Jump to content

Recommended Posts

Posted

SUID-KAAP: ?Vervang spoorlyn met fietspad?

 

TISHA STEYN

 

 

 

18/10/2007 10:57:14 PM - (SA)

 

 

 

GEORGE.? Omskep die treinspoor tussen George en Knysna in ?n fietspad.

 

 

 

 

 

D?t is die voorstel van mnr. John Stegmann (70), ?n argitek van Plettenbergbaai, wat meen die spoorlyn waarlangs die Outeniqua Choo-Tjoe jare lank duisende toeriste vervoer het, gaan nooit weer herstel word nadat dit in Augustus verlede jaar deur erge oorstromings verniel is nie.

 

 

 

 

 

?Ons het die natuurskoon, interessante plekke en ideale weerstoestande heeljaar deur, maar ons het nie ?n fietstoerbedryf nie omdat ons nie die nodige geriewe het nie,? het Stegmann ges?.

 

 

 

 

 

Hy meen die spoorlyn kan deel uitmaak van ?n 350 km-fietspad tussen George en Port Elizabeth waarlangs gesoute fietsryers asook bejaardes en ouers met kinders vir kort fietsryuitstappies kan gaan in en om die dorpe waardeur die spoorlyn loop.

 

 

 

 

 

Volgens Stegmann is die fietstoer?bedryf goed gevestig in Europa en kan dit net so maklik hier in ?n multi?miljoenrand-bedryf omskep word.

 

 

 

 

 

?As die Argus-Pick ?n Pay-fietstoer inkomste van sowat R400 miljoen vir Kaapstad kan verdien, dink net watter inkomste dit in 365 dae per jaar vir toerisme tussen George en Port Elizabeth kan doen,? het Stegmann, wat in die sewentigerjare die eerste twee Argus-fietstoere gere?l het, bygevoeg.

 

 

 

 

 

Hy meen die spoorlyn tussen ?George en Knysna kan maklik vervang word met ?n fietspad wat uitsluitlik vir fietsryers is, soos di? wat in Europa gebruik word.

 

 

 

 

 

Die deel tussen Knysna en Port Elizabeth sal moeiliker wees, want hier is nie ?n bestaande spoorlyn nie en grond sal onteien moet word.

 

 

 

 

 

Hy meen ?n nasionale departement sal verantwoordelikheid vir die fietsrybaan moet aanvaar omdat dit deur verskeie munisipale gebiede en twee provinsies sal loop.

 

 

 

 

 

Stegmann het ges? die Bitou-munisipaliteit het die opknapping van die spoorlyn op Plettenbergbaai by hul ruimtelike ontwikkelingsraamwerk ingesluit en s? ver gevorder met die regering se plan dat dorpe alternatiewe vervoer as motorvoertuie daar moet stel.

 

 

 

 

 

Mnr. Rob Drummond en sy vrou, Sandra, die eienaars van die Track29-restaurant op Wildernis, het gister ges? hulle wil eerder die trein terugh?.

 

 

 

 

 

?Dis ons ikoon. Dit het soveel emosies by al ons gaste ontlok wat ?n fietsryer nooit gaan doen nie,? het Drummond ges?.

 

 

 

 

 

Mnr. Anthony Cooper, ?n fietsryer en vorige voorsitter van die Suid-Kaapse Fietsry-assosiasie, is baie opgewonde oor die idee om ten minste ?n fietspad tussen Wildernis en Knysna te h?.

 

 

 

 

 

?Daar is meer as 700 fietsryers in George, Mosselbaai en Knysna en die baan deur pragtige natuurskoon sal beslis ?n wenner wees vir plaaslike ryers sowel as toeriste,? het hy ges?.

 

 

 

 

 

Mnr. Wikus van der Walt van Ecobound, wat fietsrybyeenskoms?te soos die To Hell and Back-fietstoer en die Trans-Baviaans-fietstoer re?l, meen ook dis ?n goeie idee.

 

 

 

 

 

?Ons re?l jaarliks byeenkomste waaraan 2 000 fietsryers deelneem, en ons kan s? ?n roete insluit.?

 

 

 

 

 

Mnr. Luderich Barnard van die George-toerismeburo het ges?: ?Dis nie ?n slegte idee om die treinspoor te omskep in ?n fietsrybaan nie, maar waar paaie die spoorlyn kruis, kan dit gevaarlik wees.?

 

 

 

 

 

Barnard meen ook dit sal baie geld kos wat geen private instelling sal kan bekostig nie.

 

 

 

 

 

Me. Eleanore Bouw-Spies, die burgemeester van Knysna, wat ?n taakspan aangestel het om die moontlikhede rakende die herstel van die spoorlyn te ondersoek, het gister ges? hulle sou eerder die trein wou terugh?, maar al die moontlikhede sal oorweeg word.

 

 

 

 

Posted

John Stegman is one of the founders of the argus with Bill Mylrea. One of the driving forces behind the argus was to get funds to make capetown more bike friendly.

 

unfortunately the funds gained from the argus did not go to that, even though a lot of charities benefitted.

 

the "rails 2 trails" initiative is very well known overseas

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout