Jump to content

Geluk Ronel


Call Me Crazy

Recommended Posts

NEWS24

 

"Daar is ?n gesegde oor ?n kat wat net bly terugkom.

In Suid-Afrikaanse fietsry geld di? gesegde vir Ronel van Wyk.

Die afgelope paar jaar het Van Wyk bene gebreek, ?n tand of twee verloor, gebloei, ?n liefdesteleurstelling gehad en haar neus meer geblaas as wat sy graag sou wou.

Maar onderkry is min. Die ?Rooikop? bly steeds een van Suid-Afrika se voorste vroue-fietsryers.

Daarom dat sy gekies is vir die Suid-Afrikaanse span wat aanstaande week na Mauritius vertrek om aan Afrika se kontinentale-byeenkoms deel te neem.

Dit is die eerste keer in ?n jaar dat Van Wyk weer vir Suid-Afrika gekies word.

?Ek kon nie glo toe ek hoor ek is gekies nie. Ek het gedink hulle het al van my vergeet, veral omdat ek vanjaar om verskeie redes nog nie eintlik wedrenne gewen het nie.

?Die feit dat ek weer vir Suid-Afrika kan ry, dien beslis as ekstra motivering. Vir my bly dit ?n eer om my land te verteenwoordig.

?Ek s? nie ek gaan in Mauritius wen nie, maar ek gaan my ?lles gee.

?Ek glo steeds dat ek op verlede jaar se Afrika-byeenkoms die tydtoets kon gewen het as ?n beampte my nie in ?n verkeerde rigting laat ry het nie.?

Verlede jaar was Van Wyk ?n amperse instelling op die wennerspodium. Sy het 27 wedrenne gewen, vanjaar kon sy nog net een groot wedren wen.

?Dit was maar net nie my jaar nie. My verlowing is verbreek, ek het van werk en stad verander.

?Die ergste was ?n virus wat my asemhaling bemoeilik het. Ek het vanjaar al heeltemal te veel snesies gebruik.

?Al wat my bly motiveer het, is my liefde vir fietsry. Dit is vir my belangrik dat my loopbaan nie op ?n laagtepunt moet eindig nie.

?Ek glo daar is nog vyf goeie jare in my bene oor. Ek is nou maar eers 28 en ek hoor ons vroue bereik ons toppunt wanneer ons 30 is.

?Dit pas my, want een van my groot drome is om Suid-Afrika op ?n Olimpiese Spele te verteenwoordig.?

Pretoria se Chrissie Viljoen van Harmony het die afgelope naweek die Amashovashova-wedren vir vroue gewen.

Jacques Fullard van Microsoft was derde in die manswedren.Clap

Call Me Crazy2006-10-29 23:00:44
Link to comment
Share on other sites

Jy verdien dit uit en uit!!!Clap maar "...nog vyf goeie jare in my bene oor..." - jammer, kan dit nie heeltemal glo nie, want jy gaan nog baie langer as dit die top girls hier in SA se bene seermaakWink

Link to comment
Share on other sites

Hey Ronel

well done on your selection on the national squad again. We know you will only do your best and that will be good enough.

 

You still got a lot of miles left in those legs Big%20smile

 

PS. Don't forget your bikini and sunscreen...
Link to comment
Share on other sites

Geluk Cherry!!!  Vat my saam, AG TOE!!!!!!!  Ek sal jou official suit case carrier wees.

Link to comment
Share on other sites

Geluk Ronel En sterkte met die race daar.

Jy moet sommer 'n paar dae ekstra bly om bietjie te ontspan.
Link to comment
Share on other sites

Well done Ronel!<?:namespace prefix = v ns = "urn:schemas-microsoft-com:vml" /> ClapClap<?:namespace prefix = o ns = "urn:schemas-microsoft-com:office:office" /> You have worked hard for it and you deserve it!

Link to comment
Share on other sites

Create an account or sign in to comment

You need to be a member in order to leave a comment

Create an account

Sign up for a new account. It's easy!

Register a new account

Sign in

Already have an account? Sign in here.

Sign In Now
Settings My Forum Content My Followed Content Forum Settings Ad Messages My Ads My Favourites My Saved Alerts My Pay Deals Help Logout