Jump to content

sias

Members
  • Posts

    1351
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by sias

  1. Ek sien op Supercycling dat Diadora die prys gewen het vir die beste "stand" by die 94.7 expo. Wonder of hulle "verkoopspersoneel" iets daarmee te doen gehad het...
  2. sias

    SA Champs

    Psycho - klink of jy bietjie insider info het! Het hulle ges? hoe die TT roete gaan lyk? Ek hoop dis die jaar 'n plat roete...
  3. sias

    94.7 expo

    Dis dalk omdat die oorgrote meerderheid ryers mans is, en niks verkoop iets aan 'n man soos 'n oulike jong dame in skraps kleertjies nie. Ons raak heel deurmekaar... Dit lyk vir my soos Diadora se sport bra - hulle maak hulle mooi vol. Hoop hulle is nog daar as ek Saterdag daar kom. Daai oou wat by hulle staan lyk baie soos Pieter Basson, 'n rep vir Energy Dynamics. Hy het nogal 'n oog vir 'n oulike meisie...
  4. Ons het maar 'n stadige wedren gehad, behalwe natuurlik die eerste helfte wat ons in net onder 'n uur gedoen het. Toe ons daar omdraai dog ek ons stop om bietjie te rus en ek moes al my balansering tricks uithaal om nie om te val nie. Ek het bietjie met Bruce en Christie gesels, maar 101% was te besig om aanvalle te beplan om die groep op te breek. Met al die ge-"koek en tee" het ons toe klaargemaak in 'n stadige 2:28:48. Die hele A-groep en hulle troeteldiere was vinniger as ons... Nou sien ek my tyd wys nie op CC nie...!
  5. Jy sien DT, meriete is waar die ding inkom. EK kyk na die outjies van Excel - hulle ry dat die k.k spat en kan enige dag hulle stem dikmaak in enige wedren, no problem. Maar om nou enige outjie van die straat af te pluk en hom 'n fiets in die hand te stop net omdat die klomp idiote in die regering so s?, en daardeur van die minderheids rasse wat die talent het, uit te sluit, is nie die regte manier nie... Ek gaan nou my nommer haal vir die Vashumi - Cheers!
  6. NoChain - nee boet, dit gaan nie werk nie! Ek het dit ook voorgestel, maar hulle wou nie val vir dit nie... Blykbaar moet daar van volgende jaar 'n swart persoon op die bestuur van elke klub ook wees (gerugte - niks definitief). Hoe gaan dit gebeur? Waar gaan ons hulle kry?
  7. Jammer, dan het ek die verkeerde indruk gekry by my vorige provinsiale vergadering... Dis net dat wanneer ek met van die ander rasse groepe praat, s? hulle dat hulle nie die posisies ens. kry nie omdat hulle nie swart genoeg is nie... Is daar genoeg PDI's om die verskillende spanne te voer? Dit beteken dat hulle dalk die mees betaalde fietsryers in die land kan word soos elke span hulle meer aanbied om vir hulle te ry. Waar ek ry in die Vets is daar bitter min PDI's wat ry - wat gaan Cyclelab/BulkMeatpackers/CedarVadek/Ayos doen? Of is hulle nie "pro" genoeg nie?
  8. Met ander woorde "swart" - nie kleurling, bruin of Indi?r nie. Hoekom kan hulle dit nie maar net reguit s? nie? Almal weet dis wat dit beteken...
  9. Ja Crux, jy's reg. In die oorspronklike was daar 'n kameeltoon in die prentjie ;-)
  10. sias

    Polar s720i

    Ry eerder op jou heart rate as op die %. Ek het al agtergekom dat daar 'n redelike verskil is tussen die % en jou werklike hartklop. Werk eerder die verskillende zones uit waarin jy moet oefen en gebruik dit eerder. Onthou dat rustende hartklop ook in ag geneem moet word as jy die zones uitwerk, en ek dink nie die Polar neem dit in ag as hy die % wys nie. Ek weet nie of hulle al die sagteware al so aangepas het nie.
  11. Klapper - stem saam op daardie punt. Hulle kan die gaping tussen die groepe baie kleiner maak. 5 min sal die ding doen... Die A's sal dalk van die stadiger vets vang wat nie ry waar hulle hoort nie, maar andersins behoort daar nie probleme te wees met groot groepe wat ander groot groepe moet verby vat nie.
  12. OK Klapperknop, sien nou eers jou antwoord aan WW... Sien jou punt in.
  13. Ek moet erken dat daar 'n paar manne in die Vets ry wat nie eintlik daar moet wees nie, kan nie praat oor die ander groepe nie. Die probleem is net dat die ongeregistreerde ryers dan weer die heeltyd gaan kla dat ons die heeltyd op hulle skree as ons verbykom, en glo my, ons gaan baie groepe vang! En na 100 harde kilometer gaan ek jou nie mooi vra om uit die pad uit te kom nie... En wat gaan julle s? as die gerigestreerde ryers later wegspring en julle nog steeds in julle moer in ry? Ek nooi vir Klapperknop uit om saam met ons in die VA groep te kom ry en dan sommer self te sien hoe goed die geregistreerde ryers is. Hy kan saam met die VA's begin (want dis lekker rustig daar;-) ) en die elites gaan hom dalk seermaak. Hoe klink dit, Klapperknop?
  14. Ja, jy's doodreg! Die gelisensie?rede ryers is in 'n beter kondisie as die gemiddelde "open" ryer! :-)
  15. Ek is VA221 en ons spring alweer na die vrouens weg! Dit beteken ons gaan hulle weer inhaal en dan is dit weer 'n deurmekaarspul! Pantani - wie se "lazy bones" praat jy van? Seker nie VA nie?
  16. According to Askar Jeukendrup, aero wheels hold an advantage over lighter wheels up to around 5% gradient, after which the lighter wheels come into their own. Where the Zipps and the Bora's and the like score heavily, is the fact that they are very close to true climbing wheels in weight, but also have a massive advantage in aerodynamics. Ek dink "avrage Joe" sal beter baat by 'n stel goeie "allrounders" soos die Ksyrium sl en die Dura Ace wiele, asook die Rolf Prima Vigor.
  17. Ja jong, Stiffy ons is nie almal gesponsor/het ryk pappies nie. Dit sou lekker wees om sommer gou 'n stel Hyperons of Lightwieght Obermayers te koop, maar met huis/kar/kinder paaiemente ens. is dit nie altyd so maklik nie. Jy weet nie hoe bevoorreg jy is om 'n fiets en wiele te ry wat ons ander mense jare voor moet spaar nie. Anyway, Pantani - die Zipp 404 is 'n uitstekende wiel (as jy die potholes kan misry) en ek was nog nie 'n oomblik spyt nie. Ek het nog nooit 'n probleem gehad met dwarswinde nie en op 'n plat pad loop hulle baie lekker. Die 303 is nie v?r agter wat aerodinamika betref nie en is 'n 100g of so ligter. DIe 404 klim baie lekker - 250g ligter as die Ksyrium/Dura Ace wiele. Die Easton het dieselfde ontwerp as die Zipp sonder die dimpels en kos dieselfde as die 404 met die dimpels ?R12000. Die Easton het dalk 'n beter hub, ek kan nie s? nie. As ek my herinner, is die 404 ligter as die Bora's, ek mag verkeerd wees.
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout