I missed this. Was it to do with "Oupa"? Has anyone got a link to the follow up artice? Wilhelm de Swardt Die geskil tussen die oupa van Boksburg en die fietsryers wat hom aangerand het, is dalk iets van die verlede. Mnr. Pierre Grobbelaar (61) s? die jaer wat daarvan verdink word dat hy hom aangerand het, het hom gister gebel en om verskoning gevra. ?Ek is nie iemand wat met haat in my hart wil rondloop nie. Dit vat ?n man om te erken wanneer hy verkeerd is. Wat my betref, is die saak afgehandel. ?Die man, wat ek net as Jimmy ken, was erg omgekrap oor die feit dat ek met pepersproei gespuit is. Hy sweer dit was nie hy nie en hy het onderneem om die skuldige fietsryer op te spoor.? Grobbelaar erken dat hulle di? voorval kon verhoed as hy en die fietsryers groter verdraagsaamheid aan die dag gel? het. ?Dit was dalk verkeerd van my om so tussen die fietsryers te probeer deurry. Wanneer ?n motoris tussen ?n groep fietsryers inry, is dit soos iemand wat tussen ?n trop wildehonde beland. Jy krap die fietsryers net om. ?Ek moes miskien die entjie tot by my werk net agter hulle aangery het. Om ?n minuut later by die werk aan te kom, sou seker nie die einde van die w?reld gewees het nie. ?Aan die ander kant kon die fietsryers vir my ook dinge makliker gemaak het deur net twee-twee langs mekaar te ry. Dan sou ek kon verbygekom het sonder dat ek ?n gevaar vir die fietsryers inhou.? Hanco Kachelhoffer van Harmony wat die afgelope naweek tweede in die 94.7-wedren ge?indig het, s? daar is geen regverdiging vir fietsryers wat motoriste aanrand nie. ?Geen mens mag die reg in eie hande neem nie. Jy kan nie sommer mense aanrand as jy kwaad raak nie. Elke land het sekere wette wat nagekom moet word.? Kachelhoffer, wat elke dag paaie op sy fiets aandurf, vertel hy het al verskeie noue ontkomings beleef. ?As fietsryer is jy erg weerloos elke keer wanneer jy ry. Partykeer skuur die motors r?rig langs jou verby, maar dit gaan my niks baat om my humeur te wil verloor en in gevegte betrokke te wil raak nie. ?Die wrede werklikheid is dat daar altyd op Afrika se paaie probleme tussen fietsryers en motoriste sal wees. Die paaie is net te nou en te besig. ?Wat my betref kan baie van die probleme voorkom word as fietsryers en motoriste meer geduld aan die dag l?. Onthou, wanneer ek nie fietsry nie, is ek self ?n motoris. Dit neem niks van my weg om as motoris vyf tot tien sekondes te wag voordat ek verby ?n fietsryer ry nie.?