Been a long time since I posted on this thread. Had to share this with you!! http://www.netwerk24.com/article/nuus/562691d268480b2959a7a347?vc=BQes7oseMRsFNV85N1k02FBFyR%2BhnOAZYf511qjQxYv7Q0G7g57O%2Fak7VPCXpV9BMoptNiCIY49mrjE7we1MNg%3D%3D Hond vrou se held ná redding Deur Kaydene Davids Woensdag 21 Oktober 2015 04:00 http://images.redactor.co.za/562691d268480b2959a7a34b.jpg ’n Menseredder! Black, ’n jaar oue rottweiler, is ’n held nadat hy Maria Zwene van ’n amperse waterdood in Bloemfontein gered het. Hier is Zwene langs die swembad waarin sy verlede week amper verdrink het. Sy wys hoe sy aan Black vasgehou het. Foto: Conrad Bornman Rottweilers haal gewoonlik die media om al die verkeerde redes, maar dié keer is Black, ’n rottweiler van Bloemfontein, om die regte redes in die nuus. Die jaar oue Black word as ’n held beskou nadat hy ’n huiswerker wat nie kan swem nie, van verdrinking uit ’n swembad in die Rosestad gered het. Maria Zwene (48), die huiswerker, sê Black is haar held nadat hy haar uit ’n swembad gered het. Zwene het haar huistake in Stefan van Rensburg se huis in Fichardtpark in die stad verrig toe sy skielik langs die swembad duiselig geraak en in die water geval het. Sy sê nadat sy enkele minute lank in die water gespartel en om hulp geroep het, het Black haar krete gehoor en al blaffend na die swembad gestorm. Soos ’n wafferse menseredder het hy in die water gespring en haar van ’n amperse waterdood gered deurdat sy aan hom kon vashou terwyl hy kant toe geswem het. Zwene sê daar is geen twyfel nie dat Black haar lewe gered het. “Was dit nie vir Black nie, het ek dalk nie nou meer gelewe nie. Hy is ’n held. My held. Ek dank die Here vir dié slim hond.” Van Rensburg, Black se eienaar, sê hy is baie trots op hom. Hy sê hy het eers Dinsdag van Black se heldedaad verneem nadat ’n buurman hom daarvan vertel het. “Ek het dit eers nie geglo nie, maar toe Maria my daarvan vertel, het my bors van trots geswel.” Volgens hom is dit nie die eerste rottweiler wat hy besit wat lief is vir water nie. Sy vorige rottweiler, Chip, het gewoonlik saam met hom en sy gesin geswem en ondersoek ingestel sodra iemand te lank onder die water was. “Chip het sommer in die swembad gespring en sy kop onder die water gedruk om te kyk of ons nog reg is.” Van Rensburg sê vir hom is dit waar dat ’n hond die mens se beste vriend is