Jump to content

Cherise se lewe is ?n dolle gejaag - Tswane Beeld


Recommended Posts

Posted

Cherise se lewe is ?n dolle gejaag tussen boeke en fietsrenne
Nov 08 2006 01:49:08:917PM  - (SA)  

Wilhelm de Swardt

Gou ?n bietjie leer, dan gaan oefen om ?n fiets vinnig genoeg te trap.

Anders gestel, dit gaan dol in Cherise Taylor van die Ho?rskool Garsfontein se lewe.

Vyf dae per week knoop sy die stryd met haar skoolhandboeke aan. Want sien, daar is die kwessie van ?n gr.11-eksamen wat sy moet deurkom anders moet sy dalk van fietsry vergeet.

Taylor bieg dat sy, wat haar skoolwerk betref, in ?n erge oorlewingstryd gewikkel is. Veral wanneer sy al daardie ingewikkelde wiskundige formules probeer verstaan.

Op die fiets is dit egter ?n ander saak. Di? 17-jarige, wat Maandag verjaar het, is besig om almal te verbaas.

Sy het die afgelope twee weke in twee van die grootste plaaslike wedrenne derde ge?indig.

Eers was sy derde in Telkom se Satelliet-wedren en die afgelope Sondag derde in Bloemfontein se OFM Classic-ren.

Wat die vertonings merkwaardig maak, is die feit dat die meeste van Taylor se teenstanders minstens agt jaar ouer as sy is en dat sy op ?n fiets met junior ratte ry.

Dit beteken sy moet amper twee keer harder trap om voor te bly.

Taylor skryf haar sukses toe aan die amper twee maande wat sy in Europa fiets gery het.

?Ek het daar geleer om vas te byt al kry ek h?? swaar. Dit is nooit net j?? bene wat moeg raak nie. Die ander jaers kry net so swaar.?

Een van die groot bekommernisse is of Taylor nie ? soos soveel ander belowende jong vroue-atlete ? te vroeg te veel doen nie en gaan uitbrand voordat sy haar volle potensiaal verwesenlik het.

?Ek is bewus van die gevare, daarom werk ek en my afrigter, Jaco Ferreira, baie nou saam. Big%20smile

?Hy monitor my deurgaans om seker te maak dat ek my nie te veel ooreis nie.

?Die twee derde plekke wat ek behaal het, is great, maar dit is nie die rede waarom ek fietsry nie.

?Vandat ek ernstig begin fietsry het, is dit my doelwit om op ?n w?reldbyeenkoms of spele vir Suid-Afrika ?n medalje te wen en om vir ?n Europese beroepspan fiets te ry.?

Taylor s? reguit dat aanstaande jaar nog doller gaan wees.

Dit is haar matriekjaar.

?My pa het dit duidelik aan my gestel dat ek sonder ?n matrieksertifikaat maar kan vergeet om fiets te ry.

?Dit gaan moeilik wees. Ek sal maar met die onderwysers moet gaan praat en hoor hoe hulle my kan help.?

Taylor is vol lof oor hoe Suid-Afrika se vroueberoepsjaers haar ondersteun.

?Ek het al soveel by Ronel van Wyk, Marissa van der Merwe en Anri?tte Schoeman geleer.

?Gedurende die wedrenne sal een van hulle sommer langs my kom ry en my raad gee,? s? Taylor

Posted

.

?Ek het al soveel by Ronel van Wyk' date=' Marissa van der Merwe en Anri?tte Schoeman geleer.

?Gedurende die wedrenne sal een van hulle sommer langs my kom ry en my raad gee,? s? Taylor

[/quote']

 

Ai....
Posted

Member Profile: TaylorchickActive Stats

Avatar 
Username:Taylorchick
Group:Rookie Rookie

Account Status:Active
Online Status:Offline
Joined:11 Aug 2006 at 5:39pm
Last Visit:28 Sep 2006 at 9:34am
Posts:1 [0.01 posts per day]

Not on the Hub Much Lately then....
Posted

Crux and Jaco have the ingredients to take Cherise to the levels she aspires for herself . To Mr and Mrs Taylor keep it that way and make sure the pro contracts that will be passed her way does cater for her dreams, not only the sponsors mileage as this is the root cause to 

our cyclists not achieving for both themselves and our country.

 

 An example Microsoft is the best in SA, what have they achieved in Europe that can be written about ?

 

Crux as I said earlier " It is time you put together your own elite ladies team " Cycling needs you and I am convinced you have the ability to deliver. 

 

 
Posted
It is time you put together your own elite ladies team " Cycling needs you and I am convinced you have the ability to deliver. 

  

 

A ladies and a tandem team. Imagine that amount of exposure. I know they already have a few tandem riders. One day I will ride for their MTB team, just watch me.

 

 
Posted

Big%20smile

 

Almal van ons se lewe is n gejaag....praat van werk en deadlines..huis se maintenance en sy dinge en veral as jou familie siek is dan moet ek staan en kook...dan kom daar nog my eie studies...waar pas ek nog fietsry en hengel in ????

 

Moenie praat van my twee oudste honde wat besig is om blind te word...ek moet hulle keer op keer hul kos onder hulle nuese sit sodat daai bliksemse Jack Russel hulle nie beroof nie..

 

Vir al hirdie dinge vind ek tyd..ek maak tyd beskikbaar...they call it Time Management...Cherise needs to learn a thing or two about this...courses are offered..she is gonna need it in her Matric year.. 

"DT Thumbs%20Up"

 

 
Posted
Ermm Ai DT...  With all her achievements you don't perhaps think you can learn something about "Time Management" from this youngster?
Posted
Big%20smile

 

what one can take from this is that she's out of mischief ..... compared to lotsa girls her age...

 

"DT Thumbs%20Up"

 

en haar gat gaan slae kry as sy begin.

 

 

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout