Jump to content

sias

Members
  • Posts

    1351
  • Joined

  • Last visited

Everything posted by sias

  1. Peter VW - klink of jy op 'n ho? proteien en lae koolhidraat dieet is. Dit sal veroorsaak dat jy nie energie het op die fiets nie. Jy moet carbs inkry om te kan ry, dis so eenvoudig soos dit. As jy nie carbs inkry nie gaan jy begin spiermassa - en dus krag- verloor en jy gaan nog meer sukkel op die fiets. Gaan na 'n sport dieetkundige toe wat weet wat hulle doen en laat hulle jou help...
  2. 1 kcal = 4.18 kjoule Altwee is die hoeveelheid energie verbrand maar die Polar werk op kcal... Ek verbrand tussen 600 en 800kcal per uur op 75 - 80% hart tempo.
  3. Ek het hom 2 jaar terug by die hillclimb op die Jock gesien. Die hoendervleis in 35? hitte en die uitdrukking in sy o? en op sy gesig het gewys dat die ou nie heeltemal op dieselfde planeet as die res van ons was nie...
  4. Mmmm.... Groot rooi en wit letters op die wiele... Waar het ek dit al gesien...? O ja, Zabriski, Voigt, Julich, Hunter, Landis, Schleck en (al was dit toegeplak met Bontrager plakkers) ook op 'n sekere meneer Armstrong se disc op sy TT fiets 'n jaar of wat terug. En op 2 van die vinnigste TT nog gery in enige toere en en en.... Hulle is effen vinnig en hulle weet dit, vandaar die groot en "flashy" wit en rooi... Maar in elk geval, jy sal nie gou weer 'n ander wiel ry as jy eers 'n goeie tubby gery het nie, en die Reynolds is van die beter wiele op die mark. Hoop jy het baie lekker en vinnige myle op hulle.
  5. Die groot ding met die gewig van die komponente soos STi's en remme ens., is dat dit nie be?nvloed word deur draaimoment soos die wiele nie. Al wat beweeg is die "crank-arms", die res sit doodstil op die fiets, terwyl die wiele teen 80-110rpm beweeg. Die 400gr wat jy op die wiele spaar, se effek gaan baie groter wees as die 400gr wat jy spaar op die groupo.
  6. Dit wissel van omtrent R6500 vir die Equinox - dink ek - tot by ? R20 000 vir die nuwe Zipp Zedtech wiele met die hubs wat ook dimpels op het en keramiek "bearings" het. Hang alles van jou beursie af...
  7. Stem nogal saam met titusti - die raam kan 'n redelike verskil maak, en of jy nou Campy of Shimano ry gaan jou spoed dieselfde bly. Maar die verskil tussen 'n paar "gewone" wiele en 'n paar 404's/Bora's/Cosmic carbons is 'n hele paar rand werd. Ek het Saterdag by die ander ouens verby ge- "free" teen Hekpoor af en het selfs vir Bruce weggery - ook die enigste keer wat ek enigisns voor hom was.... Ek sou s? raam, wiele en dan groupo.
  8. Hulle gee die vrouens genoeg tyd om weg te kom, want al die groepe wat hulle inhaal en verbyvat meng in met hulle koek en tee partytjie. Dis ook bietjie moeilik om resepte uit te ruil as jy die heeltyd moet linkshou en konsentreer om uit die vinniger mense se pad uit te bly. Dan is daar ook nog die "in-fighting" en "bitching" sessies, so, soos jy kan sien het hulle al die ekstra tyd nodig wat hulle kan kry... Wonder of Yolandi daar gaan wees...
  9. A deep cut carbon rim? Miskien bedoel jy 'n "deep section"? Diep seksie carbon rims soos die Zipp 404 en die Campagnolo Bora en Mavic Cosmic Carbones is deesdae baie lig - tussen 1265 en 1400g vir 'n stel. Dis ligter as baie van die sogenaamde "climbing wheels" wat van ander materiaal gemaak is en jy het nog die aerodinamiese voordeel ook wat tot op 'n 6% gradient nog 'n voordeel inhou bo boks seksie rims. En die ry gerief is ook baie beter...
  10. Klim, klim, klim en nog klim. Ek weet nie of jy die omgewing ken nie, maar dis definitief nie plat nie! En dit raak warm daar! Ek is een van die licensed vets wat Epoh daar gesien het en sou in die top 3 klaargemaak het as dit nie vir die veelbesproke sl*ggat insident was nie. Ek wil ook weer gaan ry, maar my partner is nie meer so lus vir die storie nie.
  11. 101% - daar is nog stitching op die tubbies, dis net toegeplak met 'n soort tape. Ek het myne al ingegee en die ou het dit oopgemaak en reggemaak, alles "old school"... Splat - die voordeel met die tubby is dat hy nie "snake bites" gee nie, as jy hom hard genoeg pomp. Jy kan dus 'n klip/mancover/pothole baie hard slaan en die kanse is baie goed dat jy nie 'n pap wiel sal kry nie. Ek het "slime" of gorillasnot in myne en dit se?l alle gate. Dis net glas wat 'n probleem is. In die 2 jaar wat ek met die tubbies ry het ek nog net 3 of 4 keer 'n pap wiel gekry, maar dit was in belangrike wedrenne. Ek het nie 'n span voertuig nie, so ek was liggies gev.k gewees. Ek gebruik hulle ook net vir wedrenne. En 'n tubby op 'n diep-seksie carbon wiel ry baie lekker!
  12. Ek het altwee die ou se e-pos adresse probeer, maar nie een is in werking nie. Ek het dit toe na by@beeld.com gestuur en 'n Andriette vrou het ges? dat sy dit vir hom gegee het. Sal laat weet wat hy s?, indien enige iets... Julle kan ook maar vir hulle skryf, ek is seker hulle sal alles vir hulle nuwe ster skrywer gee...
  13. Wat het in die opvolg berig van die "oupa" gestaan? Ek het dit gemis. HEt iemand dalk 'n link of kan iemand dit dalk post?
  14. dionmaasza@yahoo.co.uk Hierdie e-pos adres werk ook nie - dis gesluit. Ek wil nie gay bash nie, maar wie is die klein drol om te praat oor seer gatte? Hy en sy maatjies s'n is seker permanent seer van al die "rugstekery"?
  15. Sy e-pos kom terug - dit wil nie deurgaan nie. Hy het dit seker laat toemaak omdat sy server die heeltyd gaan hang met al die pos wat hy kry...
  16. sias

    *&%$^& Taxi

    Los die Taxi's uit! Die bliksem sit dalk met 'n AK47 op sy skoot en sal nie huiwer om jou dood te skiet net om te sien hoe jou gesig lyk as jy die teer tref nie. Vir die f.kken goed is mens se lewe niks werd nie.. Hy sal jou vrekskiet en dan nog jou fiets in die taxi laai en bo-oor jou ry net om seker te maak jy is dood...
  17. sias

    *&%$^& Taxi

    Jy kan dit by die polisie of die verkeer afdeling gaan rapporteer, maar of die korrupte spul iets aan hulle "comrade" sal doen, weet ek nie. Hulle is untouchable en die polisie is useless...
  18. Skielik begin die Eastons ook nie sleg lyk nie...
  19. Wat weeg die Time pedale? Die Look KEO Titaniums wat ek ry weeg 195gr vir die stel. Dis moer lig in enige iemand se taal...
  20. Ek ry met die Aerator met die drie straps. Baie gemaklik en die carbon sool is baie styf. Die skoene is ook lekker lig...
  21. Seker net die "black" onderstreep om reaksie te trek?Mmmm? Race is only an issue when the other person is not... nevermind...
  22. Hy't net ges? wat gebeur het F.F.S! Hy het seker nie tyd gehad om polities korrek te wees deur te s? dat 'n nie rassige, gesl*glose wese uit die niet uit 'n vierwielige petrol aangdrewe tuig verskyn het nie. Dis nou seker nuus omdat die twee rasse verskil...
  23. Dit is so dat die grootste faktor in aerodinamika die ryer self is. Hoe laer jou profiel is, hoe laer is sleursyfer. Gaan kyk na Zipp se toetse wat hulle gedoen het - seker bietjie eensydig - en jy sal sien dat die sleursyfer vir 'n diep seksie wiel baie laer is in alle toestande as 'n gewone boks seksie wiel. Die feit dat die wiele ook moer lig is, vereis baie minder krag om hulle aan die gang te kry. Dit, tesame met die laer sleursyfer in omtrant alle windtoestande, maak dit net vir my 'n beter wiel...
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout