Jump to content

OFM Classic 3 November Bloemfontein


Recommended Posts

Posted

Daai is seker nie te erg as die wind van voor is dan sal hy nie so warm voel ry maar net by die bome langs dan sal dit beter wees en as jy warm kry, gooi water oor jou dit behoort lekker koel te raak.

 

Wel niemand het gese dit gaan maklik wees nie. Hoe warmer die race hoe kouer die bier agterna.

  • Replies 334
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Ek gaan die OFM die eerste keer in 3 jaar mis hierdie jaar. Ons gaan die 5150 driekamp in Germiston doen hierdie naweek. Ek het die driekamp oefening meer nodig as die lang fietsrit.

 

Ek hoop regtig die deelname is goed, want dit is 'n baie lekker race en een van die min in ons area. Dit sal sleg wees as dit nie 'n borg kan vasmaak vir die toekoms nie.

 

Geniet die race Sondag ouens.

Posted

Wel kom ons wees nou maar eerlik.... dit hang alles van die bondel af... As jou bondel 37km op die highway rol en mooi saamwerk gaan jy verseker sub 3 kan doen. As die bondel egter "lui" is en 34km average kan jy maar vergeet...

 

Teen die tyd wat jy by die Golfbaan kom (+-75km) moet jou average 37 wees aangesien dit minder gaan wees die laaste 35km.......

 

Dan moet mens net die voorbondel kry, daar is gewoontlik die meeste in wat we'll n goeie tyd wil he so dit is waar mens moet wees, en dan moet daar nie wees wat weg wil breek en off wil gaan op hulle eie nie.

Posted

Wel op die stadium dink ek ook eerder aan die 3.15 na 3.30 kant toe. Het Maandag en Dinsdag redelik ingesit met draf en swem intervals en gym. Gistermiddag/aand na werk 18km gaan draf en toe 'n paar wyne gevat.

 

My bene is bietjie op. Het beplan om vandag nog redelik te oefen maar gaan dalk net 'n swem doen.

 

Sal verseker die mtb Saterdag rustig vat al ry ek hom op die singlespeed (eintlik goed want ek spin baie meer) en dan sien hoe lyk Sondag, afhangende soos Garfield se van die groep.

 

Ek is elke jaar laterig by die begin so begin gewoonlik heel agter in die groep en moet myself dan breek aan die begin om by 'n ok groep uit te kom of val dan maar in by die voorste ouens van die groep na my.

Posted

Jawel ek sou gehoop het die Casino doen bietjie moeite met `n "groter" expo. Mens wil graag die "vibe" kry soos by Argus en 94.7......

 

Maar nou ja daar is seker nie genoeg voete nie...

Ja dit is maar inlyn met die normale klein wedrenne, nie te sleg nie, maar moet nie veel verwag nie!
Posted (edited)

Ek wil graag 5 poste hier adverteer:-

 

Dit is vir SONDAG se race.

 

Die 5 gelukkige ouens sal deel uitmaak van my span. Die bevooregte ouens wat die vakature vul sal na verwys word as "domestiques" en hoewel seker engelse mense ook daarna verwys as "sacrificial lambs" moet julle nie daaraan steur nie.....

 

4 van die 5 poste is ouens wat moet voor ry en die bondel se gemiddelde spoed hoog hou. Onder geen omstandighede mag julle toelaat dat ek wind kry nie dit is baie NB. Indien dit sou gebeur dat ek `n pap wiel kry sal ek verwag dat een van julle vir my julle wiel sal gee terwyl die ander 3 my dan sal terug trek in die bondel in. Voel ook vry om my teen opdraendes op te stoot.

 

Die 5de persoon is die "waterboy" en hy moet sorg dat almal se waterbottels vol bly.

 

My taak is om seker te maak julle almal doen julle werk.

 

Saam kan ons soveel meer bereik.

 

Hierdie is `n wonderlike geleentheid vir 5 mense om bietjie "terug te sit in die sport in". Onthou, fietsry is die wenner aan die einde van die dag...

 

Aansoeke sluit more aand 8PM. Laat die CV's begin inrol....

 

PS:- Indien daar meer as 5 aansoeke is sal ek oorweeg om die span te vergroot.

Edited by Garfield2010
Posted (edited)

Ek wil graag 5 poste hier adverteer:-

 

Dit is vir Saterdag se race.

 

Die 5 gelukkige 5 ouens sal deel uitmaak van my span. Die bevorregde ouens wat die vakature vul sal na verwys word as "domestiques" en hoewel seker engelse mense ook daarna verwys as "sacrificial lambs" moet julle nie daaraan steer nie.....

 

4 van die 5 poste is ouens wat moet voor ry en die bondel se gemiddelde spoed hoog hou. Onder geen omstandighede mag julle toelaat dat ek wind kry nie dit is baie NB. Indien dit sou gebeur dat ek `n pap wiel kry sal ek verwag dat een van julle vir my julle wiel sal gee terwyl die ander 3 my dan sal terug trek in die bondel in. Voel ook vry om my teen opdraendes op te stoot.

 

Die 5de persoon is die "waterboy" en hy moet sorg dat almal se waterbottels vol bly.

 

My taak is om seker te maak julle almal doen julle werk.

 

Saam kan ons soveel meer bereik.

 

Hierdie is `n wonderlike geleentheid vir 5 mense om bietjie "terug te sit in die sport in". Onthou, fietsry is die wenner aan die einde van die dag...

 

Aansoeke sluit more aand 8PM. Laat die CV's begin inrol....

 

PS:- Indien daar meer as 5 aansoeke is sal ek oorweeg om die span te vergroot.

 

EK het 'n soortgelyke pos beskikbaar MAAAAR jy hoef nie so hard te ry nie, dus minder effort. Net 4 ure target.

PLus ek sal braaibroodjies ingooi na die tyd

 

 

 

Hehe

Good luck met jou ""quest" garfield

Edited by Mailman7412
Posted

Ha ha joh baie goeie job om te he, maybe moet ek my cv stuur vir jou, maybe kry ek die job, ek sal die waterboy wees wat teen alle, agter jou sal wees en jou afkoel met water en n sambreel vir jou kry laat jy nie brand of iets en n letter rotweiler kry wat die voorste ryers aan help as hulle te stadig gaan.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout