Jump to content

‘Skiet hom’, skree rower toe hy fiets kaap


nathrix

Recommended Posts

http://www.netwerk24.com/Nuus/Misdaad/skiet-hom-skree-rower-toe-hy-fiets-kaap-20170329

 

Deur Jackie Kruger 29 Maart 2017 15:33
 
 

“Skiet hom! Skiet hom!” het 'n rower geskree toe hy en 'n medepligtige helder oordag ’n vuurwapen op ’n student gerig en sy fiets naby die Montagupas-afrit, ’n gewilde fietsryplek buite George, gebuit het.

Jacques Roux (21), ’n student aan die George-kampus van die Nelson Mandela-Universiteit, het Maandag omstreeks 14:00 op die N12 buite George in die rigting van Oudtshoorn gery.

“Ek oefen vir Knysna se Oesterfees en wou by Witfontein gaan fiets ry,” sê hy.

Kort voor die afdraai na die Montagupas, sowat 500 m van die verkeersirkel in die woonbuurt Heatherpark, het Roux twee mans sien stap.

 

“Hulle het gelyk soos gewone ouens in oorpakke wat dalk op pad werk toe was. Ek het niks daarvan gedink nie en aangehou ry. Maar toe ek verby hulle ry, het hulle my skielik gegryp en van my fiets af gestamp. Hulle het toe ’n mes en ’n vuurwapen uitgehaal en die een het geskree: ‘Skiet hom! Skiet hom!”

 

Hulle het toe ’n mes en ’n vuurwapen uitgehaal en die een het geskree: ‘Skiet hom! Skiet hom!
Jacques Roux, student

Die rowers het geen skote geskiet nie, maar Roux se fiets en sy tablet gegryp en op die vlug geslaan, die een te voet en die ander een op die fiets.

Roux sê die twee het in die veld in die rigting van Oudtshoorn verdwyn.

Hy het na sy ouerhuis in Heatherpark geloop.

 

“Ek het ’n skraap op my knie soos hulle my van die fiets af gestoot het, maar dis al. Emosioneel is ek ook fine en 100%. Ek is net dankbaar dat ek leef, dis die Here se genade,” sê hy.

Hy het twee keer op dié fiets, ’n Giant, aan die Cape Argus-fietsrybyeenkoms (nou die Kaapstad-fietstoer) deelgeneem en aan die fietsrybyeenkoms op Knysna se Oesterfees.

Die voorval is by die polisie aangemeld. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Mense met inligting kan Roux se pa, André Roux, by 083 456 0618 bel.

 

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout