Jump to content

FPC Crap Service


chuck

Recommended Posts

So my vroutjie dog toe nou sy doen goed om vir my n voucher te gee by FPC. Lekker, ek soek iets nuuts so ek sit toe maar die 45 !@# minute in die verkeer na my naaste FPC in Irene. Ek sien toe n hoed wat ek so baie laaik ek wil hom koop maar hulle het nie my size nie. OK cool klein F*kkertjie sal vir my een bestel en hy sal einde van die week daar wees. Einde van die week natuurlik geen oproep nie ( o ja hy sou my gebel het). Maar ek laaik die hoed so baie ek spring weer in die kar en sit 45 #@$# minute in die verkeer. Yes natuurlik het my hoed gekom, kyk hier is die boks. Maar waar is die hoed Confused. O ja hy is seker weg of weer verkoop. Maar moenie worry nie ons kry sommer een van ons ander winkel af dan kan jy WEER Maandag ry. Hoe is daai? Wel *** jou en die perd waarop jy ingery het. Daar is 53 winkels wat bereid is om my geld nou, onmiddelik te vat. Natuurlik soek ek die geld vir die voucher terug want hulle het iets verkoop wat hulle nie kan deliver nie - DIENS! Kamstig sal iemand my Maandag bel want daar is tans niemand wat besluitnemingmag het op naweke nie. Ek is nou oppad ander winkel toe wat my kleur en size het en ja reg geraai-  Hulle is selfs bereid om my geld te vat. Nooit sou ek toe ek in std 1 was gedink het ek sal mense se gatte moet lek om my geld te vat nie maar nou ja dis seker die *** ekonomie wat hulle sulke confidence gee.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 34
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

"Nooit sou ek toe ek in std 1 was gedink het ek sal mense se gatte moet lek om my geld te vat nie maar nou ja dis seker die *** ekonomie wat hulle sulke confidence gee"

 

Die probleem is Chuck hulle reeds jou vrou se geld gevat so hulle het klaar hulle wins gemaak
Link to comment
Share on other sites

Hoekom het jy nie gevra vir die "groot baas" se tel nr nie? Dis wat jy behoort te gedoen het voor jy "public" gaan. Die "indians" kort seker net 'n lekker wakker skrik vanaf 'n dizzy height!!!

 

Link to comment
Share on other sites

So 3 maande terug, toe ek wil begin met MTB, toe stop ek in Pta een reg om geld te spend. Kry n fiets wat ek like, nie my size nie. Sal my Maandag bel om te se wanneer hulle een kan he. 7 weke later bel die dude my hy kan n bike vir my kry.

Toe lag ek lekker vir hom en se ek het reg gekom thanks,

 

Ek het al R50k gespend in die laaste 3 maande waarvan R2k nog net by FPC in Sunninghills was.
Link to comment
Share on other sites

Bruce Reyneke is still one of the best places in town for me to go and buy. Not the cheapest, but plenty of stock and service with a smile.

Link to comment
Share on other sites

Ek het ook so gedink, tot hulle my sleg gedrop het so rukkie terug.  Nou shop ek maar op 'n ander plek. Die FPC in Duncan straat (om die hoek van Bruce) is nie sleg nie. (Of miskien moet ek se: Sover is hulle nie sleg nie...)Confused

 

Op daai noot, ek het gister vir my 'n workstand gekoop by Strides Designs, en  hulle was verskriklik hulpvaardig. Hy het my afslag gegee, en toe weer petrolgeld afslag toe hy hoor ek kom van ver. Hy het selfs gery en my langs die pad gekry sodat ek nie so ver hoef te ry nie. Uitstekend, dankie! En die is 'n awesome workstand. Smile

 

PS: Ek het niks met die ou uit te waai, behalwe dat ek 'n baie happy klient is nie.

 

Link to comment
Share on other sites

Ek het ook 'n FPC storie:

 

Laasjaar, toe ek besluit het om te begin fietsry, is ek ook FPC toe om te gaan soek vir 'n fiets vir my en Puma. Lang storie kort, ek settle op 'n GT Zaskar Carbon vir my en 'n Merida vir Puma. (AL my spaargeld moertoe!)

 

Die GT het egter wel 'n probleempie gehad wat ek eers by die huis ontdek het: Die bottel bracket op die die downtube se skroefie thread skeef in. En omdat dit 'n carbon frame is wil ek nie die ding opneuk om die skroef in te forseer nie.

 

Ek bel die outjie by FPC wat my gehelp het. No problem se die knapie: Bring die fiets in en ons sort dit gou uit. Ry soontoe. Die knapie vang 'n loer. GEEN PROBLEEM NIE! Hy spring op die foon, kontak die REP en confirm in my teenwoordigheid: Hulle gaan my frame mahalla swop. Ek kan solank die een voos ry en dan oor ses weke kom die nuwe frame en dan swop hulle dit gou.

 

Cool. Ek kry 'n nuwe frame so ek gaan die stront uit die een ry om seker te maak dat carbon nie maklik breek nie!

 

So 8 weke later bel hulle my. Bring jou fiets, die nuwe frame is hier. (Dit na ek hulle begin looi het met oproepe om te hoor hoekom ek na ses weke nog niks van hulle gehoor het nie) Ek sleep my fiets in daar na hulle toe die volgende oggend. Die middag so 5 uur bel ek hulle. Ja, jou fiets is klaar, kom haal hom. Ek stop by FPC en laai my fiets. Nou, dit was 'n lang dag en ek is moeg. Ek wil net by die huis kom.

 

Volgende oggend in die garage, slaan dit my: Dit is nog die ou frame!

 

Ek bel die salesman by FPC - Ek vra hom reguit: Hoekom is die my ou frame? Nee. Dit was toe glo nie nodig om 'n frame swop te doen nie.

 

Kan ek met Fritz praat?

Hy is nie nou hier nie.

SURE...Maar ek bel later weer.

Sommer met die bel slag praat ek met Fritz self.

Vertel hom my storie.

Goed, hy bel my terug. Hy wil net eers self agter die kap van die byl kom.

Later...HEELWAT LATER...

Fritz probeer my verduidedlik dat dit nie nodig was om die frame te swop nie en bla bla bla.

 

Ja, Fritz, I Get it...MAAR HOEKOM SE JULLE JULLE GAAN EEN DING DOEN EN DOEN DAN IETS ANDERS SONDER OM VIR MY TE SE WAT JULLE GEDOEN HET? FPC SKEP DIE ILLUSION HULLE SWOP DIE FRAME EN DAN REPAIR HULLE DIE DAMN DING SONDER OM 'N ENKEL WOORD VIR MY TE SE DAAROOR! TOE EK DIE FIETS GAAN HAAL, HET DIE SALESMAN VIR MY REGUIT GESE DIT IS 'N NUWE FRAME!!!!! EVENTUALLY HET FRITZ ADMIT DIE SALESMAN HET GELIEG. MAAR NIKS VAN SY KANT AF PROBEER DOEN OM DIE GOEIE VERHOUDING MET 'N KLIENT TE BOU WAT 'N POPHUIS VOL GELD (KONTANT) IN SY WINKEL GESPEND HET NIE

 

EK MIND NIE DIE REPAIR NIE - GLAD NIE! MAAR MOENIE MY LAAT GLO EK HET 'N NUWE FRAME AS JY VOOR JOU SIEL WEET DIT IS NIE!

 

Ek shop ook nou nie meer by FPC nie...
Link to comment
Share on other sites

Chuck: Soen jy jou vrou met daai mond? Hoop nie so nie.

MJ: Sou jy 'n frame swop doen vir 'n ou wat dit doelbewus vir 8 weke deur sy alie probeer trek? Dalk sou hulle dit actually gedoen het as jy beter na die ding gekyk het.

 

Ek lees graag die rant's en rave's en almal het 'n reg om te kla. Maar doen dit op so 'n manier dat jou ma dit ook sou kon lees as sy wou.

 
Link to comment
Share on other sites

MJ: Sou jy 'n frame swop doen vir 'n ou wat dit doelbewus vir 8 weke deur sy alie probeer trek? Dalk sou hulle dit actually gedoen het as jy beter na die ding gekyk het.  

 

Punt is ou bees, daar is vooraf vir my gese hulle gaan dit doen PLUS na ek die raam gaan haal het is daar nogsteeds volgehou met die leuen dat die frame geswop is.

 

En soos jy tereg gese het Merida - Ek het probeer, maar ek kon anyway nie daai GT breek nie! En mens SWOP anyway nie 'n frame wat niks makeer nie. Plus, waneer jy 'n frame swop is daar fout met die ding so JY KAN NIKS DAARMEE DOEN ANYWAY NIE! En neem in ag dat ek wel my frame 6 maande later moes laat swop vir 'n "kosmetiese kraak" wat volgens FPC geswop MOET word - Ek het nie gedink dit is nodig nie.

 

Sommige mense laaik FPC - sommige mense doen nie. Dis jou reg om te dink die son skyn uit hulle sterte uit en dit is my reg om van jou te verskil. As jy nie daarvan hou nie, stem vir die ANC.

 

 
MJ loves MTB2009-11-15 12:29:21
Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout