Jump to content

Die Naafland Afrikaanse draad


Kalahari Vegmot

Recommended Posts

Wel ek het eergister ontvangs geneem van my nuwe (demo) Isuzu dubbelkajuit bakkie. O my jinne, daai bakkie neem my asem weg elke keer.

Daai Isuzu's is lekker bakkies. Trek lekker en ry baie lekkerder as 'n Hilux... Om nie te praat van hoe mooi hulle lyk nie-kom nie by 'n Amarok nie, maar nogtans heel mooi.

Link to comment
Share on other sites

  • Replies 984
  • Created
  • Last Reply

Top Posters In This Topic

Top Posters In This Topic

Ek glo nie een van die vervaardigers het die funksie nie.

 

Snip snip

 

Ek sal nog steeds nie die Isuzu kies nie :whistling:

 

.

Die ou Toyota se klap kon met die sleutel sluit, ek is nie seker of die nuwe een ook sluit nie. Ranger wildtrak se klap sluit saam met die central locking. Dit is ook beskikbaar as 'n kit vir die ander modelle. Basies net 'n servo wat deur die petrol flap se central locking beheer word.

 

Isuzu en Nissan np300 is nog die laaste taai bakkies. Al die ander se bakwerk is verskriklik dun, en ek dink dis net daai twee wie se motors nog 500k km gaan haal. Maar my eie Ranger staan al op 180k km en ek gaan kyk of ek hom kan ry tot so 300k km. Maar dis beslis nie so 'n taai bakkie soos my ou Isuzu dtec nie.

Link to comment
Share on other sites

ek sal nie omgee vir n bakkie met wat aangedryf word deur n 3.0 liter ses-silinder-brandstofinspuiting-dubbel-boknokas-drukaangejaagde-tussenverkoelde-dieselenjin.

My suster wou die ander dag met die koue so graag gaan sneeu kyk het. Aangesien sy haar self tans op die paal bevind en voedsel deesdae meer buite haarself opeindig, moes sy dit maar op die ys sit

Link to comment
Share on other sites

Wie van julle dring aan op afrikaanse diens in n winkel of oor die telefoon?

 

As ek die "eeee good day sir how are you" oproepe kry dan vra ek of hulle Afrikaans kan praat. Gewoonlik is die antwoord nee en dan se ek net jammer ek verstaan nie Engels nie. 

Jammer vir die langsame antwoord. Ek is mal daarom om die donners rond te donner...

 

Ek antwoord altyd hoflik in Afrikaans, en sê dan ek is net vir oomblik besig, sal die oproeper asb net aanhou. Dan sit ek my telefoon langs my neer, en gaan aan met waarmee ek besig is. Na so 3-4  minute gaan ek terug: "Is jy nog daar?" Meestal is hulle nie, maar as hulle is, dan herhaal ek die hele oefening vir nog so 2-3 keer, en vra dan uiteindelik of ek hulle kan help. Hulle vertel dan die hele storie, en dan aan die einde sê ek dan nee ek dink hy/sy praat k.k en ek stel nie belang nie, en as hulle weer bel gaan dit dubbel so lank vat voor hulle my antwoord kry...

 

Ek dink my rekord om hulle op die lyn te hou is 38 minute...

Link to comment
Share on other sites

Onthou net dat dit hulle werk is. Hulle hou waarskynlik nie meer van hulle werk as wat ons van hulle oproepe hou nie.

 

En hulle het waarskynlik nie die werk gekies omdat dit hulle lewensdroom is nie...

 

Dit help nie om vir die dame wat by die poskantoor werk uit te skel omdat jou pakkie weg is nie-dis nie haar skuld nie...

Link to comment
Share on other sites

Onthou net dat dit hulle werk is. Hulle hou waarskynlik nie meer van hulle werk as wat ons van hulle oproepe hou nie.

 

En hulle het waarskynlik nie die werk gekies omdat dit hulle lewensdroom is nie...

 

Dit help nie om vir die dame wat by die poskantoor werk uit te skel omdat jou pakkie weg is nie-dis nie haar skuld nie...

Ja dit is wel so. MAAR, van hulle is verby arrogant en windgat.

 

Die ergste is wanneer hulle my bel en nie eers my van kan uitspreek nie. Nog minder kan ek hulle aksent volg. Standard Bank se mense is veral 'n probleem vir my. Ek het al menigmaal op hulle geskree. Dom-astrante bliksems

 

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Link to comment
Share on other sites

So jy was uit om 'n kar te ry saam 'n vroulike kolega?

 

Is dit die storie wat jy aan jou vrou vertel?

 

#ryietsanders

 

Sent from my SM-G925F using Tapatalk

Haha

 

Ja dit is wat ek my vrou vertel. Sy weet dat ek van oulike rygoed hou, en mooi lyne waardeur. 

 

Ek praat regtig van die kar, want die kolega is presies so oud soos my ma....

Link to comment
Share on other sites

of in Afrikaans van hulle praat en dink hulle gaan nie verstaan nie!!

 

Al vinnig hier geleer dat n ou maar nie daai aannames hier kan maak nie.  Hier is nogals n hele paar Suid Afrikaners hier en dan is daar n paar Duitsers wat genoeg in Nederland gaan rondloop het om n paar woorde al te vang.

Link to comment
Share on other sites

hahahaha ja dit het met my pa se suster gebeur. 

 

Was op n bus saam met konstruksie werkers wat haar goed met mekaar bespreuk het en wat hulle graag sal doen ens. 

 

Sy het heelpad geluister tot by haar stop en toe se sy in hulle taal dat hulle gelukkig nie haar smaak is nie. 

 

Dit was in Europa erens gewees. 

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout