Here's a mail received yesterday:
Geagte Vriende
Soos reeds vroe?r aan u genoem, is daar die afgelope paar maande baie hard agter die skerms gewerk om 'n bergfietsbaan, met 'n verskeidenhied van baie interessante en in sommige gevalle uitdagende opsies en 'n totale lengte van meer as 25 km, op die VTM Erfenisterrein te ontwikkel. Dit het nou s? ver gevorder dat die baan op 7 Junie 2010 aan die media voorgestel gaan word, terwyl die eerste groot byeenkoms beplan word vir Saterdag, 7 Augustus 2010 (meer besonderhede oor lg. later).
Van die belangrikste eienskappe van die baan is soos volg:
a. Die verskillende opsies maak voorsiening vir die volle spektrum, van basiese beginners tot gevorderde "adrenalienverslaafdes", met verskillende wegspringplekke om dit nog meer interessant te maak. Verdere roetes sal later vanjaar ontwikkel word.
b. Dit is gele? in 'n veilige, omheinde natuurreservaat met 'n wye verskeidenheid fauna en flora, met voldoende, veilige parkering.
c. Daar is 'n verskiedenheid ander fasiliteite op die baan wat ook benut kan word, insluitende padfietsroetes, wandelpaaie, stap- en drafroetes, perderitte met gidse, braaiplek op die piekniekterrein en vele meer.
d. Lede van die geselskap wat nie fiets ry nie, kan intussen die VTM en die Erfenissentrum (normale toegangsgeld betaalbaar by beide), Fort Schanskop, die kunsgalery, die Muur van Herinnering, Gedenktuin ens besoek (lg's. almal ingesluit by die basiese toegangsgeld), of ontspan by een van ons verskeie verversingspunte of die geskenkwinkel.
e. 'n Fietsdiensstasie en basiese onderdelewinkel sal, afhangend van die aanvraag, later vanjaar op die terrein geopen word. Fietse sal ook mettertyd te huur aangebied word.
f. Die toegangsgeld per fietsryer is R20,00 per persoon, betaalbaar by die hoofhek of by die nuwe toegangshek aan die noordelike kant van die terrein. Gereelde ryers kan dit oorweeg om teen R150,00 per persoon per jaar as 'n Vriend van die VTM aan te sluit. Vriende word by bewys van lidmaatskap vrygestel van die normele hektoegangsgeld.(Kyk aangehegte aansoekvorm)
Graag word 'n elektroniese pamflet rakende die bekendstelling van die baan om 15h00 vir 15h30 op Woensdag, 9 Junie 2010 hierby aangeheg. Belangstellendes word ook vriendelik genooi om 'n baie stimulerende video oor die nuwe baan te besigtig. Die video is geplaas op youtube (onder 'voortrekkermtb' - click hier om te sien:
).
Vriendelike groete
Gert Opperman
Hoof Uitvoerende BeampteGert Opperman
For the english okes: Basically it says new tracks coming soon. (more than 25km)
You can buy a season ticket