Wil net begin deur met trots te s?, ons het die 2008 Cape Epic klaar gemaak! Die storie het egter nie so voorspoedig begin nie: <?: prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /> Ons het nou wel ?n laat inskrywing gekry so teen einde Desember verlede jaar, maar kon die geleentheid nie laat verbygaan nie. Aangesien dit maar ?n duur besigheid is, moes ons dadelik begin borge soek. Ek en my spanmaat is nou nie wat jy sal noem ?podium finishers? nie, meer middelklas ?lucky draw ryers?, maar moet my nie verkeerd verstaan nie ? ons was darem nie lui ryers nie. Borge-soek vir ons klas fietsryers is meer werk as die Epic self, want vrae soos: Stuur ?n lys van jul vorige uitslae; watter blootstelling gaan ons kry; watter ?races? gaan julle nog ry? ?ens. duik op. Is 67 uur se blootstelling in een week nie genoeg nie? Defnetief beter as wat die voorste manne kan s? wat dit in 36 uur afgejaag het! Ek dink nie daar is ?n span, en sommer baie van die getroue ondersteuners langs die pad, wat in die F- ,G- of ope klasse, weggespring het, wat nie van die Struisbaai OK Grocer se span geweet het nie. Wil dan ook hiermee vir Struisbaai OK Grocer bedank, want hulle was ons groot borg en sonder hulle was die Epic net nie moontlik nie. Hiermee tesame ook dankie aan Montagu Avalon Springs en Hunter Hotels, Plettenbergbaai vir hul bydrae. Dalk as die media meer van ons middel- en agter ryers kan wys, kan dit dalk makliker wees om die ?ja woord? van ?n moontlike borg te kry. Die Cape Epic en die meeste van die wedrenne kan tog nie bestaan sonder ons agterste klomp nie. Wat ek eintlik probeer s?, is dat die maatskapye; fietswinkels; fietsagente; versekeraars; banke, of wie ookal die vermo? het en goeie advertensie wil kry, kan gerus Mnr. Sakkie Rust,van Struisbaai OK Grocer se voorbeeld volg. Daar waar ons ry, het ons tyd vir gesels; rondkyk; vra sommer uit oor die ouens se geskrifte op hul hempies of hoe jou fiets ry en die fietse se ?ins & outs? word bespreek (en glo my, daar waar ons ry maak die fiets ?n verskil). En so het ons elke dag nuwe mense ontmoet! So enige potensiele borge daarbuite, gee ons ?lucky draw? manne en vroue ?n kans en julle sal verbaas wees, veral as die media ook nog bietjie moeite doen. Good Luck Team Struisbaai OK Grocer skollie2008-04-20 15:56:06