Jump to content

Recommended Posts

Posted

Hierdie is 'n berig vroeer vanjaar, maar is die ou sening gat nie 'n inspirasie vir ons jong outjies:

 

 

 

20071017_001203_wiele.JPG

 

 

 

Ysterman-woema ook vir ?doodgewone? mense

 

Jackie Pienaar 21/04/2007 12:28:20 AM - (SA)

 

KAAPSTAD. ? Die lewe m??t beter wees as d?t, het Mari Visagie ses jaar gelede besluit.

 

 

 

Haar gewig was op 82 kg (vir iemand van 1,57 m kwaai oorgewig), sy het reeds drie jaar lank met erge depressie gesukkel en het ook ander gesondheidsprobleme begin ondervind.

 

 

 

Dit was t?? dat sy begin draf en onder die toesig van ?n persoonlike instrukteur drie keer ?n week in ?n gimnasium begin oefen het.

 

 

 

Visagie was 35 en dit was die eerste keer in haar volwasse lewe dat sy ?n sport beoefen het.

 

 

 

Dat sy ses jaar later uiteindelik by een van die moordendste uithoukompetisies sou opeindig ? ?n uitblink ? het sy nie in haar wildste drome voorsien nie.

 

 

 

Visagie was een van minstens 12 Durbanvillers ? nege van hulle van die Durbanville-atletiekklub ? wat aan die onlangse Ysterman-kompetisie in Port Elizabeth deelgeneem ?n dit voltooi het.

 

 

 

Sy het ?n verrassende derde plek in haar ouderdomskategorie behaal in ?n tyd van 12:15:15 vir die opeenvolgende 3,8 km-swem, 180 km-fietsry en vol marathon (42,2 km).

 

 

 

?Ons is almal verantwoordelik vir ons eie gesondheid,? s? Visagie, wat intussen ook twee kinders gehad en met haar eerste kind boonop swangerskap-diabetes ontwikkel het. ?Dit is ?n geestesingesteldheid. As ?k dit kan doen, kan enigiemand. Ek is net ?n gewone mens. Maar ek het ook baie genade ontvang.?

 

 

 

Nog ?n Durbanviller wat uitgeblink het ? maar in di? geval een van wie dit verwag is ? is Hennie (Wiele) Wentzel.

 

 

 

Op 57 is hy o?n?skynlik geensins minder aktief as toe hy jare gelede drie keer die Argus-fietstoer gewen en nasionale kleure in baan- ?n padfietsry verwerf het nie.

 

 

 

Di? top-fietsryer het intussen ook ?n top-drawwer geword, nasionale kleure in driekamp verwerf en op 41 die veterane-afdeling van die tweekamp-w?reldkampioenskap ge?wen.

 

 

 

Di? wat weet, s? sy beste marathontyd van 02:54:55 ? op 50-jarige ouderdom ? is deksels vinnig.

 

 

 

Nou het hy dit drie uit drie gemaak toe hy weer sy ouderdomskategorie in ?n plaaslike Ysterman-kompetisie gewen het (10:41:27).

 

 

 

Algeheel was Wentzel 87ste uit die 1 406 deelnemers van 33 lande wat weggespring het.

 

 

 

Tog is dit vir die deelnemers ?wat die hele dag vat om klaar te maak? wat Wentzel sy hoed afhaal.

 

 

 

?Dis ?n lang dag. Ons het al klaar ge?et, dan swoeg hulle nog op die pad,? s? hy oor die hordes wat ure later nog voortbeur en nie altyd die middernagtelike afsnytyd van 17 uur haal nie.

 

 

 

Selfs vir diegene vir wie sport ?n leefwyse is, is Ysterman-voorbereiding straf.

 

 

 

Vir Wentzel het dit beteken maande lank soggens halfvyf opstaan om te gaan swem in ?n gimnasium, gevolg deur ?n vol dag se werk, gevolg deur draf of fietsry n? werk.

 

 

 

In totaal was dit weekliks tussen 4 km en 5 km swem, 400 km fietsry, en tussen 50 km en 60 km draf.

 

 

 

Soos met ?n kompetisie van di? aard verwag kan word, is daar egter ook teleurstellings.

 

 

 

Altesame 37 deelnemers moes vanjaar reeds met die swembeen die aftog blaas omdat hulle nie die afsnytyd van 02:20 kon haal nie. Dieselfde getal het in die fietsrybeen tou opgegooi en 24 in die marathon.

 

 

 

Dit is nou buiten die 168 wat nie opgedaag het nie. Baie het gekla oor ?n sterk stroom wat hulle tot in die malende water onder die hawehoof gespoel het. Onder hulle was ?n erg teleurgestelde vrou wat al die pad van Kanada gekom het.

 

 

 

Die teleurstelling kan egter nie altyd net aan buite-faktore toegeskryf word nie. Soos in die geval van die veertigs-plus-deelnemer van die noordelike voorstede, wie se naam liefs verswyg word, wat n? die tyd gehoor is toe hy mompel: ?Dis nou tyd dat ek grootword.?

 

 

 

Die rede? N? die maande lange opofferings kon hy die aand voor die Ysterman-kompetisie nie die voggies weerstaan nie. Hy het steeds in ?n heel skaflike 11:52 klaargemaak, maar deurentyd met die nagevolge van die vorige nag geworstel en uiteindelik self sy droom van ?n sub-elf beduiwel.

 

 

 

 

Posted

Hennie Wentzel is an inspiration to the youth. Seems his 2 boys did not cut the grade at cycling. Hennie is so dedicated to his sport and fitness. Also a very nice person to talk to. I have trained cycling with him for many many weekends!

Posted

Pops,

 

wat het van die 2 seuns geraak. het vir Conrad by die Giro raakgeloop waar hy ge-spectate het. hy het gese hy ry nog fiets, sien hom nooit? en ouboet bodybuild glo? is my informante korrek?

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout