Jump to content

Prozac

Members
  • Posts

    672
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by Prozac

  1. I sold my 2011 Scott CR 1 Comp with full 6800 Ultegra and Mavic Ksyrium wheels at R12 500. Good luck with the sale ! im sure this will give you an idae . . .
  2. MT . . . Mike Tango . . . Moer Toe . . . jammer om te hoor !
  3. okay , please post the other pages . . .
  4. hier is so ietsie . . . elke biekie help . . . !
  5. Liewe Pa en MA Dit voel glad nie soos 'n week wat julle al weg is nie, want ek en Jannie geniet ons baie. Ek het eintlik vir Pa baie slegte nuus. Ou Anna wat in die huis sou ingeslaap het terwyl Pa-hulle oorsee is, se tannie is dood en ek het toe maar vir haar gesÄ™ sy kan die hele tyd wat pa hulle oorsee is by haar familie in Soweto kuier. Dalk het Pa haar tannie geken en is ek nou die een wat die slegte nuus moet oordra. Pa en Ma moet nou nie oor ons worry nie want ons is OK. Ek het Pa se nuwe suite vir haar man geleen vir die begrafnis, pa gee mos nie om nie. Ek het Pa se kruisboog uitgehaal so ons kan onsself verdedig. Jis, maar die ding skiet hÄ™? Ons het cowboys en kroeks gespeel toe skiet ek na daai ou bank van ma wat oumagrootjie nog vir haar gegee het. Die pyl gaan deur hom. Jannie het nogal baie bloed in hom. Ons het per ongeluk swembadsuur op die eetkamerstoele laat kom toe ons die houer laat omval het na dat ons daarvan op die bloedkolle gegooi het. Daai kolle sit nog, maar nie meer so erg nie. Die dokter wat vir Jannie steke in sy bout gesit het, het gesÄ™ ons moet dit liewers nie meer doen nie. Ek het toe maar die bank vir die mense gegee wat die vuilgoed wegry want ons moes hom stukkend sny om die pyl uit te kry. Gelukkig was dit die oue wat ma altyd sÄ™ kom van Napoleon se tyd af. Ek het my per ongeluk raak gesny en toe moes ek ook 'n paar steke kry. Die dokter se pa gaan ons moer. Pa, ek het toe daardie stellasie wat aan die dak van die garage hang wat pa altyd bang was val op die kar, vir pa afgehaal. Ek weet pa dink nou dit het bo-op die Ferrari geval, maar dit het nie, want ek het gedink dit sou 'n helse skade wees en toe trek ek en Jannie hom eers uit. Ongelukkig het die rak toe geval, maar net op die vloer en van die blikke verf het toe uitgespat en geloop. Van dit het teen ma se nuwe BMW gespat maar ons het dit dadelik met paintremover afgehaal. Ek weet nie hoekom nie maar dit het meer verf afgehaal as wat gespat het. Ek het pa se kar weer ingetrek, maar die vloer was toe baie glad van die verf en toe wou hy nie gou genoeg stop nie en nou staan 'n gedeelte van sy bonnet in die kombuis waar die stoof gestaan het. Die stoof is nou naby die yskaste waaroor ma dalk bly gaan wees, want sy sÄ™ mos altyd sy loop haar dood tussen die stoof en die yskas. Die kar se kattebak lyk nog mooi. Die stoof het ons aan vergeet op high en toe brand daai nuwe AMC pot so aan dat ek dit saam met die bank weggegooi het. Ons het gister vir ons lekker vleis in die kaggel gebraai want dit het gereent buite en die hout was ook alles nat. Jis, het pa geweet petrol ontplof as jy 'n blik vol oor die hout gooi. Pa s'n het nog nooit ontplof nie maar Jannie sÄ™ hy dink pa gooi diesel oor. Shame, die hond en ma se persiese kat het groot geskrik en die hele big screen TV omgehardloop. Hulle mae het sleg gespuit. Ek dink dit was van die skrik. Dit stink so effens in die studeerkamer. Die hond se maag het sleg gegaan op pa se stoel, die leer een in die studeerkamer. Daai noodhulplesse het nogal goed te pas gekom want ek het hulle dadelik in die Jacuzzi gegooi om die vlamme dood te maak. Ek dink hulle hou meer daarvan in die hitte noudat hulle nie meer hare het nie. Pa moenie worry oordat die borrels nie meer uitkom in die Jacuzzi nie.Ons het van daai verf wat op die garagevloer uitgeval het daar geverf en die gaatjies is bietjie gestop. Omdat ons die big screen gebreek het en ons nie kan TV kyk nie, slaap ons nou sommer in julle kamer en kyk daar TV. Die kaggel lyk nou kaal oor die Persiese mat nie meer daar is nie. Pa en ma moet julle nou oor niks bekommer nie. Ek het die versekering gebel en hulle het al kom kyk na wat gebeur het. Hulle sal seker binnekort kom regmaak omdat pa dit gereeld betaal het. Die ou wat hier was het gepraat van repireer oor nodige voorsorg wat pa getref het. Ek dink nie die ou wat hier was van die versekering kan spel nie want in die brief staan repudieer weens nodige voorsorg. Nou ja, ek is moeg geskryf en ons wil nog gaan kyk of ons nie die molle wat besig is in die tuin kan uitrook nie. Wagter het die oom wat die water en ligte lees sleg gebyt. Hy het uit die jaart gekom want Jannie het met die grassnyer deur die elektriese hek gery. Die sprinklers werk nie meer so lekker nie, hy het dit afgesny. Dit spuit nou regop in die lug, nou is dit eers mooi. Die dokter dink nie die oom is te sleg gebyt nie. Die steke en inspuitings was maar net R4500.00. Hy het iets gepraat van pa sue dat pa geen klere aan jou gat het nie. Ons het die swembad leeggetap en nou skaats ons lekker in die lee swembad. Daai pomp by die swembad het sulke rook gemaak en nou werk hy nie meer nie. Ma weet daai skildery by die familiekamer, van die ou met die lap om sy kop, van Gog of ietsie. Jannie het dit bietjie meer kleur gegee. Hy het die lap weggeverf en 'n oor opgeteken. Lyk nou sommer stukke beter. Hy het gese hy gaan die een in die studeerkamer, laaste nagmaal of what ever ook bietjie renovate nadat hy daai Mona Lisa in die voorportaal blond gemaak het. Ek het regtig nie geweet Jannie kan so mooi teken nie. Julle kan regtig trots wees op hom, al het hy die DVD player laat val en dit werk nou nie meer nie. Geniet die 5 weke wat julle nog oorsee is. Ek skryf volgende week weer. Ek kan nie bel nie. Jannie het die selfoon in die toilet laat val. Julle moet nou glad nie worry nie. Liefde groete daar..
  6. This is your boss ! get back to work . . . thx for the link . . .
  7. Prozac

    Ignore

    ignored . . .
  8. Yip . . . only when I brake . . .
  9. That "tick tick tick" sound . . . thanx for the advise
  10. I need assistance / advise please . . . As per photos , My training wheels has a small "chip , tear , piece " what ever you call it on the braking surface causing a "shudder" when I brake . . . How can I fix this ?
  11. eish maar ek het nie geweet Meintjies is so oud nie . . .
  12. Prozac

    Emperors Race

    There were total of 2 crashes in VA . . . agree , VA "behaved" today and managed to stay with group for 89 km before a puncture spoiled the day.
  13. Prozac

    Emperors Race

    VA start for me . . . at 6:20
  14. I have noticed the same . . . The rain in Feb did quite damage . . . Personally think there is not too many of us going there thus no funds to upkeep
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout