http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/8-kort-n%C3%A1-mekaar-beroof-20100509 8 kort n? mekaar beroof Vyf fiets- en drie motorfietsryers is eergisteroggend kort n? mekaar op dieselfde plek by Pretoria oorval en van hul selfone, geld en fietse beroof. Twee gewapende rowers wat in die lang gras langs ?n grondpad in Hoekplaats, suidwes van die stad, geskuil het, het die agt mans van hul vervoermiddels gedwing en hulle met draad vasgebind. Mnr. Deon Cilliers (39) van Lonehill in Johannesburg, wat saam met vier ander fietsryers van die Cycle Lab-fietsryklub oorval is, het gister ges? die rowers was baie kalm en doelgerig. ?Ons was op ?n oefenrit en het oudergewoonte di? steil bult aangedurf omdat dit goeie oefening is,? het Cilliers ges?. Op pad boontoe het drie motorfietsryers hom verbygesteek. ?Naby die bokant van die bult hetek een van die motorfietsryers op sy maag op die grond sien l?. Net daarna het ?n gewapende rower in die pad gespring en ?n silwer rewolwer op my en my vriend gerig. ?Die rower het ges? ons moet stil wees en kalm bly. Hy en nog ?n rower het ons langs die drie motorfietsryers op ons mae laat l? en ons hande styf agter ons r?e vasgebind. ?Drie minute later het hulle die volgende fietsryer en ?n minuut later die laaste twee fietsryers ook oorrompel.? Die rowers het hul selfone afgeneem. ?Een van die fietsryers se regterhand is klein en half gebreklik en daarom kon hy homself en toe vir ons loswikkel.? Die motorfietsryers, wie se motorfietse deur die rowers agtergelaat is, het die fietsryers opgelaai en ?n polisievoertuig voorgekeer. Die fietsryers wie se name Cilliers ken, is mnre. Simon Murray en Greg en Michael von Holtz. ?Ons hoor elke liewe naweek van nog ?n fietskaping; dit moet stopgesit word,? het hy ges?. Kapt. Agnes Huma, polisiewoordvoerder, het ges? die waarde van die gesteelde goed, insluitend die vyf fietse, beloop sowat R200 000. Mnr. Andr? Snyman, hoof van eblockwatch, ?n nasionale selfoonnetwerk teen misdaad, het ges? eblockwatch is besig om ?n nasionale hulplyn vir fietsryers te stig. ?Ons het die laaste tyd agtergekom al hoe meer fietsryers word gekaap en het besluit om ?n nasionale ondersteuningstelsel vir fietsryers op die been te bring. Fietse het geen opsporingstoestelle in soos baie motors nie en dit is baie makliker om ?n gesteelde fiets te verkoop,? het Snyman ges?. ?Van die fietse kos tot R65 000, dus is dit ?vinnige geld? vir die misdadigers. ?Dit is ook baie makliker om ?n fiets weg te steek of daarmee weg te kom as ?n motor.? Snyman het ges? eblockwatch gaan sy fietsryer-lede van ?n paniek-reaksiediens op hul selfone voorsien en sal voortaan op Saterdae veiligheidsmaatskappye kry om te help om gewilde fietsroetes in Gauteng te beveilig. Huma vra enigeen met inligting om die Erasmia-polisie te bel by 012 370 1777.