Jump to content

Ottosdal draf en trap 31 Januarie 2015


Vlakvark T

Recommended Posts

Posted

Manne, vat BAIE water en sonskerm saam soos julle se.

 

Dalk kry ons so bietjie reen ook nog....dan gaan dit mos nou lekker wees....

 

Vrouens bly tuis, net ons 2 mans gaan hiervandaan ry.....

 

Sal ons mekaar kan uitken op 'n manier?

 

Soos julle my naam sien "Titan29er".....ry ek 'n groen Titan 29" bike

 

My Samsung se "Accu Weather" se die volgende:

 

Saterdag      Max 25 met bewolk met reen

Sondag        Max 27 met sonskyn

Gaan jy jou groen kit aantrek soos op jou profiel se foto?

  • Replies 54
  • Created
  • Last Reply
Posted

Of kyk maar net vir die ou wat agter ry met n groen Titan29er...hahaha.

 

Redelik onfiks, kleinding hou my uit die oefening uit, maar ek kla nie daaroor nie.

Posted

Have no fear, even though it is a kerkbassaar they have lots of beer! In fact, they have a variety of beers to choose from!

 

 

Ek weet darem nie, daai dorpie is piepklein, ons gaan daai bier in 'n japtrap opdrink

Posted

Veral as dit warm word. Dit is heelwat koeler vandag, daar het al heelwat reën geval die afgelope week hier in Potch. Hopelik het Ottosdal ook reën gekry. As dit nog reën gaan dit net nog lekkerder raak! ;)

Posted

Ek hoor daar is baie dorings op die roete.?

Jip, tubeless is die beste manier. Daar is nogal heelwat klippe ook op die roete. As jy nie tubeless kan gaan nie, moet jy die ten minste een binneband, patch kit en bomme (sodat jy weer kan ry voordat die son jou doodbrand) saamvat. Die roete is op die plase om die dorp, so jy kan maar die gewone verwag in terme van plantegroei. Doringbome, duwweltjies, graspolle en mielies.

Posted

Klink nogsteeds awesome manne, bier, son, reen, modder, papwiele en als.

 

Ek moet net onthou om vir my 'n nuwe Puncture kit te gaan koop vir my tubeless wiele voor ons hier ry vanmiddag.

 

Ons kamp die naweek blykbaar by een of ander kerk daar, saam Rustenburg se "Run/Walk for Life" spannetjie....(my swaer se span maats)

 

Die dag moet nou verbygaan sodat ons die pad kan aanvat

Posted

Ek hoor daar is baie dorings op die roete.?

Nie meer as wat jy sal aantref in parkeer area nie :D Het al gesien hoe ouens daar al flats kry!

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout