Jump to content

Recommended Posts

  • Replies 55
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Posted

Vragmotor ry vroue van Worcester dood

 

http://www.dieburger...-worcester-dood

 

KAAPSTAD. – ’n Blinde onderwyseres en ’n verpleegkundige van die Pionierskool vir siggestremdes in Worcester is gisteroggend dood toe hulle op hul tandemfiets buite Worcester onder ’n vragmotor beland het.

Mariana Steyl (54), ’n braille-spesialis, is omstreeks 06:50 op die hoek van Robertsonweg en Perkinsstraat dood.

 

Madelaine van der Merwe (46), wat voor op die fiets gery het, is ’n paar uur later in die Medi City-hospitaal in Worcester oorlede.

Kapt. Frederick van Wyk, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die vragmotor het vermoedelik bo-oor die twee vroue gery.

“Die vragmotor het glo uit Robertsonweg in Perkinsstraat ingedraai terwyl die fietsryers van Worcester in die rigting van Robertson gery het.

“Die fietsryers en die vragmotor het gebots en voor die linkerkantse dubbele agterwiele beland.”

 

Marietha Meiring, ’n sielkundige van dié skool, het gister gesê die twee het vir die Argus-fietstoer geoefen.

“Hulle het in 2011 ook aan die fietstoer deelgeneem en het gewoonlik smiddae geoefen. Omdat dit egter vakansie is, het hulle vanoggend (gisteroggend) gery.”

’n Bedroefde Paul Greyling, hoof van die Pionierskool, het albei as steunpilare in die gemeenskap beskryf.

“Dit is ’n geweldige skok. Hulle is onvervangbaar en het kennis gehad wat bitter min mense in hul vakgebiede het.”

Volgens hom was Steyl 30 jaar lank werksaam by die skool en Van der Merwe die afgelope 17 jaar.

Van der Merwe het verlede jaar haar MPhil in gestremdhede aan die Universiteit van Kaapstad voltooi.

 

Stephen Hayward, voorsitter van Pedal Power Association, ’n organisasie wat hom beywer vir die regte van fietsryers, het gesê die slagoffers se dood kon vermy gewees het indien die Wes-Kaapse regulasies oor die veiligheid van fietsryers gehoorsaam is.

“Ingevolge die regulasies moet motorbestuurders minstens ’n meter tussen hul voertuig en ’n fietsryer laat totdat die voertuig verby die fietsryer is.

 

“Motoriste maak dit toenemend moeilik vir fietsryers om veilig op die paaie te beweeg. Ons vind ook gereeld dat motoriste aspris nader aan ons sal ry, en baie fietsryers is al deur die kantspieël van ’n voertuig getref,” het Hayward gesê.

Van der Merwe word oorleef deur haar man, twee dogters en haar pa, suster en broer.

Steyl word oorleef deur haar dogter, ma, ’n broer en twee susters. Haar man is in September aan kanker oorlede.

 

Begrafnisreëlings is nog nie getref nie.

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout