Jump to content

Energie gedurende reis


Skillie

Recommended Posts

vir n 107 km reis van 3.5 ure gebruik ek die volgende:

2 x 750 ml energade mengsel en 3 sakkies vooma's.

1ste vooma net voor reis, 2de op halfpad en 3de op 90 km wanneer ek moertoe is!

wat is julle resep?

en n vraag en die vinnige ouens hier wat dit in 2.5 ure doen.

so jul tye dieselfde gewees het as jy net skoon water in jou bottels gehad het?
Link to comment
Share on other sites

Skillie. wil jy reg wees vir die 94.7?

check jou pm.

 

Ek wil ook reg wees vir die 94.7.  Kan jy my ook die resep pm?
Link to comment
Share on other sites

moenie n GU drink voor 'n ride nie..jy sal vind dat jy halfpad deur energieloos voel en dits seker waarom jy nog 'n GU vat..Die GU is 'n HIGH-GI(glucose index)..GI is 'n maatstaf vir die tempo waarteen suiker vrygestel word in 'n sekere voedsel..Dus omdat dit hoog is sal jy baie energie het maar vinnig uit energie hardloop..Dit is waarskynlik hoekom jy bonk op 90km...Try die GU nie meer as 25km voor die einde neem nie..En maak jou 1ste botel energade vlou..Vir die selle rede

Link to comment
Share on other sites

dankie Racing Hart

dit maak sin, want ek maak my energade te sterk aan,wil mos he dat dit soos koeldrank smaak!!!!!

en ek suig al gu's nog voor ek my fiets is.

kon al n fortein aan gu's gespaar het.
Link to comment
Share on other sites

ek dog ek dan gecharge vir reis as ek dit voor die begin drink!

geen wonder ek bly net so vinnig soos n skilpad nie.
Link to comment
Share on other sites

Ek eet ontbyt omtrent 2 ure voor die race. Drink 'n bottel Race Fuel in die uur voor die wedren. Gedurende die wedren drink ek twee bottels Race Fuel en eet een Fast Fuel bar of soortgelyk. Ek gebruik net die GU of Vooma as dit regtig nodig is. Daar by die Vets is daar nie eintlik tyd om meer as dit doen nieBig%20smile!

Ek dink jou prestasie sal 'n redelike duik vat as jy net water gebruik want jy hernu nie jou energie wat jy verbruik nie en dit kan probleme veroorsaak. Ek gaan dit nie probeer nie!
Link to comment
Share on other sites

wanneer jy gaan reis na die see toe moet jy elke 2 ure stop om te verfris and pak ook dan toebroodjies ,frugte , suikerlekkers en koeldrank om die energievlakke op te bou.

Link to comment
Share on other sites

Ek gebruik Energy Dynamics Octane, 2 bottels 600ml elk en so 2 GU's. Maar gewoonlik vat ek net 1 so by 80km. 

 

Met die energie goed voel ek nog ok na die einde van die race, meende halfuur na die race kan ek weer aangaan, het dan weer petrol in tank.

 

Voorstel, die beste ding wat maar werk is daai laaaaang ure in die saddle 3 ure gemaklik oefen, jou bene raak dan gewoont aan die tyd op fiets. Ek doen dit gewoonlik sonder energie drank, net water en piesangs.

Link to comment
Share on other sites

Baie interresant al die kommentaar oor wat om te geruik? Wel ek wil ook graag 'n stuiwer in die armbeurs gooi.

 

1. Nie al die rate sal vir almal werk nie. Jy moet maar allerande goeters probeer en kyk wat vir jou werk.

 

2. Moet nooit iets nuuts met 'n wedren probeer nie. Bly by dit wat vir jou werk. Toets nuwe produkte op oefenritte.

 

3. REEL NO 1. Jy moet maar oefen. NIKS wat jy op die dag drink of eet gaan jou beter of slegter laat ry nie.

 

4. Die oor-etery en drink is ook nie goed nie. Te veel drink is net so gevaarlik soos te min water drink. 'n te vol maag is ook nie goed nie. Jou hele gestel het nodig om te werk as jy ry en kan nie bekostig om oortyd te werk om 'n vol maag te verteer nie.

 

5. Die voorstel om te drink as jy dors is sal ook nie werk nie Drink gereeld klein slukkies. Teen die tyd dat jou brein vir jou s? dat jy dors is is dit al te laat. Klein happies van "bars" elke 30 minute sal ook goed wees.

 

6. Eet dadelik na 'n wedren iets, dit sal help om dadelik te herstel. 'n Proti?n drankie na 'n wedren is altyd 'n wenner.

 

7. Ek stem saam met die feit dat jy iets in jou water moet gooi om die soute en endroliete wat jy uitsweet te herstel. Maar moenie die goed te sterk aanmaak nie. B Max se produkte is goedkoop en baie effektief.

 

 

 

MAAR!!!! Al die dinge sal niks help as jy nie die nodige oefening voor die tyd ingesit het nie. Wat jy maai sal jy oes !!!

 

 

 

Is hierdie ou sport van ons nie 'n interresante en wonderlike ding nie. Geneit Bakwena en 94.7. Onthou die gratis wedren op die 1 ste Desember. Praat met die manne van TELKOM.....

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout