This lady should get a medal! Sory for the Afrikaans, but it was teken from the "Beeld " website Verskillende padre?ls vir motoriste en fietsryers Jan 14 2009 07:01:54:983PM - (SA) http://www.news24.com/Images/Beeld/Images/icon_print.gif Druk artikelhttp://www.news24.com/Images/Beeld/Images/icon_email.gif E-pos storie aan 'n vriend http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif DisplayDCAd('220x120','1',''); < = ="http://ad.za.doubleclick.net/adj/P4306.beeld.co.za/Opinie/Briewe_articles;sz=220x120;posno=1;kw=;artid=2453230;tile=3;ord=7171755547578759?" =text/> DisplayDCAd('220x120','2',''); http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif http://www.news24.com/News24v2/Images/tsp.gif Ek wil graag vir Jannas (?Brits-pad is te nou vir fietsryers?, 13 Januarie) antwoord. Dit is inderdaad so dat Brits?weg nou is. Dit is ook waar dat waar ?n groep fietsryers ry, die tendens is om in die middel van die pad te ry. Dit is inderdaad ook so dat sommige fietsryers die geneigdheid het om oor stopstrate te jaag. Ek wil nou net ook die ander sy van di? prentjie skets en glo my vry ek ervaar dit daagliks. Ek ry fiets werk toe, daagliks. As ons wil praat van selfsugtig, dan moet ek ongelukkig 90% van alle motorbestuurders daarvan aankla. Stopstrate is nie daar vir motoriste nie ? hulle mag enige stopteken hanteer soos ?n toegeeteken. Toegeetekens bestaan nie. Motoriste hoef nie flikkerligte te gebruik om aan te toon hulle gaan draai nie. Motoriste het te alle tye reg van weg ? ook wanneer ek met my fiets by ?n kruising reguit ry en die motoris dan sonder enige teken reg voor my indraai. Motoriste het die absolute reg om fietsryers van die pad af te druk. Motoriste het die absolute reg om le? drankbottels uit hul motors te gooi sodat die bottels stukkend spat op die teer want fietsbande is mos bestand teen glasstukke. Motorbestuurders het die absolute reg om in die middel van die ryvlak te stop en vroulief/kind af te laai by hul bestemming. Ek, fietsryer, moet eenvoudig ekstra sensoriese persepsie h? en antisipeer dat hierdie motor gaan stop, die passasier gaan die deur oopmaak en uitklim. Motoriste het die eksklusiewe reg om net eenvoudig uit ?n parkeerterrein te ry, al is ek, fietsryer, direk langs die motor. Mini-sirkels se re?ls is net van toepassing op motoriste want ?n fiets word mos nie as ?n voertuig beskou nie. Motoriste het eksklusiewe reg om op hul selfone te praat terwyl ek, fietsryer, my uiterste bes moet doen om seker te maak die selfoonprater mis my. Ek moet ook baie dankie s? aan daardie motorbestuurders wat my in ag neem en ook met respek behandel en ook aan daardie taxibestuurders wat bedagsaam is. Jannas, as jy weer ?n fietsryer sien, dink net aan wat ek vandag vir jou s?. Ter afsluiting ? daar is nie veilige bre? paaie waar ons fietsrenne kan hou nie. Natalie-Dominique Louw, Wonderboom-Suid