Jump to content

Maas :Ombudsman antwoord


rmatt

Recommended Posts

"Fascistiese fiets-twatte" lees Maas-satire mis

 

Die Burger 8 Des. 2006 Bladsy 19 verwys. Die Ombudsman se beslissing rakende klagtes oor Maas se artikels  
Link to comment
Share on other sites

  • Replies 33
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Berig in Die Burger 8/12/06 : LAAT die ombudsman van Die Burger onmiddellik sy belange verklaar: ek is 'n fietsryer, hoewel nie kompeterend deur aan wedrenne soos die Argus-Pick 'n Pay of enige ander fietstoer deel te neem nie. Meer om die ouderdom af te weer deur drie keer per week die steil strate van Somerset-Wes aan te durf teen die hange van die Helderberg.

Ek het al geval en my arm gebreek, maar nie omdat Deon Maas se Stigting vir die Uitwissing van Fietsryers (SUF) waaroor hy verlede week in By geskryf het ("Vat so, julle fascistiese fiets-twatte", 2 Desember, bl. 12), my as fascistiese fiets-twat van die pad af wou ry nie.

Nou het Maas 'n stroom verontwaardigde en selfs woedende fietsryers die pen laat opneem het 'n groep fietsryers selfs 'n klag by die Suid-Afrikaanse persombudsman, mnr. Ed Linington, ingedien. (Lees 'n paar van die briewe en wat deur die nasionale redakteur van By, Liza Albrecht, m?re in di? bylae gepubliseer word.) Die briewe kom van die sirkulasiegebied van al drie die dagblaaie van Media24 wat By op Saterdag publiseer, Beeld, Die Burger en Volksblad. Die meeste besware van die fietsryers stem ongeveer ooreen met die volgende woorde van mnr. Buckley Gouws van Bellville.

"Ek wil beswaar maak teen die absurde en beledigende artikel deur Deon Maas in By," skryf Gouws.
"Ek kan nie aanvaar dat 'n redakteur kan toelaat dat sulke soort haatspraak-artikels gepubliseer kan word nie.
"Dit is absoluut verregaande dat iemand so iets kan kwytraak en boonop nog daarmee kan wegkom.
"As dit bedoel was as 'n humoristiese stukkie joernalistiek, dink ek mnr. Maas het 'n siek sin vir humor.
"Daar sterf genoeg mense op ons paaie, ons het nie nodig dat koerante die omry van fietsryers aanhits nie." Gouws vra dat die koerante die eerbare ding moet doen en 'n verskoning plaas van Deon Maas aan die fietsryers van Suid-Afrika.

Die redakteur van die uitgawe van By wat in Beeld, Die Burger se susterkoerant in die Noorde, verskyn, Andriette Stofberg, se reaksie, soos di? van Albrecht, som die redes vir die publikasie van Maas se rubriek goed op.

"Natuurlik deel nie By of Beeld of ek of selfs Deon Maas sentimente soos dat fietsryers uitgewis moet word nie. Heelwat van Beeld se redaksielede is fietsryers en my eie kinders ry fiets," skryf Stofberg.

"As u Maas se rubriek al lees van die begin af, sal u besef dat die rubriek satiries is - met ander woorde, hy neem gewoonlik 'n kwessie wat aktueel is en speel dan duiwelsadvokaat: hy oorbeklemtoon die kwessie deur dit vanuit 'n ekstreme, omstrede hoek te benader - juis sodat dit mense aan die dink en debatteer moet sit.

"In hierdie geval het dit gegaan oor 'n berig wat Beeld (en ook Die Burger) verlede week gepubliseer het van fietsryers van 'n klub (wat die hele pad vol gery het) wat 'n motorryer agtervolg en aangerand het en sy motor beskadig het omdat hy dit durf waag het om vir hulle te toet om vir hom as mede-padgebruiker ruimte te gee om verby te kan steek. Die fietsryers se gedrag was uiteraard onaanvaarbaar. (Nes daardie vragmotorbestuurder se gedrag gister waaroor ons vandag berig, wat 'n fietsryer omgestamp het.)

"Wat Maas gedoen het, is om motoriste se frustrasie uit te lig met fietsryers wat gou is om die vinger na hulle te wys, maar nie self hou by die padre?ls nie. Al is dit net 'n klein groepie fietsryers wat dit doen. Soos wat dit ook 'n klein groepie motoriste is wat soos daardie vragmotorbestuurder sal optree. Deur die rubriek s? te skryf, probeer Maas aantoon hoe gevaarlik hierdie frustrasie onder motoriste kan raak. DIT is wat 'n satire doen."

Stofberg skryf dat Maas in sy doel geslaag het en dat dit juis blyk uit die reaksie op die rubriek. "Nie net uit die mense wat so kwaad raak dat hulle briewe daaroor skryf nie, maar elkeen van ons motorryers wat al so woedend vir fietsryers geword het dat hulle nare gedagtes gekoester het (wat hulle waarskynlik nooit sal erken nie en ook nooit hardop sal uitspreek nie). Maas doen die onaanvaarbare: hy spreek hierdie gedagtes hardop uit - sodat mense kan besef hoe onaanvaarbaar dit is."

Linington het in 'n kort antwoord die klaers se klagte van die hand gewys en skryf "lesers (sal) dit verstaan as 'n satiriese artikel oor padveiligheid en fietsryers en nie as aanhitsing tot uitwissing van fietsryers nie."

Hy wys daarop dat Maas se vermelding van "die launch van SUF" nie buite die perke van vryheid van spraak in die Grondwet is nie, maar dat hy van mening is die koerante (Beeld in hierdie geval) moet die reaksie van fietsryers publiseer deur 'n seleksie van die klaers se briewe te plaas.

Ek moet benadruk dat Maas se rubriek, waarin hy ook m?re in By op die reaksie van fietsryers antwoord, inderdaad satire is. Die woordeboekdefinisie van satire is: "1. Hekelende dig- of prosawerk. 2. Literatuur v.d. soort. 3. Iets anders wat skerp, hekelend spot m.d. lewe, bv. skilderye, tekeninge, rolprente. 4. Spotvers, skimpdig, hekeldig." (Pharos se aanlyn-verklarende woordeboek.)

'n Rubriek is, anders as feitelike nuusversl*ggewing, maatskaplike kommentaar. Van Homerus se Odusseia tot Swift se Gulliver's Travels tot Etienne Leroux se Magersfontein, o Magersfontein! is satire een van die belangrikste vorms waarmee die samelewing se onhebbelikhede ontbloot kan word.

En nee, ek kyk nie skielik oor my skouer om die SUF se aanvalle op my fiets en lyf te vermy nie!
Humor kom inderdaad in verskillende gedaantes voor.

Link to comment
Share on other sites

After reading this I feel that advocating the establishment of two very specific organisations would also be deemed to be in the ambit of free speech:

 

 

 

The league for the prevention of the abuse of hooters (LPAH) which will drag motorists out of their cars and beat them to a pulp if any cyclst or fellow motorist deems that they have abused their hooter.

 

 

 

THe association to assist drunk men and ugly women to have anal sex. (AADM (UW)AS) this association hangs around varisty campuses and bars and gang rapes drunk men and ugly women. (Especially for toohot!!!)

 

 

 

Both avocate illegal behaviour but thanks to Maas and satire I am looking for people to establish and staff these structure.......The flood gates of free speach have been opened!!!

Link to comment
Share on other sites

Verstaan ek nou reg? As ek 'n artikel skryf waarin ek oorlog aanhits tussen die bevolkings groepe in SA deur die gehate K#$$#%, kill the boer, kill the farmer, ens gebruik, dan s? ek dood eenvoudig dat dit 'n satire is?  Lekker, waars die MD? Gaan hom vloek en s? dis 'n satire!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Stem saam met Ewep! Ek't Saterdag mnr Asshole Maas se opvolg artikel gelees en is baie disgusted met dit, hy vra nie omverskoning nie, verduidelik net baie sarkasties wats die verskil tussen humor sin en satire, noem wel aan die einde van artikel dat mense asb nie die fietsryers moet raak ry nieConfusedAngry

Link to comment
Share on other sites

 

No-one wants to bugger a drunk student then?

 

http://smileys.smileycentral.com/cat/36/36_11_6.gifhttp://smileys.smileycentral.com/cat/36/36_11_6.gif

 

Link to comment
Share on other sites

FYI - I spoke to some of the cyclists in the club mentioned in the article.  The newspaper obviously took no interest in doing a proper investigation into the story and never bothered to get the other side of the story!

 

The other club guys said that this motorist was honking repeatadly and then took it upon himself to ride as close as possible to the cyclists while passing them. Doing this he managed to knock two cyclists off their bikes.

The rest of the group chased him down and one guy (actually a small oke) got to the motorist (big oke) as he stepped out of the car and floored him!! and I believe rightly so!!

 

I, for one am glad that cyclists are starting to do something about #$#$%$ that continualy hoot at us and shout and throw rude signs at us. Cyclists have had enough and in a lawless country like this one, it might be better if we start taking the law into our own hands as it doesnt seem to help if you take the route of laying a complaint at the police station.

 

Perhaps motorists will think twice before flying past a group of cyclists, nearly killing them,  if they the thought of being "klapped" crosses their minds!

 

In the east rand now you are 100% assured that no week will go by without some guy coming past you, even if you are riding singlefile, and nearly getting knocked over. This happed to me and 101% on thursday, yet again, and as before, these guys sh*t in their pants when the cyclist start chasing!!

 

Believe me, I am the first guy who thinks that sometimes cyclist are in-considerate and sometimes take up a whole road. This is true, BUT, have you ever heard of a cyclist killing a guy in a car by riding into him?? This does not happen. Therefore motorists need to remember that they are driving a dangerous weapon. You dont go and wave your gun around in a shopping mall, so why try and knock cyclists down?? Ask them yourself these questions:

 

How many cyclists have been killed in the last 12 months by motorists and How many motorists have been killed by cyclists?

How many incidents have you had in the last 6 months?

How many times was it a "near death" experience?

How many times have you been harrassed by drunk drivers?

 

Now, with regards to this Maas character - does anybody have any contact details and information about his business interests? Why does he hate cyclists so much? If this guy (satirical or not) is going to try and get people to knock down cyclists, then perhaps its time someone confronts him or hurts him where it hurs the most - his pocket! I heard this weekend that some of his customers have already withdrawen their business from him. Perhaps we can spread the word (satirically).

 

 

 

 

 
Link to comment
Share on other sites

koop hom n fiets sonder n saal en neem sy kar van hom af en laat hy met die fiets werk toe en terug ry !!!!!!!

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout