , of is dit koolstof en gom fietse maak. Is die soort fietse sterk. Mense se die fietse het ook nou 10 ratte. Jis gaan mens nie nog meer deermekaar raak nie. Die nege ratte op my ou rally was al amper te veel. Ok maar goed daar is nie nog ook 'n reverse nie. Die mense se ook dat die fiets van rally ook 'n 6000 is. Hoekom maak hulle fietse met nommers en gee hulle nie eerder name soos Rock en Summer en Amber soos in die sepies op Tv nie. Dit sou dan soveeel makliker gewees het. Ek vra dat die oulike fietserkies op die Hab my asseblief weer help oor watter fiets ek moet koop. Ek bedank julle ook sommer vooruit vir al die goeie raad wat julle my weer hierdie keer gaan gee.

Posted

Hmmmm.  Ek sien mense het weer tyd gekry om meer te kuier.  Welkom terug Jo lo.  My voorstel is gaan praat met oom GrootH.  Hy sal sommer vir jou vertel daar is niks fout met jou Ralleigh soos wat hy daar staan nie.  As jy n probleem met die raam het, skree net.  Ek het nog n RC6000 raam vir jou.

Posted

Hoeveel geld het jy vir 'n nuwe fiets en wat wil jy met die nuwe fiets doen? Wil jy weer net van Mekdonelds to Mekdonelds ry of ernstig saam met die groot kannone jaag?

 

 

 
Posted

Hallo momparra dit is so goed om te sien jy praat nog hier. Wat bedoel jy wil ek met die fiets doen. Ek wil hom ry natierlik of het jy iets anders wat jy met jou fiets kan doen. Ek verstaan ook nie die ding van die kannonne nie. Moet mens nou een saamsleep en is daai kannekie met die rissie brand pepepersous in nie meer genoeg vir die diewens en tsotsies nie. Jy maak my skoon bang dat ek nie meer wil fietsry nie. Die geld vir 'n nuwe rally is nie 'n probleem nie want hulle is nie duur nie en ek werk nou vir die staatsdiens as 'n Pesoonlike Assestent in een van die groot kokkedore se kantoor. Ek verdien nou baie geld en ek doen ook ekstra werk in werktyd waarvoor ek oortyd betaal word. Moet net vir niemand daarvan se nie want dit is 'n gehym.

Posted

jo lo , kan jy vi my ook so werkie orginise in die staatsdiens waar ek meer geld kan kry. miskien kan ek dan ook vi my 'n plekkie oppie gravie tryn bespreek en hoef dan nie meer so te sukkel om die lening af te betaal om net my karrekie vol petrol te maak nie.

ek sal graag eerder wou werk toe ry met my fuji, maar die krime is 'n problem en die taksies ry baie onverskilig.
Posted

Hallo skottie, ek is bly jy praat ok nog hier. Jy jook seker nou vir my hoe kan mens fietse bou van glas. Die enigte fiber wat ek ken is daai fiber wat in die boksiepap is. Daai wat hulle se jou maag konstant hou en keer dat jy aambye kry. Julle ouens help my gladnie hierdie keer nie. Julle wil nie vir my vertel van die cgarcoal fibre fietse nie en nou vertel julle my dat fietse dalk van gals ook gemaak word. Is daar een fietsryer daar buite wat tog 'n meisie kan help sodat sy vir haar 'n nuwe fiets kan koop. Ek wil geen kontak he met Big H nie want ek vertrou daardie oom gladnie. Laaskeer wou hy my net in 'n hoekie in druk. Ek gril eintlik vir hom met sy groot pens.

Posted
monparra jy was nog altyd so oulike en swiet oukie. Nou raak jy lelik met 'n meisie wat van die vrystaat af kom en vir die staatsdiens werk. Dink jy ek het die miljoen rant by kaspir gekry op "ek kan doen met ' n mijoen" Ek wil net vir my 'n nuwe fiets koop en dit moet 'n rally wees en die mooi outjie in die fietswinkel se dat die charcola fiber fietse wat rally maak wat ok 'n 6000 is soos my ou wit ene is goed. se net ja of nee as jy nou rerig lelik wil wees met my op 'n vrydag voor die naweek. Wat het met jou gebeer, is jy kwaad vir iets of wat.
Posted

Sorry, het nie gesien dit MOET weer 'n Rallie wees nie. Ja, koop die carbon een. Dit is ligter as jou yster een en sal gemakliker ook wees aangesien carbon 'n bietjie van die wubrasie absorbeer wat van die growwe teer as kom.

 

 

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout