Marius, jy kan met my Votec 'n keer ry en voel of hulle beter stop. Ek ry met Magura Louise Freeride op my fully en met Magura Marta's op my hardtail. Altwee gee ongelooflike stopkrag. Glo my die Marta's is ook nie so swaar nie. Op my vrou se fiets is 'n paar Magura HS33's. Hydrolic v-brakes en hulle werk ook bitter goed. Groot nadeel met disc's is vir my by nat weer. Die modder is ok, maar die water gaan sit tussen die disc en die pads. Veroorsaak dat die pads opraak al rem jy nie.