Jump to content

Sundays race in Bloemfontein bicycle accident into taxi


nathrix

Recommended Posts

Posted

Any posts on this on the hub I missed and which race was this?

 

Net ’n ‘wit ding’, toe tref 4 fietsryers taxi

 

http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/net-n-wit-ding-toe-tref-4-fietsryers-taxi-20161103

 

 

Twee van die fietsryers wat Sondagoggend teen ’n minibustaxi gebots het terwyl hulle aan ’n fietswedren in Bloemfontein deelgeneem het, sê hulle het nie gesien wat hulle getref het nie.

 

Janneman van Aardt (56), ’n bemarker van dieregesondheidsprodukte in Burgersdorp in die Oos-Kaap, en Koos Duvenage (65), ’n pensioentrekker van Riebeeckstad, is twee van die vier fietsryers wat Sondag net ná 07:30 deur ’n wit minibustaxi in George Lubbestraat, naby Freedom Square en Namibië, getref is.

 

Lesley Massey en Elana du Plessis is ook in die ongeluk beseer. Al vier die beseerdes word in die Mediclinic Bloemfontein behandel.

 

Van Aardt, wat die ergste seergekry het en aanvanklik in die intensiewesorgeenheid was, is gister ontslaan.

 

Sy linkerarm is gebreek en hy het verskeie skaafmerke aan sy been en gesig opgedoen.

 

“Die volgende oomblik het mense by die kruising – ek weet nie of daar verkeersbeamptes of net mense was nie – geskreeu: ‘Watch out. Pas op.’

 

“Die laaste ding wat ek gesien het, was ’n wit ding voor my. Ek het dit eerste getref. Toe ek wakker word, lê ek op die teerpad,” sê Van Aardt.

 

Volgens hom het sowat tien fietsryers geval, maar is net hy en die drie ander fiets­ryers deur die taxi getref. Die ander het oor mekaar geval.

 

Hy het later gehoor dit was ’n taxi wat hulle getref het en hy het die slegste daarvan afgekom.

 

Duvenage sê ook hy het nie gesien wat hulle getref het nie; net ’n “wit ding” voor hom.

 

“Ek het dit eers gesien toe ek mense gehoor skreeu het: ‘Nee, nee . . . wat doen jy?’ Daar was nie tyd om enigiets te doen nie.

 

“Ons het die wit ding aan die agterkant getref. Ek het nie eens geweet dit is ’n taxi nie. Dit het so vinnig gebeur. Dit het geklink of ’n kar ’n ander kar stamp, so hard het ons dit getref,” sê hy.

 

Volgens Duvenage het ’n vroulike fietsryer gestop en by hom op die ambulans gewag.

 

Hy het sy heupbeen en duim gekraak en gaan nou ses weke lank rehabilitasie ondergaan.

 

Albei die mans sê hulle gaan aanhou fietsry.

 

Die omstanders het glo gesê hulle weet wie die bestuurder van die taxi is.

 

Sers. Ikobeng Hlubi, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig en gesê niemand is nog in hegtenis geneem nie.

 

’n Klag van roekelose en nalatige bestuur word ondersoek.

 

Liandri van Niekerk van die Pedal Power Association (PPA) wat die jaarlikse padwedren organiseer, sê die PPA is geskok oor die voorval.

 

Hulle probeer ook die bestuurder opspoor.

 

“Dit is hartseer dat sulke dinge gebeur. Ons probeer hom ook opspoor en wil nie hê hy moet skotvry hiervan afkom nie,” sê sy.

 

Van Aardt was gister vol lof vir die personeel van die Mediclinic en ER24, wat hulle na die hospitaal gebring het. Enigeen met inligting oor die voorval word versoek om Van Niekerk by 051-436-0711 te bel.

Posted

We talked about this on another thread. How the race organizers can let the race go through an informal settlement early on a Sunday morning is beyond me. 

 

The Race was the PPA Mangaung Classic, previously known as the OFM MTN Classic. PPA took ownership of this race after the sponsors pulled out I think in 2014

Posted

When we rolled past it just after it happened there was a white car parked there, so not sure if they mean a taxi in the normal sense of a mini bus, probably the smaller ones. . . Ie a corolla or Cressida that is being used as a taxi

Archived

This topic is now archived and is closed to further replies.

Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout